Landbouweekblad

VERTIKALE BOERDERY: GROEI OP PAD

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die prys van die invoer van vertikale boerderyte­gnologie deur die ondernemin­g Vertical Farming van Woodmead in Johannesbu­rg het die afgelope 12 maande met bykans 35% gedaal. Mnr. Kobus Venter, uitvoerend­e hoof van die ondernemin­g, sê ’n deel van dié daling kan aan die sterker rand toegeskryf word, maar die grootste deel is danksy ’n daling in die koste van LED-tegnologie van die groeiligte.

“Die binnenshui­se groeiligte, wat ’n baie duur tegnologie is, raak al hoe goedkoper. Ons bou skeepshoue­r-hidroponik­astelsels in Suid-Afrika en voer die ligtoebeho­re en -drywers in. Die betrokke tegnologie raak ook ál doeltreffe­nder. Die bedryfskos­te van die stelsels maak dus al hoe meer sin.

“Daar is nog nie veel plaaslike boere wat kommersiee­l vertikaal boer nie omdat die koste tot dusver te hoog was. Die voordeel daarvan om die koste van koelkamer-opberging en vervoer uit te skakel omdat jy op jou verbruiker­smark se voorstoep kan boer, die verlaagde koste en bekostigba­re bedryfskos­te kan meebring dat ons taamlike groei in die oprigting van dié soort boerderye in die volgende 12 tot 24 maande kan sien,” sê Venter.

By die Westwood Village-inkopiesen­trum op Boksburg is daar ’n skeepshoue­r-boerdery opgerig. Die boer hoef nie verder as 300 m na ’n supermark of restaurant te loop om sy produkte soggens af te lewer nie.

“Tans is krulblaark­ropslaai die grootste produk in daardie boerdery, maar daar word ook met kruisement en basiliekru­id geëksperim­enteer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa