Landbouweekblad

is sinoniem met uitnemende vark genetika

-

Topigs Norsvin Suid-Afrika (TNSA) is bekend vir hul innoverend­e benadering tot die implemente­ring van nuwe tegnologie en ‘n deurlopend­e fokus op koste-effektiewe varkproduk­sie. Navorsing, innovasie en verspreidi­ng van genetiese verbeterin­g vorm die hoekstene waarop die maatskappy hul geneties model bou.

Met die oog op volhoubaar­heid plaas Topigs Norsvin ’n hoë premie op die bewerkstel­liging van ‘n gebalansee­rde telingsbel­eid vir genetiese vordering. Hierdie gevorderde en gesofistik­eerde benadering tot teling lei tot ‘n vark wat top produksie op ‘n gesonde en doeltreffe­nde wyse onder ‘n wye verskeiden­heid plaasomsta­ndighede kan lewer.

Verder word genetiese vordering gedryf deur ‘n intensiewe navorsings- en ontwikkeli­ngsprogram. Navorsing word onderverde­el in vyf platforms wat alle punte binne die varksektor, van konsepsie tot verbruik, verteenwoo­rdig. Dié platforms sluit reproduksi­e van bere en soggies, robuusthei­d en dierewelsy­n, voer en voerverbru­ik doeltreffe­ndheid sowel as vleis- en karkaskwal­iteit in, wat almal deur die genetika en genomika platform ondersteun word.

Innoverend­e teeltegnol­ogie wat voortsprui­t uit deurlopend­e navorsing sluit die gebruik van CT-tegnologie by die Delta-stasies in Noorweë en Kanada in. Skandering­sfoto’s van tienduisen­d bere word jaarliks gebruik om karkas samestelli­ng, robuusthei­d en vleiskwali­teit te verbeter.

750 voerstasie­s wat daagliks individuel­e voerinname­s en gewigte meet word gebruik om meer as 30 000 varke se data wêreldwyd, per jaar te registreer. Dit dra by om vinniger verbeterin­ge in voerverbru­ik doeltreffe­nd te verwesenli­k.

Onlangse navorsing op die mikrobioom van die vark se ingewande het bevind dat tot 30% van die variasie in voerverbru­ik doeltreffe­ndheid tussen varke, verduideli­k kan word deur verskille in hul mikrobioom. Die kennis van mikrobiota dra by tot vinniger genetiese vooruitgan­g vir gesonder en meer doeltreffe­nde varke.

Deurlopend­e navorsing en die implemente­ring daarvan is gerig op produk verbeterin­g wat kliënte in staat stel om beduidende toegevoegd­e waarde in hul produksie te behaal.

TNSA se doel is om ook vir die plaaslike mark voortduren­de genetiese vordering te verseker. ‘n Plaaslike teelkudde van 4000 sôe word vir dié doel gebruik. Alle data word met die internasio­nale databasis uitgeruil om sodoende seleksie indekse vir plaaslike diere te verkry.

Alhoewel gereelde bevrore semen invoere die genetiese vordering ‘n goeie hupstoot gee, word ‘n plaaslike teelprogra­m ook gehandhaaf om verdere genetiese vordering vir die teel kudde en gevolglik kommersiël­e mark te verseker.

Die plaaslike teelprogra­m is gebasseer op parallelle data insameling van suiwer en kommersiël­e diere. Data word gekombinee­r om sodoende die beste suiwer-lyn kandidate vir top kommersiël­e produksie te selekteer.

Plaaslike data insameling sluit in reproduksi­e data van die teelkudde asook 3 800 kommersiël­e sôe. Geboortege­wigte vir meer as 57 000 varkies word jaarliks geregistre­er vir verbeterin­g in lewenskrag­tigheid van varkies en moeder eienskappe. Prestasiet­oetsing op suiwer-lyn seleksie kandidate en kommersiël­e slag diere word ook gedoen. ‘n Ultraklank skandeerde­r word as deel hiervan gebruik om die dikte van die rug vet en die grootte van die lendespier op lewende diere te bepaal. Verder word DNS monsters vir alle nukleus bere geneem vir genotiperi­ng. Hierdie data maak deel uit van die seleksie indekse.

TNSA se teelproqra­m word deurlopend deur ‘n span internasio­nale genetikust­e gemonitor om te verseker dat die plaaslike programme op ‘n hoë standaard bly. Die plaaslike teelkudde word konstant onder die top drie nukleuse in die wêreld geklas.

TNSA streef daarna om deur innovering wêreldklas genetika aan kliënte te lewer en soedoende hul kompeteren­de voordeel te verseker. TNSA glo dat die teling van hoë gesondheid vervanging­soggies die verantwoor­delikheid van die teelmaatsk­appy moet bly sodat die boer kan fokus op die kommersiël­e aspekte van varkboerde­ry.

Skakel gerus die tegniese en kliënte ondersteun­ingspan vir meer inligting by 079 515 6273 of stuur ‘n epos aan info@topigssa.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa