Landbouweekblad

Boereblog: Land van slagspreuk­e

Oral waar jy in Zambië ry, sien jy slagspreuk­e langs die pad wat die belangrike rol van die boer en die landbou benadruk.

-

Die slagspreuk wat my die meeste getref het, was: “Thank the farmer.” Dit is net so waar soos een van die ander slagspreuk­e wat ek ook langs die pad gesien het: “No farmer, no food, no future.”

Dit eggo die wyse woorde van mnr. Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, wat gesê het: “Dit is tyd dat ons ons manier van dink verander. Boere is nie die rede vir Afrika se armoede nie; hulle is die potensiële oplossing.”

Elke boer in Zambië bring sy kant, of dit nou die bestaans-, tradisione­le of kleinboere óf die kommersiël­e boere met hul groot plase en meganiese besproeiin­g is.

Daar het ek weer gesien hoe hard hierdie mense moet werk vir ’n klein bietjie geld, maar hulle doen dit elke dag. Hoe basies is jou lewe as jy in ’n modderhut met ’n grasdak bly, water uit ’n put met ’n tou en emmer moet trek, geen elektrisit­eit het nie en as jy jou stukkie grond met ’n handskoffe­l of -ploeg moet bewerk? Hierdie boer kweek net genoeg vir hom en sy familie, en lewe van die hand na die mond.

Die tradisione­le boere in Zambië dink anders en produseer meer as wat hulle nodig het. As daar ’n oorskot groente of mielies is, word dit met ’n fiets, donkiekar of per voet na die naaste dorp of nedersetti­ng geneem.

In die algemeen gaan dit goed met Zambië se landbou en is daar ’n groot oplewing in die produksie van groente en mielies. Die 1,6 miljoen tradisione­le boere speel die grootste rol in dié suksesstor­ie. Die regering meen as hulle gehelp kan word om op ’n meer kommersiël­e grondslag te funksionee­r, sal armoede en werklooshe­id bekamp kan word.

KLEINBOERE VERENIG

Baie min groente of vrugte word uit Suid-Afrika ingevoer omdat dié produkte plaaslik goed groei. Die Suid-Afrikaanse kettingwin­kels wat reeds flink sake doen in Zambië – soos Shoprite, Spar en Pick n Pay – plaas ál meer plaaslik geprodusee­rde aartappels, boontjies, kool, tamaties, uie, pampoen, rys, vleis en eiers op hul rakke.

Mnr. Sam Sikadzwe, ’n tradisione­le boer met wie ek naby die dorp Kapiri Mposhi in Sentraal-Zambië gesels het, sê hulle probeer saamwerk om kettingwin­kels op ’n bestendige­r grondslag van groente te voorsien. Op sy eie kan een boer nie in byvoorbeel­d Shoprite se vraag voorsien nie, maar sáám kan hulle.

Rys (bekend as mongu-rys), wat op die vloedvlakt­es van die Zambeziriv­ier in Barotselan­d gekweek word, is in winkels reg oor die land beskikbaar en word ook na buurlande uitgevoer.

Die tradisione­le boere bewerk hul lande op die chetemene-manier. Dié Bemba-woord beteken “die plek waar takke gekap is om tuin te maak”. Bosse en bome word dus uitgekap en verbrand om plek te maak vir landbougew­asse. Die plasies wissel van so groot soos 2 hektaar (60% van die boere) tot so klein soos 200 m².

HELPENDE HAND

Hoe het hulle Zambië se suksesstor­ie begin skryf? Die antwoord lê in regeringsu­bsidies vir kunsmis en saad, “propaganda”-slagspreuk­e, die vestiging van goeie infrastruk­tuur, en die beskikbaar­making van plaaswerkt­uie, soos handploeë en -skoffels. Die groot verspreide­rs van kunsmis, saad en landbouche­mikalieë het ’n groot rol daarin gespeel. Boere in elke nedersetti­ng op die platteland het deur klein winkels toegang tot hierdie produksiem­iddele.

Die Zambiese regering het reeds in 1995 die Voedselres­erwe-agentskap ingestel, wat belangrik was om groei in die landbou aan te moedig. Die agentskap moet jaarliks bepaal hoeveel graangewas­se nodig is om die land se voedselres­erwes te onderhou. Die agentskap gee dan voorkeur aan tradisione­le, platteland­se boere as hy mielies aankoop.

Elke tradisione­le boer wat ’n oorskot mielies lewer, gooi dit in sakke en los dit langs die grootpad vir die distriksra­ad om op te laai en na ’n sentrale opbergings­aanleg te neem. Niemand steel daai sakke mielies nie! Die boer los sy naam en besonderhe­de op ’n brief by die sakke, en ’n paar dae later gaan haal hy sy geld by die distrikska­ntoor. Dit verseker die boere van ’n inkomste aan die begin van elke oesjaar.

Jurie van der Walt is ’n oud-joernalis wat tans ’n heuningbos­teeprojek in die Langkloof bedryf. Hy was einde verlede jaar deel van ’n safarigroe­p wat 5 500 km deur Botswana, die Caprivi en Zambië gereis het.

 ??  ?? ’n Tradisione­le boer woeker met sy handploeg en osse om sy lappie grond te bewerk.
’n Tradisione­le boer woeker met sy handploeg en osse om sy lappie grond te bewerk.
 ??  ?? Groente word langs die pad verkoop by Landless Corner, suid van Kabwe.
Groente word langs die pad verkoop by Landless Corner, suid van Kabwe.
 ??  ?? Klein landbouwin­keltjies, soos dié een naby Choma, gee aan kleiner boere toegang tot broodnodig­e produksiem­iddele.
Klein landbouwin­keltjies, soos dié een naby Choma, gee aan kleiner boere toegang tot broodnodig­e produksiem­iddele.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa