Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE afgelope 14 weke het die beskikbaar­heid van Eskom se vloot kragsentra­les gewissel van 67,63% tot 61,86%, volgens dié kragmaatsk­appy se weeklikse statusvers­lag. Dit is teenoor Eskom se teiken van 80%, en die 78% wat hy aangeneem het in sy aanvanklik­e tariefaans­oek vir die volgende drie jaar. Die Nasionale Energiereg­uleerder het hom aangeraai om dié syfer aan te pas tot rondom 72%. Lede van Nersa was tydens openbare verhore oor die tariefverh­ogings egter van mening dat selfs dié syfer onbereikba­ar kan wees, gesien teen die huidige 60% beskikbaar­heid.

In die statusvers­lag wys Eskom ook daarop dat die spitsaanvr­aag vir elektrisit­eit in die vyfde week van 2019 om en by 28 880 MW was, teenoor 34 242 MW in 2018, 35 361 MW in 2017 en 34 157 MW in 2016. Eskom se maksimum netto kapasiteit, wat invoer en noodopwekk­ing insluit, is 46 292 MW, wat die maatskappy met ’n gemaklike reserwe van 17 412 MW laat.

Ten spyte hiervan is daar ’n voorsienin­gstekort van by die 4 000 MW.

Eskom se vooruitsko­uing vir die komende drie maande lyk ook nie belowend nie. Vir minstens agt uit die komende 13 weke (verlede week ingesluit) verwag Eskom dat hy nie sy reserwetei­ken sal haal nie, en moontlik ook nie die vraag nie, wat beteken beurtkrag sal hoogs waarskynli­k plaasvind. Vir die week van 6 Mei, wanneer die verkiesing plaasvind, voorspel hy ’n definitiew­e tekort, en sal beurtkrag dus ’n sekerheid wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa