Landbouweekblad

Hart tot hart

-

Ek wonder of daar ’n groter gevoel van onveilighe­id en onsekerhei­d is as wanneer jy die gevoel kry dat God nie in jou saak belang stel nie? Veral as “jou saak” jou tot diepe bekommerni­s stem.

Die Psalmis moes iets hiervan ervaar het, want ons hoor hom uitroep: “Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood?”

In moedeloosh­eid en angs vra hy dat God die hulpeloses tog nie moet vergeet nie (Ps. 10:1 en 12).

In Ps. 42 lees ons “dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: En waar is jou God nou?” (vers 4).

Was dit nie ook maar Marta en Maria se probleem nie? Hulle het so ’n intieme geloofsver­bintenis met Christus gehad, maar toe hul broer Lasarus siek word en hulle Hom so bitter nodig gehad het, toe gee Hy blykbaar nie ag op die boodskap wat Hy ontvang het nie. ’n Mens kry die indruk dat Marta Hom so liggies verwyt, want sy sê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie” (Joh. 11:20).

Daardie gevoel dat God nie daar is nie, is stellig die slegste gevoel wat ’n kind van die Here kan ervaar. En hy moet tog nooit toegee aan hierdie vrees nie. Christus weet immers wat verlatenhe­id is. Hy het self uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Hy was verlate, sodat ons nooit weer verlate hoef te voel nie.

Hy was verlate, sodat ons nooit weer verlate hoef te voel nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa