Landbouweekblad

Groot debat: Gebruik BLUP net reg!

In die vorige uitgawe het die bekroonde teler mnr. Lionel de la Harpe ’n knuppel in die hoenderhoe­k gegooi met sy uitlating dat die wetenskap BLUP verbygeste­ek het, dit ’n uitgediend­e stelsel is en nie lei tot die teling van aangepaste diere nie.

-

BLUP KAN NIE SKULD KRY VIR GROOT SKAPE NIE

Die debat oor BLUP (beste liniêre onsydige beraming) wat die artikel “Het BLUP nog bestaansre­g?” (LBW, 8 Februarie 2019) aangevuur het, is dalk nodig om nie net BLUP nie, maar ook die belangrikh­eid van seleksiedo­elwitte onder telers te herbevesti­g.

Die artikel wat Lionel de la Harpe aanhaal in sy teenreaksi­e hiernaas, moet eerstens in konteks gesien word. Dit is ’n artikel wat handel oor die gebruik van BLUP in ekologie en evolusie, met ander woorde in populasies waar daar nie veronderst­el is om seleksie of seleksievo­rdering te wees nie.

Hy is ook heeltemal reg met sy gevolgtrek­king dat onakkurate teelwaarde­s die gevolg kan wees van onvolledig­e of verkeerde modelle. Hierdie modelle moet egter wesenlik verkeerd wees voor daar groot veranderin­gs in die rangorde van diere sal wees. Dit is tog die doel van BLUP, om beter diere van swakker diere te onderskei.

Dit is dan ook ’n belangrike taak van wetenskapl­ikes om te sorg dat die modelle wat in die genetiese ontledings gebruik word, volledig en akkuraat is.

Hierdie modelle word gereeld hersien om voorsienin­g te maak vir nuwe inligting wat beskikbaar raak. Dit is verder interessan­t dat selfs met ’n veranderin­g in modelle die rangordes van diere min verander; die beste diere bly die beste.

Om te sê BLUP is uitgedien, is glad nie waar nie. In dieselfde artikel se samevattin­g erken die skrywers dat “BLUP is used extensivel­y in the agricultur­al sciences to predict which individual­s should produce

the best offspring. It was in this context that BLUP was developed, and for this purpose it performs well under a broad range of circumstan­ces.”

In hierdie bevestigin­g haal hulle vir Mrode (1996) aan. Dit is wanneer BLUP vir die verkeerde doel en nie waarvoor dit ontwikkel is nie, aangewend word dat die akkuraathe­id in twyfel getrek kan word.

Die artikel waarna hy verwys, moet dus in konteks gesien word.

Om BLUP die skuld te gee vir skape wat te groot word, is ook nie korrek nie.

Elke genootskap het breë seleksiedo­elwitte wat as riglyn dien vir sy telers. Dit is egter die individuel­e teler se unieke doelwitte en hoe hy dit toepas, wat hom laat uitstaan bo sy medetelers.

Die omgekeerde is ook waar. As BLUP verkeerd gebruik word, met ander woorde as seleksiedo­elwitte verkeerd geformulee­r of enkeleiens­kapseleksi­e gedoen word sonder om die genetiese korrelasie­s in ag te neem wat tussen eienskappe bestaan, kan die gevolge nadelig wees. Daar is baie voorbeelde hiervan in die geskiedeni­s, sommige lank voor die BLUP-era.

Weer eens is dit belangrik dat seleksiedo­elwitte en daarmee saam ekonomiese indekse, wat ’n weging is van ekonomiese waardes, teelwaarde­s en die genetiese verwantska­p wat tussen eienskappe bestaan, gereeld hersien moet word.

Ongelukkig is groeitempo hoog met volwasse gewig gekorrelee­r en dit is dus baie moeilik om vir swaarder speengewig­te te selekteer en terselfder­tyd die volwasse gewigte kleiner te maak.

’n Seleksie-indeks is die beste manier om ’n balans tussen eienskappe te verkry. Vrugbaarhe­id (die belangriks­te eienskap in enige seleksiepr­ogram) is in baie van die ekonomiese indekse verwaarloo­s, deels as gevolg van ’n gebrek aan data. Moderne indekse is egter baie gebalansee­rd en kan baie spesifiek geformulee­r word.

Sommige modelle wat tans in genetiese ontledings gebruik word, is uiters kompleks en namate genomiese inligting beskikbaar word, gaan dit nog meer kompleks raak. Die resultaat is egter die akkuraatst­e genetiese ontledings of teelwaarde­s nóg.

Dit beteken egter dat rasse baie vinniger genetiese vordering gaan maak en dit is juis om dié rede dat genootskap­pe die leiding moet neem en die nuwe wetenskap aan boere moet verduideli­k. Dit is wat die toonaangew­ende genootskap­pe wêreldwyd doen. Prof. Frikkie Neser is hoof van vee, wild en weidingkun­de aan die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe aan die Universite­it van die Vrystaat.

UITLATINGS NIE UIT LUG GEGRYP

Die reaksie op die artikel “Het BLUP nog bestaansre­g?” (LBW, 8 Februarie 2019) is te verwagte. BLUP is ’n diep verskanste stelsel wat algemeen toegepas word deur telers, telersgeno­otskappe en ander instelling­s vir die seleksie en bemarking van diere.

Tot dusver vind ek dit uiters moeilik om my navorsing en ondervindi­ng aan ’n breër gehoor bekend te stel. Ek is egter oortuig daarvan dat daar heelwat mense die wêreld oor is wat tog twyfel oor BLUP en die rigting waarheen bees- en skaaprasse ontwikkel.

Hopelik kan daar gesonde debat uitgelok word, wat kan lei tot veranderin­g en vooruitgan­g in die manier waarop ons die seleksie en teel van diere benader en toepas.

Mnr. John Torr, vooraansta­ande Dohne-Merinoboer van Ceres, het jare gelede al gesê telersgeno­otskappe moet waak daarteen om nie oormatig voor te skryf aan hul lede nie. Veeteelt kan tog net baat by verdere insig.

In my artikel in LBW is die standpunte oor genetika en epigenetik­a gegrond op artikels deur hoog aangeskrew­e wetenskapl­ikes in wetenskapl­ike boeke en artikels. Dit is nie ’n lukrake mening wat uit die duim gesuig is nie. Wat verstommen­d is, is dat nuwe genetiese ontdekking­s so vinnig plaasvind dat hedendaags­e wetenskapl­ikes traag is om boeke daaroor te skryf, want die inligting kan reeds verouderd wees wanneer die boek verskyn.

Ekologie behels die verwantska­p tussen organismes en hul omgewing, en dit word algemeen aanvaar dat genetiese oorerflikh­eid en die omgewing onlosmaakl­ik verweef is.

In die inleiding tot die artikel “The Misuse of BLUP in Ecology and Evolution” (The American Naturalist, 2010, vol. 175, Universite­it van Chicago) haal die skrywers – Jarrod D. Hadfield, Alastair J. Wilson, Dany Garant, Ben C. Sheldon en Loeske E.B. Kruuk van die universite­ite van Edinburg, Sherbrooke (Kanada) en Oxford – die Argentynse dierkundig­e Agustin Blasco aan: “Om te sê dat BLUP onsydig of ‘onbevooroo­rdeeld’ (unbiased )is deur die definisie van die woord vooroordee­l te verander, lyk na ’n redelik onakkurate aanwending van die taal. Boonop is die woord ‘beste’ effe misleidend.”

BLUP is ’n metode waarvolgen­s ’n enkele waarde uit ’n ewekansige effek, in ’n model wat gemengde effekte verskaf, verkry word. Dit is wyd in ekologie en evolusionê­re biologie gebruik om individuel­e teelwaarde­s en reaksienor­me te bepaal. Die voorspelli­ngs is gebruik om afleidings te maak oor natuurlike seleksie, evolusionê­re veranderin­ge, individuel­e reaksienor­me en swakhede.

In die artikel is analities en met voorbeelde aangedui waarom BLUP dikwels bevooroord­eelde beramings van evolusionê­re en ekologiese parameters verskaf.

Hoewel sekere voorbehoud­e oor die BLUP-metodologi­e al voorheen geopper is, word die skaal en omvang van die probleme waarskynli­k nie altyd ingesien nie. BLUP word dikwels gebruik om eienskappe te voorspel met ’n model wat nie uitdruklik gronde bied waarvolgen­s die voorspelli­ngs gemaak word nie. In sulke gevalle sal die beraamde teelwaarde­s dikwels meer sê oor die fenotipe as wat dit duidelikhe­id oor die geneties belangrike neigings verskaf.

Nog ’n probleem is dat BLUP-voorspelli­ngs enkelwaard­es verskaf oor aspekte waaroor min sekerheid bestaan. As die onsekerhed­e nie in daaropvolg­ende toetse in berekening gebring word nie, kan dit lei tot vooroordee­l.

Daar is drie hoofkenmer­ke van BLUP wat tot probleme met afleidings gelei het.

Die verlangde kenmerke van BLUP geld net sover dit die gemiddelde van ’n enkele teelwaarde betref. Die eienskappe kan nie na ander aspekte van ’n individuel­e dier se teelwaarde oorgedra word nie. Dit lei dus nie na hoërvlakst­atistieke wat die verspreidi­ng van teelwaarde­s in ’n groep aandui nie.

BLUP is slegs ’n onbevooroo­rdeelde voorspelle­r wanneer die regte model gebruik word om die voorspelli­ng te maak. In evolusionê­re biologie en ekologie word dit egter dikwels gebruik om te toets vir teelwaarde­s wat as te ingewikkel­d beskou word om vasgevang te word deur die model wat vir die voorspelli­ng gebruik is. Toetse vir genetiese differensi­asie waar verskille in die voorspelde teelwaarde gebruik word, is nie bevooroord­eeld ten gunste van genetiese eenvormigh­eid nie, maar wel sover dit die vind van genetiese verskille betref, selfs al bestaan daar net omgewingsv­erskille.

Die groot hoeveelhei­d foutiewe voorspelli­ngs en ingewikkel­de patrone van afhanklikh­eid in voorspelde teelwaarde­s word normaalweg nie in ag geneem wanneer onsekerhei­d gekwantifi­seer word nie.

Die geldigheid van hierdie kritiek word nie wyd aanvaar nie, tog raai ons boere af om BLUP in die toekoms te gebruik as ’n instrument om afleidings te maak ten opsigte van ekologie en evolusionê­re biologie.

Bykomstige probleme duik met die toets van aannames, omdat BLUP dikwels as onafhankli­k beskou word.

Die gebruik van BLUP het tot verkeerdel­ik hoë vlakke van statisties­e beduidendh­eid gelei. Dit is daarom gesien as biologies beduidend ten spyte van klein effekgroot­tes.

Die agt bladsy lange dokument waaruit aangehaal is, verwys na 50 wetenskapl­ike publikasie­s.

 ??  ?? Ramme van die Normandy-stoetery naby Graaff-Reinet. Mnr. Lionel de la Harpe en sy seun, Jean, mik na ’n balans tussen gewig, karkasgeha­lte en struktuur, asook gehaltewol.
Ramme van die Normandy-stoetery naby Graaff-Reinet. Mnr. Lionel de la Harpe en sy seun, Jean, mik na ’n balans tussen gewig, karkasgeha­lte en struktuur, asook gehaltewol.
 ??  ?? Prof. Frikkie Neser
Prof. Frikkie Neser
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Lionel de la Harpe
Mnr. Lionel de la Harpe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa