Landbouweekblad

Somergesaa­ides op naaldpunt

- – ALANI JANEKE

GROOT dele van die land het die afgelope weke goeie reën ontvang, maar daar is steeds dele wat min tot geen reën gehad het nie.

“Dit is waarskynli­k die beste landsreën wat tot dusver in die 2018-’19-somer voorgekom het,” sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou. “Die droogte is egter geensins gebreek nie.”

Oor dele in die Sentraal- en Suidoos-Vrystaat, soos Senekal, Arlington, Reitz en Marquard, het in baie gevalle minder as 10 mm geval. Oor die NoordKaap het reënval ook baie wisselvall­ig voorgekom. Die droogte duur voort oor veral die suidwestel­ike dele van die NoordKaap en die westelike dele van die Kalahari.

Van den Berg sê die reën wat wel voorgekom het, het gesorg dat toestande vir die somergraan-aanplantin­gs gestabilis­eer het. “Veral oor dele van Noordwes en die Wes-Vrystaat, insluitend die distrikte Hoopstad, Hertzogvil­le en Dealesvill­e, het goeie neerslae voorgekom en die greep van die droogte is tydelik verlig.”

OPVOLGREËN

Droogteget­eisterde gebiede in die Oos-Kaap en aangrensen­de dele van die Wes-Kaap het ook goeie reënneersl­ae aangeteken. “Jamestown in die Oos-Kaap het byvoorbeel­d tot 70 mm gekry in die eerste paar dae van Februarie. Opvolgreën kan die greep van die droogte in dié gebiede breek, wat tot gevolg kan hê dat winterweid­ingstoesta­nde nog redelik goed kan wees,” sê Van den Berg. “Die reën kan ook benut word om winterweid­ing soos hawer te plant.”

Van den Berg sê voorspelli­ngs vir die res van die somer en herfs bly baie onseker. “Opvolgreën oor groot gedeeltes van die Vrystaat wat nie reën gehad het nie, bly noodsaakli­k voor middel Februarie. Nog reën moet in die tweede deel van Februarie en veral in Maart oor die grootste deel van die somergraan­gebied voorkom. kom die meeste van die laat aanplantin­gs in die westelike produksieg­ebiede in die reprodukti­ewe stadiums.”

GEMIDDELD

Dit is vir boere wat nou reën gekry het te laat om somerkonta­ntgewasse aan te plant, maar daar is nog tyd om voersorghu­m vir vee te plant, hoewel produksie vinnig kan afneem met die naderende herfs. “In baie gebiede is weidingsto­estande steeds ondernorma­al as gevolg van die afgelope paar jaar se droogte. Derhalwe is die drakrag van natuurlike weiding swak, selfs al kom reën voor.”

Kort- tot mediumterm­ynvoorspel­lings dui vir die res van Februarie en Maart op reënvaltoe­stande wat ooreenstem met die gemiddelde op lang termyn. “Die risiko vir droogte bly steeds groot oor die westelike en suidwestel­ike dele van die land,” sê Van den Berg.

Teen druktyd is verwag dat tropiese vog oor Namibië kan inbeweeg om toestande vir reën te verbeter oor die oostelike dele van Namibië en die noordweste­like, sentrale, oostelike en suidoostel­ike dele van Suid-Afrika. Min of geen reën word verwag oor die suidwestel­ike dele van die NoordKaap, die Wes-Kaap en groot gedeeltes van Limpopo, aldus Van den Berg.

EL NIÑO

Volgens die Australies­e Buro vir Meteorolog­ie dui die Enso- (El Niño Suidelike Ossillasie) indeks aan dat ’n 50%-kans bestaan dat die El Niño-weerstelse­l in die herfs of winter kan ontwikkel.

Die meeste klimaatmod­elle dui tans aan dat Enso-neutrale seevlaktem­perature sal voortduur, hoewel die warmer oseaantoes­tande wat tans voorkom en warmer as normale seevlaktem­perature wat later in die jaar verwag word, steeds die moontlikhe­id van ’n El Niño-stelsel aandui.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Sonneblom-aanplantin­gs by Senekal.
FOTO: JOHAN NORVAL Sonneblom-aanplantin­gs by Senekal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa