REEKS 5, EPISODE 3
NEIL DRY, president van die Suid-Afrikaanse Varktelersgenootskap, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, het nooit gedink hy sou met varke boer nie. Die Niemen-stoetery naby Magaliesburg is egter in 1997 met net ses wit sôe en een Landras-beer begin en opgebou tot ’n veelbekroonde varkboerdery, waaronder eerste plekke in SA Stamboek se kompetisie vir varkstoeterye.