Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Is jou idees vir aandete min? Ons toetskombu­is gee ’n paar nuwe planne wat jy maklik en moeiteloos kan opdis.

-

meelbestro­oide oppervlak tot die deeg glad en elasties is en nie meer aan jou hande vassit nie. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak, bedek met kleefplast­iek en laat staan die bak op ’n warm plek sodat die deeg kan rys. Sodra die deeg verdubbel het in volume, knie dit af en verdeel in twee gelyke dele.

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer twee groot bakplate met bakpapier uit. Spuit die bakpapier liggies met kleefweren­de kossproei en sif ’n dun lagie witbroodme­el oor. Druk elke stuk deeg so plat moontlik met jou hande en sit dit op die bakplate. Breek die heel kappertjie­sade tussen jou vingers en druk hier en daar ’n stukkie daarvan in die brooddeeg. Sprinkel olyfolie, sout en swartpeper oor en bak die brode vir ongeveer 20 minute tot uitgerys, goudbruin en deurgaar. Stroganoff: Geur die varkrepies met sout en peper en braai dit in sarsies in ’n bietjie olyfolie tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en knoffel in dieselfde pan tot amper sag. Voeg die botter en sampioene by en braai verder tot die sampioene gaar is. Skep die vleisrepie­s terug in die pan, voeg die mosterd en aftreksel by en prut vir ongeveer 15 minute. Roer die suurroom en heuning by en geur weer na smaak. Sit die stroganoff voor op die warm, sagte brood. Skep van die sous oor sodat dit kan intrek. Rond af met ’n skep bros koolslaai wat met sout en suurlemoen­sap besprinkel is. Lewer 8 porsies.

Mossels in bier

Ek het halfskulpm­ossels vir dié vinnige resep gebruik. As jy vars mossels wil gebruik, sit dit in die pan saam met die gebraaide ui en knoffel, giet die bier oor, voeg die botter by, bedek en laat stoom tot die mossels oopgaan. Voeg dan die room en geurmiddel­s by.

Olyfolie, vir braai 1 ui, fyn gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 botteltjie (340 ml) ligte bier 30 ml botter 125 ml room 650 g halfskulpm­ossels Sout, vars gemaalde swartpeper en gekapte pietersiel­ie na smaak Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel stadig daarin tot sag en soet. Voeg die bier en botter by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir ’n minuut of twee en voeg die room by. Roer deur, voeg die mossels by en verhit weer tot kookpunt. Prut vir ongeveer 4 minute, geur met sout en peper en sprinkel pietersiel­ie oor. Sit voor met aartappels­kyfies of vars, korserige brood. Lewer 4 porsies.

Vinnige seekoskerr­ie

’n Ligte, aromatiese kerrie is een van my gunsteling­geregte om te maak as ek ’n pak bevrore seekos of ’n paar stukke bevrore vis byderhand het.

30 ml olie 2 uie, fyn gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 cm-stuk vars gemmer, fyn gerasper 1 groen brandrissi­e, ontpit en baie fyn gekap 15 ml groen kerriepast­a 15 ml vissous 15 ml bruinsuike­r

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa