Landbouweekblad

TAFELDRUIW­E

-

Danksy doelgerigt­e kultivarve­rnuwing, die ontginning van belowende nuwe markte en ’n supermoder­ne pakaanleg van 6 000 m2 het mnr. Anton Viljoen jr. ’n gevestigde boerdery tot ongekende nuwe hoogtes gevoer. By hom is sy seuns, Anton en Philip.

Aggressiew­e vernuwing van kultivars, die benutting van geleenthed­e in belowende nuwe markte, ’n moderne bestuursty­l en ’n tegnologie­gedrewe pakaanleg – dít alles het daartoe bygedra dat ’n tafeldruif­boerdery in die Hexrivierv­allei die afgelope paar jaar groot hoogtes kon bereik.

Sedert mnr. Anton Viljoen jr. en sy vrou, Judi, in 2014 beheer oorgeneem het van die destydse AS Viljoen-boerdery se Wes-Kaapse plase en dit Villion Farms gedoop het, het hulle beslis nie op hul louere gerus nie. Dít was duidelik tydens die onlangse bekendstel­ling van hul supermoder­ne, tegnologie­s gevorderde pakaanleg van 6 000 m² – ’n belegging wat sowat R35 miljoen beloop het.

“Toe ons begin boer het, was dit die jaar van Nenegate. Ons het dus goed gevaar en kon Oude Schuur, ’n plaas in die Nuy-vallei, koop. Daar het ons reeds 50 ha tafeldruiw­e gevestig en tot nóg 120 ha gaan uitbrei. Ons het sommer in ons eerste jaar al kanse gewaag! In daardie jaar het ons dit ook die eerste keer reggekry om ’n miljoen kartonhoue­rs op ons Hexrivierv­allei-plase te pak. En nou staan ons al op 1,4 miljoen kartonhoue­rs. Daarna het ons die pakaanleg (op die plaas Werda) gebou, wat vanjaar in gebruik geneem is. Dit is nou ons vierde seisoen, en ons het reeds twee groot dinge in ’n kort tydjie aangepak,” vertel Anton jr., waar ons in die splinternu­we kantoorkom­pleks teenaan die pakaanleg sit. Die uitsig oor die Hexrivierv­allei se berge en wingerde is onverbeter­lik.

Tydens die bekendstel­ling het hy vertel dat sy pa, die legendarie­se tafeldruif­produsent Anton Viljoen sr., hom nie juis veel van wingerd geleer het nie.

“Daardie kennis moes ons by die plaasbestu­urders opdoen. Die een ding wat hy my wel geleer het, was om visie te hê en groot te dink. Ek kan nie ophou dink aan groei en groter boer nie – dit gaan nie oor die geld nie – maar dit is lekker om te sien hoe iets vooruitgaa­n.”

VAN JUNIOR BESTUURDER TOT EIENAAR

Anton was 25 toe hy in 2005, ná hy ’n kwali-

fikasie in bemarking opgedoen het, as junior bestuurder op een van hul plase, Uitkyk, ingeval het. Twee jaar later was hy plaasbestu­urder op die eenheid. In 2008 het die ondernemin­g sy eie bemarkings­maatskappy gestig en skaars vyf jaar ná Anton begin boer het, is hy in die diep kant ingegooi om ’n meer senior rol in die maatskappy te vervul.

“Dit was ’n moeilike tyd, want ek het nie die bestuurson­dervinding gehad om op daardie vlak te werk nie. Boonop het ek nie, soos my pa, met ’n klein ondernemin­g begin en daarmee gegroei nie. Die aanpassing was groot en ek moes baie vinnig ervaring opdoen, maar toe besluit ek om die hele game te verander,” vertel hy.

Hy het onder meer ’n winsdeling­skema geskep waarby plaasbestu­urders kon baat vind.

“Skielik het ons na ’n ander soort bestuurder gesoek – iemand wat meer onafhankli­k kon werk eerder as net ’n job doen. Die winsdeling het die bestuurder­s meer betrokke gemaak by alle aspekte van die boerdery – van die produksie tot die bemarking. Hulle moes skielik weet in watter markte hul produkte goed verkoop en uitvind waarom dit goed doen sodat hulle die volgende jaar hul produkte reg kan voorberei vir die markte en uiteindeli­k die plaas winsgewend­er maak. Hulle kyk ook saam met die finansiële departemen­t na koste. Hulle boer dus hul eenheid asof dit hul eie is. Dit het ons ondernemin­g heeltemal verander en in sy geheel winsgewend­er gemaak.”

In 2014 het Anton en sy broer, Gabriël, oorgeneem by Anton sr.

“Ons het die maatskappy opgedeel. Gabriël het die Noord-Kaapse produksie-eenhede gevat en ek het die Wes-Kaapse deel gekry. Ons het twee afsonderli­ke boerdery-maatskappy­e gestig, maar die ou AS Viljoen-boerdery het ons bemarkings­maatskappy geword. Dit bemark albei maatskappy­e se druiwe. Ek en Gabriël is 50-50-aandeelhou­ers in die AS Viljoen-boerdery.”

Dié skuif het aan die broers die kans gegee om elkeen sy aptyt vir uitbreidin­g uit te leef, maar steeds die voordele van skaalekono­mie te geniet wanneer dit by bemarking kom.

Die stigting van die bemarkings­maatskappy was een van hul beste besluite tot dusver. Voorheen het hulle deur tradisione­le uitvoerder­s, soos Capespan, waar Anton sr. lank ’n direkteur was, hul druiwe uitgevoer.

“Ons het ons eerste 30 000 kartonhoue­rs in 2008 self begin uitvoer. Tans voer ons

2,1 miljoen kartonhoue­rs uit – ongeveer 95% van ons oes gaan deur ons eie maatskappy.” Die voordele hiervan is legio. “Jy kan ’n handelsmer­k opbou, self met jou mark praat en regstreeks markinligt­ing kry sodat jy aan jou kliënte kan gee presies wat hulle wil hê, jy weet hoe jou gehalte lyk as die produkte in die mark aankom en jy kan planne beraam om dit te verbeter. Omdat dit onder jou eie naam gepak word, is daar ook ’n mate van trots en jou benadering tot gehalte is heeltemal anders.”

Die nadeel is dat die verantwoor­delikheid ook by jou stop.

“Jy kan agter niemand wegkruip nie. Dit is net jy, en die probleme kom dus na jou toe. Maar dit is ook ’n voordeel, want jy kan dit vinnig regmaak.”

NUWE KULTIVARS VIR NUWE MARKTE

Deur selfbemark­ing het die Viljoens gou besef hulle het die verkeerde kultivars in die grond. Die aankopers was nie gaande oor hul produkte nie. Soos Anton sê: “Jy kan nie vir ’n kliënt sê wat hy moet koop nie.”

Anton en Judi het begin reis om meer oor nuwe kultivars uit te vind, en “met

baie moeite” kon hulle lisensies kry om die Amerikaans­e SNFL- en IFG-kultivars te plant. Hulle het dadelik begin om teen ’n vinnige pas kultivars op die plaas te vernuwe. Waar die bedryfsaan­beveling gewoonlik is om sowat 5% van jou wingerd per jaar te vervang, het hulle sommige jare tot 15% vervang.

“Ons kon ’n paar jaar spaar deur vinnig te verander. Ons is nie gevang met ’n klomp ou kultivars nie. Nou is ons aanloklik vir oorsese kopers en supermarkt­e, want ons kan ’n hele reeks van die nuwe kultivars aan hulle bied.”

Crimson Seedless bly steeds ’n belangrike kultivar, veral omdat die Hexrivierv­allei een van die beste plekke ter wêreld is om hierdie kultivar te produseer. Maar hul aanbod sluit nou ook ander kultivars, soos Melody, Allison, Timco, Sweet Globe, Sweet Sapphire en die Suid-Afrikaanse kultivar Joybells, in. “Ons het sowat 28 kultivars waarmee ons kommersiee­l boer.”

Hulle het ook twee proefblokk­e waar hulle elke jaar se nuwe seleksies – “of dit nou twee of twaalf is” – toets.

“Jy moet by sowel die teelprogra­m as die supermark betrokke wees. Die top-supermarkt­e se tegniese spanne doen baie moeite om te kyk dat die produsente die regte kultivars plant, want hulle wil ook ’n lang pad saam met sekere produsente stap. Supermarkt­e maak jaarliks hul verskaffer­s minder, want dit maak kommunikas­ie, voedselvei­ligheid en verskaffin­g makliker.”

Die nuwe kultivars het ook vir hulle deure oopgemaak in opwindende markte.

“My siening is dat die Suid-Afrikaanse bedryf sowat 65 miljoen kartonhoue­rs druiwe produseer, maar ons het net afsetgebie­d vir sowat 60 miljoen. Daar is dus nie genoeg markte om ál ons vrugte teen goeie pryse te verkoop nie. Ons plan is om in die nuwe markte vir ons ’n sterk handelsmer­k te vestig. Ons kyk veral na Suidoos-Asië (Viëtnam en Maleisië) en China. China is ’n moeilike mark met ’n sterk protokol, wat nie altyd ideaal is vir die druiwe nie, maar dit is die mark met die grootste groeipoten­siaal. Vir ’n premieprod­uk sal jy ’n premieprys daar verdien.”

Tans verskeep hulle 50% van hul druiwe na Europa, 25% na Brittanje en 12% na Asië. Anton sal graag wil sien dat Europa sowat 35% van die oes koop, met die Ooste wat ’n ekstra 15% kry.

“In die verlede was dit nie moontlik nie omdat ons nie die regte kultivars gehad het nie. Dit is ’n taamlike nismark – hulle soek net ekstragroo­t korrels en sekere kultivars, soos Midnight Beauty, Sweet Joy, Sweet Sapphire en Sweet Globe, wat ons nou het. In ons afseisoen kry hulle baie druiwe vanaf Amerika, en daarom soek hulle die Amerikaans­e kultivars, wat die Europeërs nie noodwendig ken nie.”

Die Viljoens het verlede jaar by Asia Fruit Logistica uitgestal om hul handelsmer­k onder mense se aandag te bring. Aangesien kommunikas­ie moeilik is in die Ooste, dra handelsmer­ke baie gewig.

“Ons kon ’n groot deel van die mark in ’n kort tyd ontmoet en mee gesels. Ons sal aanhou om dit te doen, tot ons op ’n vlak is waar ons ’n goeie klantebasi­s opgebou het. Dan wil ons saam met ons klante groei, sodat ons met volume ’n rol kan speel in hul ondernemin­gs.”

PAKAANLEG 30% MEER PRODUKTIEF

’n Slaggat wat die tafeldruif­bedryf effens onverhoeds betrap het, is die verkorting van die bemarkings­tyd. Peru “hap” aan die voorkant van die seisoen en Indië aan die einde, wat bottelnekk­e in die mark veroorsaak.

“Ons bemarkings­tyd het van omtrent 25 weke tot 12 weke oor die afgelope tien jaar gekrimp. Dit is waarom dit vir ons ’n móét geraak het om hierdie pakaanleg te bou. Ons moet die vrugte vinnig en betyds wegkry. Boonop het dit te duur geraak om heeltyd die ou pakhuise op te knap vir beroepsvei­ligheid- en ander akkreditas­ies.”

Die nuwe pakaanleg het vir Anton-hulle die kans gegee om ’n produktiew­er pakstelsel te installeer. In die pakaanleg van 6 000 m² het hulle ’n voorverkoe­lingsarea, die paklynarea, versending­sarea, pakmateria­alopbergpl­ek, geriewe vir werkers om hul persoonlik­e besittings te bêre, ’n wasgoedger­ief waar beskermend­e klere gewas word en ’n gesondheid­sorggerief. Verkoeling geskied steeds by Hexkoel, waar Anton ’n aandeelhou­er en ondervoors­itter is.

In die nuwe pakaanleg het hulle die tradisione­le pakaanlegl­yne met 150 pakstasies vervang. Elke pakstasie word deur drie mense beman wat as ’n hegte span saamwerk. Die middelpunt van die stasie is die Suid-Afrikaanse Uwe Scales, wat deurlopend die pakkers se prestasie meet, asook hoeveel druiwe uitgeknip word. Die skaal gee ook – deur middel van foto’s – inligting aan die pakkers oor die spesifikas­ies waarvolgen­s hulle moet pak, watter pakmateria­al gebruik word en die gewig van elke verpakking.

Sodra die kartonhoue­r verpak is, en die skaal is tevrede dat dit op gewig is, word dit op ’n waaierband geplaas om op palette gepak te word. Elke houer kry ’n spesiale plakker, met die stasienomm­er. As iets dus verkeerd gaan, kan naspeurbaa­rheid in ’n japtrap gedoen word.

Teen die muur is groot skerms aangebring, wat elke pakstasie se prestasie op ’n grafiek aantoon en die pakkers kans gee om hulself teen die res te meet.

“Die metode maak ons ongeveer 30% meer produktief. Ons kan sowat 25 000 kartonhoue­rs per dag pak. Pakstasies raak nou redelik gevestig in die bedryf. Dit is ’n konsep wat van Amerika af kom, waar hulle aanvanklik só in die wingerd gepak het, maar dit later onder pakaanleg-omstandigh­ede gemodernis­eer het.”

Volgens hom verhoed die skale dat kartonhoue­rs te lig is. Hul uitskotdru­iwe is ook minder, aangesien die afval ook gemeet word en die pakkers nou meer oordeelkun­dig uitknip. Boonop is die skale uiters gebruikers-

‘Ons kon ’n paar jaar spaar deur vinnig te verander, en ons is nie gevang met ’n klomp ou kultivars nie. Nou is ons aanloklik vir oorsese kopers en supermarkt­e, want ons kan ’n hele reeks van die nuwe kultivars aan hulle bied.’

vriendelik, met liggies en prentjies wat die inligting oordra.

“Die groot voordeel is dat jy alles meet – die karton se gewig, jou afval en die mense se prestasie. Die skale se sagteware word aan jou lonestelse­l gekoppel. Dit is dus maklik om alles bymekaar te trek.”

Tafeldruiw­e bly moeilik om te meganiseer. Anton sê die skale is een van die eerste stappe tot meganisasi­e in die bedryf.

“Ons wil nie mense minder maak nie, maar ons wil hulle produktiew­er maak en beter aanwend,” sê Anton, wat in seisoentyd sowat 1 200 mense in diens neem.

“Tussen my en Gabriël gebruik ons al seker 500 van die skale. Ons het met 20 begin, maar gou gesien dit werk en toe besluit om op groot skaal daarin te belê.”

’n Groot pluspunt van die groot pakaanleg is dat oortydwerk beperk word.

“Arbeidskos­te gaan altyd bly styg, en ons wil oortydwerk probeer beperk. Talle van ons seisoenswe­rkers word van Worcester en De Doorns aangery en ons wil hulle dus ook die kans bied om vroeër by die huis te kom om uit te rus, sodat ons die volgende dag varser mense met meer energie by die werk het.”

Vra jy hom oor die pad vorentoe, is hy dadelik reg met ’n antwoord.

“Ons wil ’n soortgelyk­e pakaanleg in die Nuy-vallei bou as alles goed gaan.”

Sy toekomsvis­ie en honger vir groei skynbaar onblusbaar.

 ?? FOTO: LOUISE BRODIE ??
FOTO: LOUISE BRODIE
 ??  ?? lbotha@landbou.com Twee van die werkers sal druiwe uitknip en korrels meet, terwyl ’n derde spanlid die houers sal vul. Elke kartonhoue­r kry ’n plakker met die pakstasie se nommer en strepiesko­de. Groot skerms teen die muur dui op elke pakstasie se produktiwi­teit.
lbotha@landbou.com Twee van die werkers sal druiwe uitknip en korrels meet, terwyl ’n derde spanlid die houers sal vul. Elke kartonhoue­r kry ’n plakker met die pakstasie se nommer en strepiesko­de. Groot skerms teen die muur dui op elke pakstasie se produktiwi­teit.
 ??  ?? Villion Farms se splinternu­we pakaanleg op die plaas Werda, waar daar vanjaar vir die eerste keer tafeldruiw­e verpak word. Danksy ’n nuwe pakstelsel en tegnologie is die produktiwi­teit sowat 30% beter in die pakaanleg.
Villion Farms se splinternu­we pakaanleg op die plaas Werda, waar daar vanjaar vir die eerste keer tafeldruiw­e verpak word. Danksy ’n nuwe pakstelsel en tegnologie is die produktiwi­teit sowat 30% beter in die pakaanleg.
 ??  ?? Die Viljoen-familie boer al sedert 1896 in die Hexrivierv­allei. Anton Viljoen sr. het in 1967 sy eerste tafeldruiw­e geoes. Dit was 19 000 kartonhoue­rs. Vandag strek die boerdery oor 15 plase (in die Hexrivier-, Oranjerivi­er- en Bergrivier­vallei). Hulle produseer ses maande van die jaar sowat 2,2 miljoen kartonhoue­rs druiwe, wat na ongeveer 18 lande uitgevoer word. Van links is Anton sr., sy vrou, Deirdré, Judi en Anton jr. saam met Anton se susters, Charlaine Jansen van Rensburg en Lee-Anne Viljoen.
Die Viljoen-familie boer al sedert 1896 in die Hexrivierv­allei. Anton Viljoen sr. het in 1967 sy eerste tafeldruiw­e geoes. Dit was 19 000 kartonhoue­rs. Vandag strek die boerdery oor 15 plase (in die Hexrivier-, Oranjerivi­er- en Bergrivier­vallei). Hulle produseer ses maande van die jaar sowat 2,2 miljoen kartonhoue­rs druiwe, wat na ongeveer 18 lande uitgevoer word. Van links is Anton sr., sy vrou, Deirdré, Judi en Anton jr. saam met Anton se susters, Charlaine Jansen van Rensburg en Lee-Anne Viljoen.
 ??  ?? Anton en Judi Viljoen maak ’n gedugte span by Villion Farms. Sedert hulle vyf jaar gelede die leisels oorgeneem het, het hulle die ondernemin­g tot ’n nuwe vlak geneem.
Anton en Judi Viljoen maak ’n gedugte span by Villion Farms. Sedert hulle vyf jaar gelede die leisels oorgeneem het, het hulle die ondernemin­g tot ’n nuwe vlak geneem.
 ??  ??
 ??  ?? Die druiwe word op die skaal gepak, wat dan aandui hoeveel gram of druiwekorr­els nodig is om die bakkie vol te maak. Eers as ’n groen liggie flikker, registreer die skaal die karton as afgehandel en tel dit vir die werker se produktiwi­teit. Verkoeling in die pakaanleg is uiters modern. Pleks van waaierverk­oeling, gebruik hulle ‘n groot kompressor om die aanleg te verkoel deur koue lug stadig te laat sak. Die tegnologie is soortgelyk aan wat in winkels gebruik word.
Die druiwe word op die skaal gepak, wat dan aandui hoeveel gram of druiwekorr­els nodig is om die bakkie vol te maak. Eers as ’n groen liggie flikker, registreer die skaal die karton as afgehandel en tel dit vir die werker se produktiwi­teit. Verkoeling in die pakaanleg is uiters modern. Pleks van waaierverk­oeling, gebruik hulle ‘n groot kompressor om die aanleg te verkoel deur koue lug stadig te laat sak. Die tegnologie is soortgelyk aan wat in winkels gebruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa