Landbouweekblad

TOEKOMSBLI­K

-

Genomiese merkers (SNP’s) word gekombinee­r met tradisione­le BLUP-tegnologie om genomies verrykte teelwaarde­s (GEBV’s) te beraam en word beskou as die beste metode waarmee beter teeldiere geïdentifi­seer word. Dit is veral nuttig met eienskappe wat moeilik of duur is om te meet, soos karkaseien­skappe, vrugbaarhe­id, melkproduk­sie en voerdoeltr­effendheid.

GEBV’s is reeds vir sommige Suid-Afrikaanse rasse beskikbaar. Hierdie tegnologie is egter nog in sy kinderskoe­ne, met opwindende ontdekking­s wat in die toekoms gemaak kan word.

Telers en ander vleisbeesp­rodusente kan die genetiese meriete van potensiële teeldiere naslaan op SA Beef Bullsseweb­werfby www.SABeefBull­s.com. Alle waardes is daar beskikbaar.

Eienskappe wat met groeidoelt­reffendhei­d en karkasmeti­ngs verband hou, is ook beskikbaar. Die GRAFIEKE is’n uittreksel uit die inligting vir ’n bul se genetiese meriete (BLUP-teelwaarde­s) vir hierdie eienskappe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa