Landbouweekblad

STREWE NA GEHALTEVLE­IS LEI TOT PLAAS-NA-TAFEL-SUKSES

-

Twaalf jaar gelede moes me. Olive Jonker onverwags die boerderyle­isels op Mooiuitsig, hoofsaakli­k ’n wynplaas, naby Bonnievale oorneem. Met ’n honneursgr­aad in voeding is vleisbewer­king en gehaltevle­is ’n groot voorliefde van haar, en vandag spog dié boerdery met ’n boetieksla­ghuis en ’n unieke stempel vir volle naspeurbaa­rheid op elke beesvleiss­nit. Lees in LBW van 8 Februarie 2019 hoe die plaas-na-tafel-benadering waarde tot haar en haar seun, Nicolaas, se boerdery toegevoeg het.

HANNES STANDER skryf: Welgedaan, Olive. Ons kon mos op skool reeds sien jy is ’n raakvatter en dat niks jou onderkry nie. Gimtrots op jou!

AMY MOCKE skryf: ’n Vrou duisend. Altyd ons rolmodel.

BERTO ARCHER skryf: Dis ’n ystervrou met ’n goue hart.

SUSAN SWART skryf: Olive, jy is ’n groot inspirasie vir baie mense; ’n goeie voorbeeld van iemand wat nie bly lê het ná terugslae nie, maar wat opgestaan en dit oorwin het. Dankie dat ek na jou kan opkyk en dat jy my motivering is.

ABRIE ROUX SENEKAL skryf: Well done, Olive en Nicolaas. Julle twee is ’n wenspan saam.

LYNN VOSLOO KLUE skryf: Ek glo daar is niks wat jy aanpak en nie ’n sukses van kan maak nie. Ons salute jou en jou kleingoed en het verseker die beste om by te leer.

OLIVIA JONKER SWART antwoord: Dankie, dis maar baie genade.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa