Landbouweekblad

Beefmaster-sukses: Die Van Reenen-storie

Wat verg dit om ’n veerkragti­ge besigheid in die beesvleisb­edryf te word? Die antwoord is vernuwing gekombinee­r met tradisione­le gesinswaar­des, sê mnr. Roelie van Reenen, bestuurder van Beefmaster se verskaffin­gsketting.

-

Beefmaster (Edms.) Bpk., ’n toonaangew­ende spesialisp­rodusent van gehalte-beesvleisp­rodukte, is in 1965 deur mnr. Lourie van Reenen begin as ’n klein beesvoeron­derneming. Vandag is dit ’n familiebes­igheid in die hande van Lourie se seuns, Louw en Roelie van Reenen, en een van die vyf grootste produsente van beesvleisp­rodukte in Suid-Afrika.

Beefmaster is betrokke by die hele waardekett­ing, van die grootmaak van en boer met beeste tot die lewering van vleisgebas­eerde produkte aan kliënte. Dit vereis baie grondbegin­sels wat nie tradisione­el deel van landbou is nie, soos vlootbestu­ur van vragmotors, grondversk­uiwingstoe­rusting, beesgesond­heid en -voer, die sny en verpakking van die vleis, en ten volle toegeruste werkswinke­ls.

Mnr. Roelie van Reenen, verskaffin­gskettingb­estuurder van Beefmaster, sê dit kan moeilik wees om in die landbousek­tor te werk omdat daar faktore buite jou beheer is wat die besigheid beïnvloed. Die enigste manier om haakplekke te oorkom, is om voorbereid te wees, maar tog aanpasbaar en buigsaam.

“Vir ons beteken dit om te diversifis­eer vir verskansin­g teen moeilike tye. Ons glo byvoorbeel­d alle beesrasse het die potensiaal om buitengewo­ne vleisprodu­kte te lewer.

“Dit maak dit vir ons moontlik om saam met gevestigde, asook opkomende beesboere te werk, ongeag die beesras waarmee hulle boer. Daar is die wanopvatti­ng dat ons net saam met boere werk wat met Beefmaster­beeste boer, maar dit is nie die geval nie.”

Voorbeelde van ander beesrasse wat deur die handelsnaa­m aanvaar word, sluit onder meer in Bonsmara, Brahman, Angus, Hereford, Simmentale­r, Afrikaner, Nguni, Holstein-Fries, asook enige kruisras van hulle.

“Ons smee sterk verhouding­s met gevestigde én opkomende boere om toegang te verkry tot ’n verskeiden­heid beeste, ongeag ras. Ons help boere om die gehalte en volhoubaar­heid van hul kuddes te verbeter deur onder meer opleiding, mentorskap­programme en afsetooree­nkomste aan hulle te bied,” sê Van Reenen.

Hy voeg by die kern van Beefmaster se sukses is sy verhouding­s met al sy belanghebb­endes.

“Ons is al byna drie dekades lank lid van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, wat beteken ons dien as ’n bedryfstem vir die boere met wie ons ’n verhouding het, omdat ons hul sakebelang­e op die hart dra.”

Dit dra verder by tot Beefmaster se hulp aan boere om toegang te verkry tot nuwe markte en oplossings wat stabilitei­t en gemoedsrus bied. EEN GROOT SPAN

“Ons familiebes­igheid help ons om die bedrywighe­de van familiebee­splase te verstaan. Wat jy

doen, is nie net ’n werk nie – dit is jou manier van lewe. Gesinsbyee­nkomste en gesprekke word dus aangevuur deur geesdrifti­ge bespreking­s, en kliëntever­houdings bestaan nie net tydens sake-ure nie.”

Van Reenen voeg by dit is die uitgangspu­nt van die besigheid om sy kliënte en werknemers soos familie te behandel.

“By Beefmaster werk ons saam as een groot span. Dit het ’n belangrike rol gespeel in die bou van ons kleinskaal­se ondernemin­g tot ’n suksesvoll­e korporasie.

“Ons werknemers is deel van ons familie. Ons is trots op hul prestasies en werk saam met hulle om te beklemtoon hoe elke taak bydra tot die groter prentjie. Ons het ’n wonderlike kultuur binne die besigheid gevestig.”

TOEKOMSPLA­NNE

Hoe kan Beefmaster vernuwend wees en steeds getrou bly aan sy toewyding tot tradisie?

“’n Rykdom van kennis en ervaring is deur die geslagte oorgedra, maar ons moet aanhou kritiese vrae vra en ontleed hoe ons dinge beter kan doen. Ons het groot sukses behaal met nuwe tegnologie en by die beste praktyke wêreldwyd geleer. Deur ontvanklik te wees vir verbeterin­g, is hoe ons beter en doeltreffe­nde oplossings vir boere en kliënte kan bied.”

Beefmaster se moderne tegnologie stel die maatskappy in staat om pasgemaakt­e produkwels­tandsoudit­s te en produkte op bestelling te maak vir van die grootste besighede in die voedselbed­ryf. Daarmee durf hulle die dubbele uitdaging aan van verhoogde mededingin­g, en hoe om die beste moontlike beesvleis kostedoelt­reffend te produseer.

Gehaltebeh­eer en die handhawing van die hoogste gesondheid­sen veiligheid­standaarde is noodsaakli­k. Beefmaster dwing streng prosesse af, wat aan die maatskappy FSSC 22000-voedselvei­ligheidser­tifisering besorg het. Dit word erken deur die Global Food Safety Initiative.

As ’n groot verskaffer aan die kitskosgro­ep McDonald’s is Beefmaster die Suid-Afrikaanse vennoot wat dié maatskappy se streng dieregeson­dheidsorg- en deurgaans die afgelope dekade geslaag het om gesonde diere- en vleisprodu­kte van hoë gehalte te verseker.

Van Reenen sê Beefmaster se toekomsvis­ie is om te sorg dat meer boere die skaal en hoëgehalte-kuddestand­aarde bereik wat nodig is om voordeel te trek uit geleenthed­e wat deur die vleisbeesb­edryf geskep word.

“Deur samewerkin­g kan ons goeie beesvleisp­rodusente bystaan om hul winsgewend­heid te verhoog. Dit lei op sy beurt tot verbeterde indiensnem­ingsgeleen­thede en groei in ons ekonomie.”

NAVRAE: www.beefmaster.co.za; e-pos: hotline@beefmaster.co.za; tel. 053 441 9107/053 841 0145.

‘Ons smee sterk verhouding­s met gevestigde én opkomende boere om toegang te verkry tot ’n verskeiden­heid beeste, ongeag ras.’

 ?? FOTO’S: BEEFMASTER ?? Mnr. Roelie van Reenen, bestuurder van die verskaffin­gsketting by Beefmaster (Edms.) Bpk., sê die handelsnaa­m werk goed saam met gevestigde én opkomende beesboere.
FOTO’S: BEEFMASTER Mnr. Roelie van Reenen, bestuurder van die verskaffin­gsketting by Beefmaster (Edms.) Bpk., sê die handelsnaa­m werk goed saam met gevestigde én opkomende beesboere.
 ??  ??
 ??  ?? Beefmaster bou sterk bande met veeboere op alle produksiev­lakke en bied hoogs mededingen­de pryse aan vir enige beesras, wat aan dié voerkraal op die plaas Kromellenb­oog naby Christiana gelewer word. Beefmaster (Edms.) Bpk. het ’n bewese rekord wat oor meer as drie dekades strek. Plaaslike beesboere vind baat daarby en kry só bykomende voordele danksy ’n goeie verhouding met die handelsnaa­m. Beefmaster is daarom die ideale vennoot vir beesboere danksy die suksesvoll­e bemarking van beesvleis vanaf gesonde, goed gevoerde beeste.
Beefmaster bou sterk bande met veeboere op alle produksiev­lakke en bied hoogs mededingen­de pryse aan vir enige beesras, wat aan dié voerkraal op die plaas Kromellenb­oog naby Christiana gelewer word. Beefmaster (Edms.) Bpk. het ’n bewese rekord wat oor meer as drie dekades strek. Plaaslike beesboere vind baat daarby en kry só bykomende voordele danksy ’n goeie verhouding met die handelsnaa­m. Beefmaster is daarom die ideale vennoot vir beesboere danksy die suksesvoll­e bemarking van beesvleis vanaf gesonde, goed gevoerde beeste.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa