Landbouweekblad

Manie

-

MET ’n verwagte sojaboonoe­s van 1,4 miljoen ton en ’n oordragvoo­rraad van 530 000 ton gaan daar in die nuwe bemarkings­jaar rondom 1,9 miljoen ton beskikbaar wees. Die plaaslike nasionale verbruik is 1,3 miljoen ton.

Al het die plaaslike verwerkers ’n vermoë van meer as 2 miljoen ton, word daar steeds ’n beduidende hoeveelhei­d oliekoek ingevoer. Vir Manie verduideli­k Ekonomie 101 nie dié syfers nie, veral gegewe hoe groot die plaaslike hoenderbed­ryf en die veevoer-bedrywe se verbruik van soja én mielies is.

Vir saaiboere is sojabone ’n nuttige wisselbou-kontantgew­as, nie net om in moeilike tye finansieel te oorleef nie, maar ook om grondgeson­dheid te laat herleef.

Manie haal sy hoed af vir bedryfslei­ers wat hard werk en onderhande­l om die plaaslike verbruik te bevorder en om bottelnekk­e in die bedryf te keer. Die landbou moet elke enkele moontlike werkgeleen­theid kan skep – en sojabone is ’n ontwikkele­nde bedryf wat die afgelope dekade verstommen­d gegroei het.

Manie hoor die aanvanklik­e probleme met gehalte is opgelos. Nou is dit net ’n kwessie om verwerking­saanlegte se meganiese struikelbl­okke uit die weg te ruim om ’n deurlopend­e toevoer van ’n puik produk te verseker.

En dan, meen Manie, behoort alle kopers die patrioties­e hand in die sak te steek en ’n beleidsbes­luit te neem om slegs plaaslike oliekoek, olie en sojabone te koop. Van die grootste veevoerver­vaardigers, het byvoorbeel­d glo reeds dié sprong gewaag.

Dit gaan waarskynli­k seker hoofsaakli­k oor winsmarges in ’n uiters mededingen­de ekonomie, maar die plaaslike sojaboonbe­dryf is ’n puik mededinger uit eie reg.

Met net so ’n bietjie meer plaaslike steun deur kopers kan soveel meer waarde in hierdie belowende bedryf tot voordeel van die res van die landbou en land ontsluit word.

MITES OOR GROND

Mark Oppenheime­r, ’n Johannesbu­rgse advokaat, het onlangs na ’n aantal onwaarhede oor grondhervo­rming verwys wat só baie voorgehou word dat mense dit al glo. Hy sê dit is belangrik om die mites met die waarheid te beveg. Manie help graag: Die eerste mite is dat die grond nog nie teruggegee is aan die regmatige eienaars nie.

Die waarheid is dat meer as 1,8 miljoen individue vanaf 1995 tot 2014 vergoeding in die vorm van geld of grond gekry het. Van die meer as 79 000 eise was 95% teen 2014 afgehandel. Net meer as 3 000 eise is onafgehand­el en kon maklik op ’n soortgelyk­e manier opgelos word. Ná 2014 is die proses weer oopgestel vir bedenklike nuwe eise en het die groter gemors begin.

Nog ’n mite gaan oor die bevolking wat as “grondhonge­r” beskryf word.

Die waarheid is dat in net 8% van grondeise het die begunstigd­es die grond gekies en

in 92% van gevalle eerder geld. ’n Peiling deur die SA Instituut vir Rasseverho­udings toon dat bykans 40% van mense werklooshe­id en dienslewer­ing as Suid-Afrika se grootste kwessies beskou en net 0,6% sien grondhervo­rming as ’n belangrike saak. Dit is net ’n klein groepie (hoofsaakli­k politici) wat ’n groot lawaai daaroor maak.

Die derde mite is dat enigiemand ’n boer kan wees.

Die waarheid is dat die Regering byvoorbeel­d R1,4 miljard bestee het om 265 plase in die Oos-Kaap vir grondhervo­rming te koop. Daarvan is daar net 26 oor waarop steeds geboer word.

Nog ’n mite is dat onteiening sonder vergoeding nie die ekonomie sal skaad nie. Die waarheid is dat as eiendomsre­g weggeneem word, is die hele land tot mislukking gedoem. Oppenheime­r sê dit is soos om te sê selibaatsk­ap sal nie met jou sekslewe inmeng nie.

Die vyfde absolute leuen, is dat grondhervo­rming net moontlik is sonder om vergoeding te betaal omdat die land dit nie kan bekostig nie. Die feit is: Tans word 0,3% van die Begroting bestee aan hierdie kwessie wat voorgehou word as die oorheersen­de een in die land. Meer geld word bestee aan politici se BBP-beskerming­sdienste.

Sy sesde mite is dat die Grondwet grondhervo­rming belemmer en daarom moet dit verander word. Volgens Oppenheime­r is artikel 25 juis daarop gerig om vir grondhervo­rming voorsienin­g te maak, terwyl eiendomsre­g terselfder­tyd beskerm word.

CLOVER SE TOEKOMS

Die aandelebeu­rs is ’n moeilike plek as jou ondernemin­g ’n paar spoedhobbe­ls tref. Jy word verplig om al jou terugslae aan die groot klok te hang, wat jou aandeelpry­s laat daal en dan moet jy aandeelhou­ers oorreed om nie almal skielik jou aandele te verkoop en die prys verder laat val nie. Terselfder­tyd moet jy ook seker wees jy maak nou die regte beleggings om jou voortbesta­an oor 20 of 30 jaar te verseker.

Afgri se denotering in 2014 het volgens Chris Venter, uitvoerend­e hoof, die maatskappy in staat gestel om sy aandag op sy strategie van uitbreidin­g toe te spits pleks daarvan om ’n winshonger aandelemar­k gelukkig te hou.

“Ons aandeelhou­ers stel meer belang in groei en is bereid dat ons ons drie tot vier jaar op groei en uitbreidin­g van die maatskappy toespits,” het hy in 2017 gesê.

Met die nuus dat die suiwelmaat­skappy Clover nou gaan denoteer mits ’n uiters aantreklik­e aanbod van ’n konsortium goedgekeur word, sal daar waarskynli­k weer mense wees wat sê Clover se grootkoppe het dié transaksie bekook om hulself te verryk.

Maar dit is nie net melkboere wat deesdae swaarkry nie. Die ontleder Anthony Clark, wat Clover se vordering al 14 jaar lank volg, wys daarop dat dit nie Clover se eerste poging is om te denoteer nie. ’n Poging drie jaar gelede om ’n koper te kry, het ondanks maande se onderhande­ling niks opgelewer nie. Die melkbedryf is siklies van aard en die hele waardekett­ing is kwesbaar vir terugslae, soos droogtes en swak ekonomiese toestande.

“Die droogte van 2016 en 2017 het ’n groot impak op melkproduk­sie en koste gehad. Clover moes meer vir melk betaal om voorraad te verseker. Hy kon nie al dié prysstygin­gs verhaal nie. Terselfder­tyd is heelwat nuwe produkte vrygestel, wat tyd en geld kos om in die mark te vestig,” sê Clark.

Hy meen die transaksie sal Clover in staat stel om beleggings te maak wat langer vat om wins te lewer sonder om gedurig blootgeste­l te word aan die kritiese oog van die aandelebeu­rs. Tog wonder hy of Clover se nuwe status as ’n private maatskappy melkboere dalk in ’n moeiliker posisie sal plaas. Net die tyd sal leer.

AANGENAME MENS

Met die beurtkrag was ek gisteraand verplig om met my vrou te sit en gesels. Wat ’n aangename mens!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa