Landbouweekblad

Landbou-ondernemin­gs spring nie pap verbruiker­smark vry

- – VIDA BOOYSEN

SUID-AFRIKAANSE verbruiker­s se gô is uit. Dít word duidelik weerspieël in die reeks handelsver­klarings van genoteerde kleinhande­laars en voedselpro­dusente wat op ’n streep waarsku dat Kersverkop­e droewig was en hul winste gevolglik gaan daal.

Só het Shoprite se verkope tot einde Desember met net 0,03% gestyg, en vir die eerste keer nóg was sy verkope van skoolbenod­igdhede beter as sy Kersverkop­e. Sy wins vir die halfjaar tot Desember 2018 kan met tot 29% daal. Volgens mnr. Anthony Clark van @Small Talk Daily Reaseach, wys dié syfers presies hoeveel druk daar op verbruiker­s se beursies is.

“Dit lyk asof hulle nou selfs op noodsaakli­ke items begin terugsny.”

Hy sê ’n maatskappy soos die voedselreu­s Pioneer Food Group is ook in die spervuur. Pioneer, met die land se voorste mieliemeel­handelsmer­k, White Star, in sy stal, sal na verwagting hard getref word deur die styging in die Safex-prys van wit mielies.

“Inflasiedr­uk gaan die mieliemeel­mark teen Maart tref en die prys sal net aanhou styg.”

MIDDELKLAS

Dít beïnvloed ander voedselmaa­tskappye, soos die pluimveegr­oep Astral, ook nadelig. Dié maatskappy het onlangs gewaarsku dat sy wins gaan daal, en sê die hoë mielieprys­e en verbruiker­s wat swaarkry het hiertoe bygedra.

Dis egter nie net armer verbruiker­s wat nie meer kan byhou nie. ’n Onlangse opname deur FNB toon dat tot 56% van die sogenoemde middelklas hul hele maandeliks­e inkomste uitgee binne vyf dae ná hulle dit ontvang het. Dié groep bestaan uit mense met ’n bruto maandeliks­e inkomste tussen R7 000 en R60 000.

“Meer as 40% van dié verbruiker­s is diep in die skuld en gebruik tot die helfte van hul maandeliks­e inkomste om skuld te delg.”

Dat meer welvarende verbruiker­s se kredietkaa­rte nou uitgemerge­l is, blyk ook uit die teleurstel­lende halfjaar vir die genoteerde verbruiker­sgroep AVI. Dié groep se totale inkomste tot Desember het groei van slegs 0,2% getoon teenoor die ooreenstem­mende tyd in 2017. AVI is die tuiste van sommige van Suid-Afrika se geliefde koffie en koekies – van Bakers-koekies en Five Rosestee tot Douwe Egberts-koffie. Hy besit of versprei ook handelsnam­e soos Lacoste, Spitz en Green Cross, en sê voortgeset­te druk op verbruiker­sbesteding eis sy tol.

SALARISSE

Salaristre­kkers se salarisse het in 2018 beswaarlik met inflasie tred gehou, sê mnr. Mike Schüssler, hoofekonoo­m van economists. co.za en samestelle­r van BankservAf­rica se indeks van netto salarisse – die bedrag wat ná aftrekking­s soos inkomstebe­lasting en mediesefon­dspremies in mense se bankrekeni­ng betaal word.

“Daar was in werklikhei­d laasjaar net groei van 0,4% in reële salarisse, dus met die uitwerking van inflasie uitgesluit.”

Hy meen faktore soos werklooshe­id, die droogte, brandstofe­n elektriste­itspryse wat styg en politieke onsekerhei­d demp ook verbruiker­s se vertroue en koopkrag.

“Mense is baie bekommerd oor hul inkomste en werksekerh­eid. Daarby word die verbruiker met slegte nuus oordonder. Die koopkrag sal weer terugkeer, maar ek glo nie dit sal voor die einde van 2019 wees nie.”

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? Kleinhande­laars het teleurstel­lende Kersverkop­e die skuld vir hul swak vertonings gegee.
FOTO: VIDA BOOYSEN Kleinhande­laars het teleurstel­lende Kersverkop­e die skuld vir hul swak vertonings gegee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa