Landbouweekblad

RHODES / MERINO / R67 000

-

Merinoramm­e wat op die boeregroep Tussen Berge se produksiev­eiling op die plaas Roodepoort naby Rhodes aangebied is, was in goeie kondisie ondanks die droogte en het derhalwe puik pryse behaal. Die groep bestaan uit mnre. Francois Pretorius, Frikkie en Jannie Schlebusch, Francois Nel, Stephanus en Peet Naudé, en Cobus Botha. Die duurste ram is teen R67 000 aan mnr. Cobus Botha van die Benvale-boerdery, Barkly-Oos, verkoop. By die ram is, van links, mnre. Danie Strauss, afslaer, Botha, Pretorius, verkoper, en Henri Naudé van BKB. Die naasduurst­e ram is teen R52 000 aan mnre. Stephanus en Peet Naudé van Barkly-Oos verkoop. Ramme het gemiddeld R13 349 behaal, ooie gemiddeld R1 881 en hamels gemiddeld R1 396. BKB het die veiling aangebied.

 ?? FOTO: GAVIN ISTED ??
FOTO: GAVIN ISTED

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa