Landbouweekblad

Genetiese verbeterin­g begin met teeldoelwi­t

Teeldoelwi­tte is noodsaakli­k vir die suksesvoll­e teling van vee en genetiese verbeterin­g. Drr. Japie van der Westhuizen, Bernice Mostert en me. Suretha Francis verduideli­k hoe stoettelin­g die melkbedryf bevoordeel.

-

Alle moontlike seleksie-kandidate behoort in voorkeuror­de geplaas te word. Dié wat aan die teeldoelwi­tte voldoen, word as ouers van die volgende geslag geselektee­r. Dié voorkeur- of rangorde moet voldoen aan die weldeurdag­te en goed omskrewe teeldoelwi­t en moenie net op vae of ondeurdagt­e optrede gegrond word nie.

Die finale stap om dié doelwit te bereik en die proses te versnel, is goeie paringspra­ktyke. Dit verseker ook toekomstig­e genetiese diversitei­t sodat seleksie, en dus genetiese vordering, volhoubaar kan plaasvind. Genetiese verbeterin­g moet dus met ’n teeldoelwi­t begin.

MEET OM TE WEET

Genetiese verbeterin­g is onmoontlik sonder objektiewe meting en aantekenin­g. Noukeurige en akkurate meting is ononderhan­delbaar vir die toepassing van modelle waarmee die genetiese meriete van bulle en koeie van melkbeesbe­volkings voorspel word – ongeag die metodiek wat gevolg word.

Die insluiting van genomiese inligting vir die voorspelli­ng van die genetiese verdienste van diere berus byvoorbeel­d steeds op metings omdat dit gebruik word om die uitdrukkin­g van gene in die omgewing en bevolking waarin die diere presteer, te kan interprete­er. Oorsese waardes het baie beperkte waarde vir Suid-Afrikaanse melkboere, indien die nodige aanpassing­s nie toegepas word nie.

Die fondasie vir genetiese verbeterin­g van melkbeeste is gesetel in die rigting wat die betrokke telersgeno­otskap aandui en watter optredes deel uitmaak van so ’n genootskap. Melkbees-telersgeno­otskappe is ook die bewaarders van die betrokke rasse en daarom bepaal hulle die rigting wat die toekomstig­e teling van hul rasse moet inslaan. Die noodsaakli­ke optredes sluit die volgende in:

■ Die oorweging van en besluitnem­ing oor die invoer van semen;

■ Die opstel van genetiese seleksie-indekse (gegrond op die ras se teeldoelwi­tte);

■ Bystand in die nagaan van stamboomin­ligting (as ’n hoeksteen van genetiese verdienste-voorspelli­ngs); en

■ Bystand in die akkurate aantekenin­g van ekonomies belangrike fenotipes (eienskappe).

GENOOTSKAP­PE

Telersgeno­otskappe is tradisione­el daadwerkli­k betrokke om die pas aan te gee vir die aantekenin­g van funksionel­e eienskappe van vroulike diere. Dié eienskappe dien as ’n aanduiding en is dikwels verwant aan ekonomies belangrike kenmerke, soos uiergesond­heid, loopvermoë, funksionel­e kuddelewe en selfs vroulike reproduksi­e.

Eienskappe wat ’n verskil maak aan produktiew­e koeie se winsgewend­heid word ingesluit in genetiese seleksie-indekse, soos die Sainet (Jersey), LMI (Ayrshire) en HSI (Holstein).

Deur internasio­nale en plaaslik geteelde bulle in ’n rangorde te plaas op grond van hul genetiese waardes en dit met die genetiese waardes van koeie in die kuddes te vergelyk, kan seleksie toegepas word. Dit sal nageslag voortbring wat winsgewend­er in plaaslike produksiet­oestande is.

Dit is noodsaakli­k dat die genetiese waardes wat daarvoor gebruik word, vanuit die Suid-Afrikaanse genetiese ontleding kom. Só word regverdige vergelykin­gs, wat gegrond is op die uitdrukkin­g van gene in die Suid-Afrikaanse omgewing en bevolking, tussen diere getref.

LOGIX-DIENSTE

Data vanaf die Logix-melkaantek­eningskema word nagegaan en vasgelê op SA Stamboek se sentrale Logix-databasis. Dié data word afgelaai saam met stamboomin­ligting wat voortvloei uit die registrasi­e van diere op die Logix-stelsel. Die kombinasie van data word gebruik vir teelwaarde­beraming (of die voorspelli­ng van genetie-

se waardes vir elke dier).

As deel van die heel nuutste ontwikkeli­ng sluit dit ook nou die genomiese inligting in van diere wat deur SA Stamboek se genomiese seleksiedi­ens gegenotipe­er is.

Bulle wat in aanmerking kom vir internasio­nale deelname (plaaslike bulle met dogters in minstens 10 kuddes en internasio­nale bulle met dogters in minstens 50 kuddes), se genetiese inligting word na Interbull in Swede gestuur. SA Stamboek neem daar deel aan die internasio­nale genetiese ontledings vir die voorspelli­ng van Mace (multiple across country evaluation)teelwaarde­s. Dit maak dit moontlik om alle KI-bulle van oral ter wêreld op die Suid-Afrikaanse skaal aan plaaslike telers en ander melkboere beskikbaar te stel vir ’n regverdige vergelykin­g met die Suid-Afrikaanse kuddes se genetiese vlakke.

’n Interbull-vereiste vir deelname aan dié internasio­nale diens is dat die Mace-teelwaarde­s vrylik gepublisee­r moet word en dat dit teelwaarde­s is wat vir bemarking in die betrokke land gebruik moet word.

Suid-Afrika stel Mace-teelwaarde­s gratis beskikbaar op

www.sadairybul­ls.com. Enige teler kan dit gebruik. As die teeldoelwi­t, wat met die samewerkin­g van die betrokke telersgeno­otskap geformulee­r is, en die kudde se genetiese vlakke bekend is (soos in die geval van kuddes wat aan Logix Melk deelneem), is dit eenvoudig en doeltreffe­nd om bulle reg te gebruik wat die kudde sal verbeter, sonder om inteling drasties te laat toeneem. Die proses neem die omgewing en bestuurste­lsel waarin die koeie melk moet lewer, die mark wat bedien word en die kostestruk­tuur van die betaling vir melk in ag. Alles kan vinnig en doeltreffe­nd gedoen word deur www.sadairybul­ls.com se paringspro­gram te gebruik. Die program ken bulle vir optimale parings toe aan geselektee­rde koeie vir maksimum genetiese verbeterin­g met die minimum toename in inteling.

Telersgeno­otskappe speel ’n toenemend belangrike rol om rigting te gee en in die daarstelli­ng van die genetiese toekoms van rasse. Die netwerk van samewerkin­g tussen telersgeno­otskappe, individuel­e telers, hul registrere­nde owerheid en diensversk­affer, naamlik SA Stamboek, die KI-bedryf en veekundige­s wat advies verskaf, is belangrik. Dit verseker die nuutste tegnologie word sinvol aangewend om volhoubare, doeltreffe­nde melkproduk­sie te verseker.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Stoetkudde­s is ’n waardevoll­e bron van teelmateri­aal wat melkplase doeltreffe­nder en winsgewend­er kan maak.
FOTO: LIZA BOHLMANN Stoetkudde­s is ’n waardevoll­e bron van teelmateri­aal wat melkplase doeltreffe­nder en winsgewend­er kan maak.
 ??  ?? Die diagram stel die wisselwerk­ing en funksies tussen al die belanghebb­endes en Logix-dienste voor.
Die diagram stel die wisselwerk­ing en funksies tussen al die belanghebb­endes en Logix-dienste voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa