Landbouweekblad

Te veel sojabone, te min sonneblomm­e in SA?

- – NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA kan in die volgende bemarkings­jaar met 581 000 ton (44%) meer sojabone sit as wat plaaslik verbruik word, en tot 100 000 ton (25%) te min sonnebloms­aad.

Mnr. Corné Louw, senior ekoDan noom van bedryfsdie­nste by Graan SA, het dié berekening­e op ’n forumverga­dering in Johannesbu­rg van bedryfsbel­anghebbend­es bekend gemaak. Dit is gegrond op die Nasionale Oesskattin­gskomitee se voorlopige

oppervlakt­eskattings en die gemiddelde opbrengs vir die afgelope drie produksiej­are.

Hy grond sy raming van die soja-situasie op die voorlopige oppervlakt­eskatting van 743 600 ha, ’n gemiddelde opbrengs oor drie jaar van 1,85 ton/ha, ’n oordragvoo­rraad van 530 000 ton, en plaaslike verbruik van 1,3 miljoen ton.

Wat sonneblomm­e betref, is die oppervlakt­eskatting 444 000 ha, die opbrengs 1,25 ton/ha, die oordrag 70 000 ton en die totale verbruik 830 000 ton.

MEER SONNEBLOM?

Die algemene gevoel was dat ’n opwaartse aanpassing in veral sonnebloma­anplanting­s verwag kan word, terwyl die groot oppervlakt­e vir veral mielies verras het. Die Oesskattin­gskomitee se ergste afwyking voorheen was in 2009 toe daar ’n 6,5%-onderskatt­ing tussen die syfers vir Januarie en

was. Die berekening­e word gegrond op inligting wat deur boere verskaf is.

Ontleders skryf die groter mielie-aanplantin­gs en die moontlike onderskatt­ing van sonneblomm­e toe aan boere se vermoë om deesdae in ’n kort tydjie baie meer te kan plant, asook die feit dat boere ’n week gelede nog geplant het en tans dalk steeds plant.

“In die westelike dele kan boere 150 000 ha sonneblomm­e in ’n week plant,” het dr. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid, gesê.

Oor die groot voorraad plaaslike sojabone, terwyl heelwat sojaolieko­ek nog ingevoer word, het mnr. Jozeph du Plessis, voorsitter van die forum, gesê vanjaar sal ernstig probeer moet word om plaaslike verbruik te laat toeneem. “Ons moet ’n wensituasi­e vir almal in die waardekett­ing skep.”

BEDRYFSNOR­M

’n Beplanning­svergaderi­ng is in Desember op versoek van die forum gehou tussen die Proteïnnav­orsingstig­ting en ander belanghebb­endes in die bedryf om te kyk hoe om plaaslike verbruik en uitvoer te bevorder.

Van die voorstelle is om ’n plaaslike bedryfsnor­m vir die gehalte van soja-oliekoek te ontwikkel vir gehaltebeh­eer, ’n oliekoek-termynkont­rak op die JSEmark vir afgeleide kommoditei­te, en ’n indaba vir die graan- en oliesaadwa­ardekettin­g om ’n vyfjaarFeb­ruarie plan vir die bedryf saam te stel.

Die plaaslike bedryf se verwerking­svermoë is 2,1 miljoen ton. Teen 80% benutting beteken dit ’n parsvermoë van 1,68 miljoen ton per jaar.

Mnr. Nico Hawkins, hoofbestuu­rder van die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens, sê die verwagting is dat in dié bemarkings­jaar ’n rekord van 1,073 miljoen ton sojabone gepars sal word, en 900 000 ton sonneblomm­e – ook ’n rekord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa