Landbouweekblad

SWAK EKONOMIE STUIT KOPERS NIE

- — JOHAN NORVAL

Nieteensta­ande die swak ekonomiese toestande, is die vraag na uitstekend­e Arabierper­de steeds goed, sê mnr. Jack Maritz, veteraan-teler van die Sidi-Arabierper­dstoetery van Upington.

Dit lyk asof kopers hul hande diep in die sak steek vir potensiële kampioene.

Op Maritz se veiling verlede November is 15 Arabiere van sy stoetery en dié van sy neef, mnr. Fanie Maritz (Shaheer-Arabiere, Upington), aangebied.

Merries van vier jaar oud (waarvan twee dragtig was) het gemiddeld R66 300 behaal.

Jaaroudhin­gste is teen gemiddeld R24 000 verkoop. Twee van die drie uithourit-reuns van Egiptiese bloedlyne wat aangebied is, het hoë pryse van R50 000 en R32 000 behaal.

Maritz ondervind belangstel­ling van oor die hele Suid-Afrika en vanuit Namibië.

Vir hom beteken ’n Arabier van gehalte ’n dier met die regte konformasi­e en “’n perd wat ongetwyfel­d as die Arabier-tipe uitgeken kan word”.

Hy sien ’n afname in die vraag na middelmati­ge diere.

Die Arabierper­dtelersgen­ootskap van Suid-Afrika het die afgelope tyd ook ’n afname in sy ledetal tot net meer as 500 beleef.

Een van die redes wat daarvoor aangevoer kan word, is die feit dat deelname aan uithouritt­e nie verpligte lidmaatska­p vereis nie.

Een van die groot geleenthed­e wat vir die ras op 2 tot 4 Mei by Upington voorlê, is die Twee Nasies-kampioensk­ap wanneer ruiters van Namibië teen plaaslike ruiters meeding.

Intussen het die inskrywing­s vir Perd van die Jaar-kampioensk­ap, waaraan kampioene van verskeie perderasse tussen 19 en 24 Februarie by die Afridome op Parys deelneem, gesluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa