Landbouweekblad

DORDRECHT / MERINO R90 000

-

Vyf ramme is op die jaarlikse produksiev­eiling van mnre. Peter en David Cloete se Merinostoe­tery Pine Grove naby Dordrecht teen R40 000 stuk en méér verkoop. Die duurste ram is teen ’n puik prys van R90 000 aan die Wiehahnges­in van Dordrecht verkoop. By die ram is, van links, mnre. David Cloete, Brandon Leer, afslaer, me. Beth, mnr. Grant en me. Abby Wiehahn, mnre. Peter Cloete, Gary Trethewey van BKB en Wete Charlie, hanteerder. Ramme het gemiddeld R13 615 behaal (teenoor R18 642 verlede jaar) en ooie gemiddeld R1 571 (teenoor R2 053 verlede jaar). BKB het die veiling aangebied.

 ?? FOTO: GAVIN ISTED ??
FOTO: GAVIN ISTED

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa