Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

BAKKIES BRAAI!

Die voormalige Springbok Bakkies Botha het begin boerewors maak toe hy van 2011 tot 2015 in Frankryk vir Toulon rugby gespeel het, en ’n plan moes beraam om meer bekostigba­re vleis in die hande te kry. Mettertyd het dit ’n tradisie geword om Woensdagaa­nde die vuur aan te steek saam met ander groot rugbyname, onder andere Bryan Habana, Jonny Wilkinson, Matt Giteau, Drew Mitchell, Carl Hayman en Juan Fernandez Lobbe. Bakkies boer deesdae self met beeste en wild in Limpopo, en bemark nou sy boerewors by rugbywedst­ryde en deur sy webwerf, www.bakkiesboe­rewors.com

 ?? FOTO: MICHELLE VAN DER SPUY ??
FOTO: MICHELLE VAN DER SPUY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa