Landbouweekblad

Boerekos: Nog ’n skeppie aartappel

-

Ek hou daarvan om aartappels op hierdie manier gaar te maak, want deur dun skyfies in die aartappel te sny voor jy dit geur, kry jy die maksimum geur in die gaar aartappel. ’n Nuttige wenk is om die aartappel op ’n lepel te sit wanneer jy dit sny. Die lepel se rand keer dat jy te diep of deur die aartappel sny.

■ 4 groot aartappels, geskrop en afgedroog

■ Olyfolie, sout en vars gemaalde swartpeper

■ 1 ui, geskil, gehalveer en in baie dun skyfies gesny

■ 2 knoffelhui­sies, geskil en in baie dun skyfies gesny

■ Spatsels water

Mosterdroo­m

■ 125 ml roomkaas

■ 15 ml suurroom

■ 15 ml heelkorrel­mosterd

■ Skeut vars suurlemoen­sap

■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

■ Gebraaide salieblare, om af te rond (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak eweredige kepe in die aartappels met ’n skerp mes (sien inleiding bo). Pak die aartappels in ’n oondbak en bedruip liggies met olyfolie. Geur goed (ook tussen die kepe) met sout en peper. Druk ’n dun stukkie ui in elke keep en plek-plek ’n dun skyfie knoffel. Spat ’n paar druppels water oor die aartappels. Bedek die bak met foelie en bak vir 40 minute.

Haal die foelie af, drup weer olyfolie oor elke aartappel en besprinkel met sout. Bak vir ongeveer 20 minute tot die aartappels gaar en die bokante bros is.

Klop al die bestanddel­e vir die mosterdroo­m goed saam en skep ’n lepel daarvan op elke warm aar-

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa