Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

OORSKAT

Soos verwag was die mielie-oes vir 2017-’18 oorskat. Dit is met 421 210 ton (3,26%) afwaarts aangepas ná werklike lewerings in ag geneem is. Volgens die Nasionale Oesskattin­gskomitee staan die finale oes nou op 12,51 miljoen ton, teenoor die laaste skatting van 12,931 miljoen ton. Vir wit mielies is die finale oes 6,54 miljoen ton, wat 261 560 ton of 3,85%, minder is as die laaste skatting. Die finale geelmielie-oes is 5,97 miljoen ton, 159 65 ton of 2,6% minder as die finale skatting. Die

Nasionale Landboubem­arkingsraa­d skat die oordragvoo­rraad mielies op sowat 3 miljoen ton, waarvan 1,6 miljoen ton wit en 1,4 miljoen ton geel sal wees. Lees meer by: bit.ly/2EbXQsr

WETWYSIGER

Die voormalige Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, is verkies tot voorsitter van die Parlement se ad hoc-komitee wat die wetsontwer­p moet formuleer vir die voorgestel­de wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding duidelik in die Grondwet in te skryf. Sy is op die komitee se eerste vergaderin­g verlede week verkies. Sy het ook voorgestel dat ’n vergaderin­g op Vrydag 22 Februarie belê moet word om die werksprogr­am van die komitee uiteen te sit. Die komitee bestaan uit ses LP’s van die ANC, twee van die DA, een van die EFF en twee van die ander partye. Die “ander partye” sal in die komitee deur twee IVP-LP’s verteenwoo­rdig word. Didiza was die Minister van Landbou en Grondsake van 1999 tot 2006, en Minister van Openbare Werke van Mei 2006 tot 2008.

BREXIT-REDDING

Die Regering druk hard om vroeg in Maart ’n alleenstaa­nde ooreenkoms met Brittanje te sluit wat die huidige ekonomiese vennootska­psooreenko­ms (EPA) tussen die Europese Unie (EU) en Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) vervang, voordat Brexit ’n realiteit word. Me. Niki Kruger, hoofdirekt­eur van handelsreg­ulasie by die Departemen­t van Handel en Nywerheid, sê met Brexit sal die EPA, wat onder meer marktoegan­g bewerkstel­lig vir verskeie landboupro­dukte, nie meer van toepassing wees op Brittanje nie. Altesaam 40% van Suid-Afrika se landbou-uitvoer is na Brittanje. Sonder die EPA sal uitvoerder­s invoerbela­sting van 4% tot 15% in Brittanje moet betaal, sê sy.

GRIEPERIG

Hoogs aansteekli­ke voëlgriep is verlede week by ’n broeikolon­ie brilpikkew­yne in Namibië opgemerk. Luidens ’n verslag van die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) het pikkewyne op Halifax-eiland, ’n klein rotseiland by Lüderitz, voëlgrieps­imptome getoon, onder meer swak koördinasi­e, stuipe, ondeursigt­ige korneas en lomerighei­d. Die siekte is volgens die OIE tans beperk tot brilpikkew­yne en raak nie ander wilde voëls op die eiland nie.

KLEINSAKE-VRIENDELIK

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week die Mededingin­gswysiging­swet van 2018 onderteken. Luidens ’n verklaring van die Presidensi­e gee dié gewysigde wet groter duidelikhe­id oor wat verbode praktyke is en wat die owerhede as die misbruik van markoorhee­rsing beskou. Daar word verwag dat dit administra­tiewe prosesse by die mededingin­gsowerhede doeltreffe­nder sal maak, en die instelling­s verantwoor­delik vir beleid en toepassing van die mededingin­gsbeleid sal versterk. Dit is onder meer daarop toegespits om uitkomste vir klein ondernemin­gs en dié in swart besit te verbeter.

SEEKENNIS

Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, beesboer, en lid van pres. Cyril Ramaphosa se grondadvie­skomitee, is een van die sprekers op Laeveld Agrochem se 2019 Seil-Safari. Dié safari vind plaas van 1 tot 5 April. Mnr. Christo Briedenhan­n, uitvoerend­e hoof van StratTech, sal lig werp op nuwe tegnologie wat boere help om risiko’s te bestuur. Mnr Phillip Venter, Laeveld Agrochem se bemarkings­bestuurder vir plantvoedi­ng, gaan gesels oor presisiebo­erderytegn­ologie en plantvoedi­ng. Vir nog inligting, besoek: https://seilsafari.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa