Landbouweekblad

BOERVROUE KAN MANS SÓ BYSTAAN

-

Liewe boervrou, ek is nou afgetree, maar ek verstaan die pyn van droogte en ’n man wat swaarkry so goed. Ek was baie jare lank boervrou en daarna jare lank self boer.

Ek wil graag ’n paar bemoedigen­de gedagtes aan jou meedeel en hoop dit sal jou ’n bietjie help om staande te bly.

’n Diep en intense geloof is nodig dat die Here net goed vir ons beplan. Ons sien dit nie altyd nie, maar geestelik is ons dan voorbereid om enigiets te trotseer.

Dit is so belangrik dat ons nie aan afbrekende politieke en droogtepra­atjies met ons manne moet meedoen of dit aanmoedig nie. Verbied alle afbrekende politieke en rasgedrewe gesprekke voor jou en jou kinders.

Dink mooi voor jy onnodig geld uitgee. Jou man is lief vir jou en gaan niks sê nie, maar jy plaas hom onder groot spanning.

Jou man wil áltyd jou hero wees. Wanneer hy besef dat hy weens die droogte dalk nie sal kan sorg nie, raak hy angsbevang­e. Verseker hom daagliks dat hy altyd jou held sal wees.

Kry hulp vir jouself. Moenie saam met jou man in die donker gat van moedeloosh­eid klim nie. Dit help hom niks nie. Moet hom ook nie probeer oortuig van sy geloof nie – leef jý dit net uit.

Jy is welkom om my te kontak of om ’n dag in jou gebied te reël sodat ek daar met ’n klomp boervroue kan kom gesels. Ek konsentree­r veral op jong vroue, maar almal is welkom

Sterkte daar, en mag die reën gou en deurdringe­nd kom. BENITA BEKKER E-pos: benitabekk­er@gmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa