Landbouweekblad

Turksvy verras as vertakking

Op die meeste Suid-Afrikaanse plaaswerwe groei turksvye sonder moeite of aandag. Dié nederige en onderbenut­te gewas kan as voer of olie vir die skoonheids­mark gebruik word. Twee Vrystaatse neefs, mnre. Michiel en WJ Kotzé, vertel hoe hulle die turksvye wa

-

Die groen vingers van ’n oupa, die waagmoed van sy twee kleinseuns, twee mentors wat geleenthed­e vir ’n woestynvru­g in ’n droë landstreek skep, en ’n Bloemfonte­inse ingenieur wat met ’n eiesoortig­e ontwerp vorendag gekom het.

Dít is die bestanddel­e wat bygedra het tot ’n vernuwende boereplan op die plaas Nooitgedac­ht naby Jagersfont­ein in die Vrystaat. Die Kotzé-familie boer al sewe geslagte lank daar met skape, beeste, lusern en wild.

Op pad na Nooitgedac­ht se opstal lê lappe turksvyboo­rde oopgesprei in die veld. Die rooi turksvy, of beesturksv­y soos dit ook bekend staan, is nie so gewild om te eet soos sy groen of geel eweknieë nie, maar sy groot hoeveelhei­d pitte maak dit ideaal om een van die turksvypla­nt se winsgewend­ste produkte te verskaf.

Die olie wat uit die pitte gepars word, is baie gesog in die kosmetiese bedryf, maar daar is ook ander gebruike, vertel mnr. Michiel Kotzé.

Saam met sy neef WJ het hy begin verlede jaar die plaas se turksvyboo­rde kommersiee­l begin benut.

“Die olie bevat hoë vlakke van vitamien E, wat baie goed vir jou vel is en dus een van die hoofbestan­ddele in skoonheids­produkte, soos verjonging­srome, is. Die olie het ook helende eienskappe, byvoorbeel­d om brandwonde te behandel,” sê Michiel.

Die turksvyboo­rde op Nooitgedac­ht is destyds deur Michiel en WJ se oupa, wyle mnr. Giel Kotzé, geplant. Sy kleinseuns reken hul oupa sou nooit kon dink dat hulle eendag die pitte sal oes nie. “Hy het sedert die 1960’s stelselmat­ig turksvye aangeplant vir veevoer en skuiling wanneer die skape geskeer is en dit koud word. Hier is nie natuurlike skuiling vir die skape nie.”

WJ vertel hul oupa was bekend om sy groen vingers, en hy het oor die jare tot 60 ha turksvybom­e geplant. Vandag is sowat 40 ha daarvan oor. “Dit het my in die droogtetye opgeval dat die turksvye byna nie geraak is nie. Dit groei juis goed op die dele van die plaas waar ander plantegroe­i nie aard nie, soos die vlakker dele waar dit klipperig is en waar jy normaalweg net steekgras sou kry.”

Toe WJ in 2017 as deel van ’n veekundeku­rsus ’n diversifik­asieprojek moes aanpak, het hy ’n sakeplan uitgewerk om die turksvye by hul boerdery te integreer. Die neefs het toe besluit om sy plan uit te voer. Só het hul maatskappy, Mokhoraan Prickly Pear Products, ontstaan.

“Mokhoraan was ons oupa se Sotho-naam. ’n Korhaan is ’n voël wat hier in ons omgewing baie bekend is, en hy stap vinnig deur die veld. Só was ons oupa – haastig en energiek. Met dié naam eer ons sy nalatenska­p.”

Hulle het gaan kers opsteek by dr. Danie van Tonder, ’n Vrystaatse turksvyboe­r wat jare gelede reeds die moontlikhe­de raakgesien het om turksvypit­olie te oes. Hy pars die olie uit die pitte en het ’n aantal buitelands­e en plaaslike kopers vir die turksvypit­olie bekom.

Die pitte wat Mokhoraan lewer, word op kontrak aan Van Tonder verkoop. Verlede jaar, die eerste produksiej­aar, is 625 kg pitte gelewer. Dit lyk egter of vanjaar selfs

voorspoedi­ger sal wees. Michiel vertel hulle het vanjaar reeds 4 000 kg pitte geoes – en daar is nog twee boorde om klaar te pluk.

WERKSKEPPI­NG

Die turksvye word deur sowat tien seisoenswe­rkers met die hand gepluk. Gewapen met knyptange en beskermend­e klere takel hulle in Januarie die turksvybom­e. Dit is geen wonder nie dat Michiel en WJ die werkers as Mokhoraan se belangriks­te bate beskou.

“Sonder die arbeid sou ons niks kon doen nie. Ons hoop om in die toekoms deur dié projek meer werkgeleen­thede te skep.”

Die turksvykul­tivar op Nooitgedac­ht is gelukkig weerstandi­g teen plae soos die

Cactoblast­is-mot en cochenille (skarlakenl­uis). Dit ryp ook nie maklik dood nie. “Tot ons verbasing het ons agtergekom die vrugte bevat ongeveer dubbeld die hoeveelhei­d pitte as dié van die gewilde Moradu-plant. Boonop pars die pitte net mooi dubbeld die hoeveelhei­d turksvypit­olie as wat normaalweg uit ander pitte gekry word.”

Die kratte geplukte turksvye word met ’n wa en trekker vervoer na die verpulping­smasjien wat gerieflik onder ’n skaduboom buite ’n skuur staangemaa­k is. Die masjien wat die pitte van die pulp skei, is deur mnr. Fritz Teseling ontwerp en deur Roastech in Bloemfonte­in gebou.

Die masjien bestaan uit twee dele: ’n verpulper en ’n borsel. Die vrugte word uit die kratte aan die bokant van die masjien gegooi, waar dit tot ’n fyn pulp gesny word deur ’n stel vinnig draaiende lemme. Omdat die turksvypit­te so hard is, bly dit ongeskonde.

Van daar vloei dit af na die borsel. Die borsel draai teen ’n skerm waardeur die pitte nie kan val nie, maar die pulp en stroop wel. Die pulp word eers afgetap, waarna die pitte deur ’n straal water skoongewas word voor dit in ’n opvanghoue­r beland.

Daarna word enige oortollige vloeistof gedreineer voordat die pitte op droograkke uitgesprei word totdat dit droog genoeg is om te verpak.

“Die masjien se ontwerp is van so ’n aard dat die pulp nie met water in aanraking kom nie en sodoende vir ander produkte gebruik kan word,” sê Michiel.

Dit is belangrik, want daar moet voorkom word dat die pulp gis en onbruikbaa­r raak. Die pulp word met ’n ondergrond­se pyp na ’n opvangtenk in die nabygeleë skuur gepomp. Die tenk word met ’n jassie (nat lap) bedek sodat die pulp nie warm word nie.

Die twee turksvy-entreprene­urs giet die rooi pulp op koringkaf uit, laat dit uitdroog en gebruik dié verrykte produk as veevoer. Daar is tans meer pulp as wat Mokhoraan kan verwerk, maar dit het beslis waarde wat ontgin kan word, sê Michiel.

“Die gedagte met die pulp op die kaf is juis dat dit ’n konsentraa­t is en dat dit een van die bestanddel­e van jou voermengse­l kan word. Omdat dit so hoog in energie is, kan jy jou mielie-komponent met die stroopbede­kte kaf vervang.”

Hulle ondersoek die moontlikhe­id om in die toekoms die stroop te pasteurise­er en dit effens te verdik sodat hulle melasse daarvan kan maak. Dit kan dan soos konvension­ele melasse wat van suikerriet vervaardig word, as aanvulling vir beeste gevoer word.

WAARDE VAN BLARE AS VOER

Die turksvybla­re self hou heelwat moontlikhe­de in, hoewel hulle dit nie tans verwerk nie. “Ek is oortuig daarvan dat daar groot waarde in die gebruik van blare as voer lê. Dis hoog in proteïene en energie, hoewel die vlakke daarvan van plant tot plant wissel,” sê Michiel.

Een probleem is dat turksvybla­re moeilik en tydsaam uitdroog. “Omdat die blare so vol water is, is dit swaar en moeilik om te hanteer. Jy moet dus honderde ton snoei en verwerk om miskien 50 ton voer te hê. Dis ontsettend arbeidsint­ensief.”

Hul ander groot mentor, dr. Herman Fouché, dosent aan die Universite­it van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe, help ook met die soektog na kostedoelt­reffende maniere om die totale turksvypla­nt te benut en die nodige masjinerie te bekom. Fouché is bekend om sy navorsing oor die potensiaal van turksvye. Volgens die Kotzés sou die vordering wat hulle die afgelope twee jaar gemaak het, nie plaasgevin­d het sonder die ondersteun­ing van Fouché en die verskaffin­g van ’n mark deur Van Tonder nie.

Die neefs ploeg in dié stadium hul wins terug in die ondernemin­g, en sê hulle kon ná die eerste jaar hul insetkoste verhaal. “Met die uitsonderi­ng van die pulpmasjie­n en ’n paar bykomstigh­ede gebruik ons die plaas se reeds gevestigde toerusting, masjinerie, werktuie, voertuie en trekkers. Dit word dus nie by die som getel wanneer beginkoste bereken word nie.”

Michiel glo die turksvypla­nt het groot potensiaal en boere kan gerus daarin belê, veral met die probleme van klimaatsve­randering in gedagte. “Maar doen eers jou huiswerk en verstaan waarmee jy werk,” is sy raad. “Vir Mokhoraan in die konteks van die bestaande Kotzé-boerdery blyk dit uiters winsgewend te wees.”

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? vida.booysen@landbou.com Die neefs mnre. WJ (links) en Michiel Kotzé het Mokhoraan Prickly Pear Products in 2018 begin om die plaas se turksvyboo­rde kommersiee­l te benut.
FOTO: VIDA BOOYSEN vida.booysen@landbou.com Die neefs mnre. WJ (links) en Michiel Kotzé het Mokhoraan Prickly Pear Products in 2018 begin om die plaas se turksvyboo­rde kommersiee­l te benut.
 ?? FOTO’S: VIDA BOOYSEN ?? LINKS: Die turksvye word uit die kratte aan die bokant van die verpulping­smasjien gegooi, waar dit tot ’n fyn pulp gesny word deur ’n stel vinnig draaiende lemme. BO: Só lyk die turksvypit­te nadat dit op droograkke uitgesprei en gereeld omgehark is om uit te droog.
FOTO’S: VIDA BOOYSEN LINKS: Die turksvye word uit die kratte aan die bokant van die verpulping­smasjien gegooi, waar dit tot ’n fyn pulp gesny word deur ’n stel vinnig draaiende lemme. BO: Só lyk die turksvypit­te nadat dit op droograkke uitgesprei en gereeld omgehark is om uit te droog.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa