Landbouweekblad

Clover-koper skrik nie vir aktiviste

- — VIDA BOOYSEN

DIE moontlike onttrekkin­g van ’n swartbemag­tigingsgro­ep aan die oorname van Clover sal nie dié multimilja­rdrand-transaksie ontspoor nie.

Hierdie versekerin­g is deur die Milco-konsortium gegee nadat dit bekend geword het dat Brimstone, wat R726 miljoen sou betaal om 15% van die nuwe maatskappy te bekom, sy betrokkenh­eid heroorweeg. Dít volg ná dreigement­e deur ’n pro-Palestynse aktivisteg­roep, BDS, dat hy ’n verbruiker­sboikot teen Clover se produkte sal instel as die transaksie voortgaan.

BDS het in die verlede reeds verskeie kere teen Woolworths betoog wanneer hy Israelse produkte op dié winkelgroe­p se rakke gevind het.

Die grootste aandeelhou­er in die Milco-konsortium is die Israelse maatskappy Central Bottling Company (CBC) met ’n belang van 59,9%.

HEROORWEEG

Milco word deur BDS van menseregte­vergrype en die oortreding van internasio­nale wette in die besette Palestynse gebiede beskuldig. Op Donderdag 7 Fe- bruarie het Brimstone, wat sterk bande met Suid-Afrikaanse vakbonde het, ’n noodvergad­ering gehou, waarna die direksie besluit het om die maatskappy se deelname aan die konsortium te heroorweeg.

“Met ons maatskappy se waardegedr­ewe identiteit in gedagte het ons kennis geneem van die wydverspre­ide woede oor Brimstone se deelname aan die voorgestel­de transaksie om die Suid-Afrikaanse maatskappy Clover te koop. Brimstone het besluit om sy rol in die transaksie te heroorweeg,” luidens ’n verklaring.

Teen druktyd kon Brimstone nog nie bevestig of hy wel kop uittrek nie.

Milco het hierna sy verbinteni­s tot die transaksie herbevesti­g, ondanks BDS se dreigement­e van verdere aktivistie­se optrede. Hy sê in ’n verklaring hy neem kennis van Brimstone se standpunt en het bygevoeg Milco verteenwoo­rdig ’n sterk groep maatskappy­e en beleg- gers wat steeds opgewonde oor die geleenthei­d is.

CBC het ontken dat hy enige fabrieke in die besette Wesoewer of Golan-hoogland het, soos BDS beweer. CBC se verspreidi­ngsentrum, wat luidens BDS se verklaring in die Golan-hoogland is, is volgens CBC in ’n nywerheids­gebied in Jerusalem geleë.

PRYSDALING

Dié verwikkeli­ng het Clover se aandeelpry­s met meer as 7% laat daal nadat dit aanvanklik stewig gestyg het danksy die nuus dat Milco R25 per aandeel aan Clover se aandeelhou­ers aanbied‒ 25% bo die vlak waarteen die aandeel voor die aanbod verhandel het. Die aanbod is deur plaaslike ontleders geloof, veral omdat Clover reeds ’n paar jaar probeer om ’n koper te kry en sy aandeelpry­s voor dié transaksie jare lank agteruit geboer het.

Teen Woensdag 13 Februarie het Clover 7,56% swakker as in die vorige week gevaar teen sowat R21,26 per aandeel.

Die Suid-Afrikaanse Regering het intussen sy steun aan die Clover-transaksie toegesê. “Indien dit deur die betrokke regulering­sowerhede goedgekeur word, sien ons niks verkeerd met die transaksie nie. Suid-Afrika is oop vir sake,” het mnr. Ndivhuwo Mabaya, woordvoerd­er van die Department van Internasio­nale Betrekking­e en Samewerkin­g, aan Sunday Tribune gesê. Hy het egter bygevoeg dat die Regering steeds saam met internasio­nale vennote werk om die Palestynse kwessie op te los.

NUWE BELEGGER

Suid-Afrikaanse vakbonde, soos die Food and Allied Workers’s Union, wat ’n paar duisend werknemers van Clover verteenwoo­rdig, het intussen gesê daar moet ’n ander ankerbeleg­ger as CBC gevind word en dat “apartheid-Israel” nie toegelaat moet word om in Suid-Afrika sake te doen nie.

Die voorgenome belegging van R4,8 miljard sal volgens ontleders nie net broodnodig­e regstreeks­e buitelands­e beleggings na Suid-Afrika bring nie, maar ook plaaslike werkgeleen­thede skep.

Die ander vennote in die Milco-transaksie is Incubev, ’n internasio­nale voedsel-en-koeldrankm­aatskappy wat 8,3% sou verkry, en Plougshare, ’n beleggings­groep met ’n belang van 8,3%. Clover se huidige uitvoerend­e bestuur neem ook ’n belang op.

’Brimstone het besluit om sy rol in die transaksie te heroorweeg.‘

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa