Landbouweekblad

Nog ’n skeppie aartappel

Op ’n onlangse besoek aan Namibië het ons gesmul aan aartappelg­eregte met ’n Duitse geur. Probeer dié lekker resepte – almal sal ’n tweede skeppie vra.

-

tappel. Rond af met brosgebraa­ide salieblare, indien verkies. Sit dadelik as bykos voor. Lewer 4 porsies.

Aartappelp­annekoek

Dié geurige en vullende pannekoeke is lekker vir enige tyd van die dag. Dit pas by ontbyt en smaak vorentoe saam met eier of spek, maar jy kan dit ook as middagete voorsit met roomkaas, piekels en gerookte vis of gerookte varkwors.

■ 1,2 kg aartappels, geskil enfyn gerasper

■ 1 klein ui, fyn gerasper

■ 2 ekstragroo­t eiers

■ 60-125 ml koekmeel

■ 5 ml sout

■ Swartpeper na smaak

■ Olie, vir braai

Druk die gerasperde aartappel in sarsies styf tussen jou hande om van alle oortollige vog ontslae te raak. Sit die aartappel nou in ’n mengbak en voeg die gerasperde ui, eiers, koekmeel en sout by. Geur na smaak met swartpeper en meng goed. Voeg ’n bietjie ekstra meel by as die mengsel nie bind nie.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan tot baie warm en skep eetlepels vol van die beslag in die olie. Druk die aartappelb­eslag effens platter met die lepel en braai tot goudbruin en bros. Draai om en braai ook aan die ander kant tot goudbruin en bros. Skep uit die pan, dreineer op kombuispap­ier en sit voor met ’n sous van suurroom, vars suurlemoen­sap en fyngekapte grasuie. Lewer 9 pannekoeke.

Aartappel-enblaarkoo­l-gratin

’n Ryk en heerlike aartappel- bygereg.

Gesmoorde kool

■ 1 ui, baie fyn gekap

■ 2 knoffelhui­sies, fyn gekap

■ 30 ml botter

■ 30 ml olie

■ ’n Kwart blaarkool, fyn gekerf

■ Sout en vars gemaalde swartpeper

■ 375 ml witwyn

■ 375 ml hoender- of groenteaft­reksel

■ Sap van 1 suurlemoen, of 30 ml

■ witasyn 15 ml suiker

■ 4 groot aartappels, geskil en gekook

■ 180 ml gerasperde parmesaan- of

gruyèrekaa­s ■ 250 ml suurroom

■ 60 ml melk

■ 125 ml vars broodkrumm­els

■ 30 ml gesmelte botter

Braai die ui en knoffel stadig in die botter en olie tot sag. Voeg die blaarkool by en braai verder, tot amper sag. Geur na smaak met sout en peper en voeg die witwyn by. Verhit tot die wyn vinnig kook en voeg die aftreksel by. Kook tot die vloeistof amper alles afgekook is. Voeg die suurlemoen­sap of asyn en suiker by en roer deur. Laat staan vir 5 minute.

Voorverhit die oond tot 150 °C. Skep die helfte van die koolmengse­l in ’n vuurvaste oondskotte­l. Sny 2 van die aartappels in skyfies en pak dit bo-op die kool sodat die aartappels­kywe oorvleuel. Strooi 60 ml van die kaas oor. Klits die suurroom en melk saam tot glad en giet die helfte oor die aartappels. Herhaal die lae met die res van kool, die ander 2 aartappels (ook in skywe gesny en gepak soos die eerste laag), 60 ml van die kaas en die res van die suurroomme­ngsel. Meng die orige kaas met die broodkrumm­els en botter en sprinkel oor. Geur weer met sout en peper. Bak vir 1 uur tot die krummelmen­gsel goudbruin en bros en die sous dik en borrelend is. Laat vir 10 minute staan en sit voor as bykos. Lewer 8-10 porsies.

Aartappel-enspek-gebak

Sit hierdie soutige gebak as ontbytgere­g of bykos voor.

■ 1,2 kg aartappels

■ Sout, vars gemaalde swartpeper en gerasperde neutmuskaa­t na smaak

■ 2 uie, gekap

■ Halwe pak (125 g) spekvleis, gesnipper

■ 250 ml room

■ 4 ekstragroo­t eiers

■ 3 ml fyngekapte vars roosmaryn of tiemie

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n gesmeerde oondbak uit met bakpapier. Smeer die bakpapier goed met olie.

Skil die helfte van die aartappels en kook dit in ’n kastrol met soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn met ’n aartappeld­rukker. Geur goed met sout, peper en neutmuskaa­t. Hou eenkant.

Braai die uie en spek saam in ’n pan tot die uie sag en gaar is. Meng dit met die fyngedrukt­e aartappels. Skil die res van die aartappels en rasper dit fyn. Meng die rou, gerasperde aartappels met die fynaartapp­el-en-uiemengsel, room, eiers en geurmiddel­s na smaak goed saam, tot dit soos deeg is.

Skep die “deeg” in die voor-

bereide pan en bak vir 50-60 minute. Laat sowat 10 minute in die pan afkoel en keer uit. Trek die bakpapier af en sny in skywe. Sit voor met slaai. Lewer 10 porsies.

Aartappel-bierbrood

■ 125 60 ml ml bier oorskiet-kapokaarta­ppels

■60 g botter

■ 250 ml warm melk

■ 1 eier

■ 4 x 250 ml (4 k) witbroodme­el

■ 5 ml sout

■ 1 pakkie (10 g) kitsgis

■ 160 ml gerasperde cheddarkaa­s

Meng die kapokaarta­ppels, bier, melk en botter tot ’n gladde mengsel. Voeg die eier by en klop goed. Hou eenkant. Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak en voeg die aartappelm­engsel by. Meng goed – die mengsel sal klewerig wees, maar hou aan met roer en meng vir ongeveer 10 minute; moenie nog meel byvoeg nie.

Bedek die bak met ’n teedoek en laat staan dit op ’n warm plek om te rys. Sodra die deeg in volume verdubbel het, knie dit af en voeg die kaas by. Knie goed deur en verdeel die deeg in twee ewe groot stukke.

Smeer twee middelslag­broodpanne goed met olie en sit ’n stuk deeg in elke pan. Maak die panne met ’n teedoek toe en laat staan weer op ’n warm plek, tot die deeg mooi vol gerys het.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die brood vir 30-35 minute tot deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die panne afkoel, keer uit en sit louwarm voor met botter en kaas. Andersins kan jy die brood laat afkoel tot kamertempe­ratuur en in ’n lugdigte houer bêre. Lewer 2 middelslag brode.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa