Landbouweekblad

NEERSLAE BRING WYD VERLIGTING

- — MARISKA SPOORMAKER, ALANI JANEKE, VIDA BOOYSEN en AMELIA GENIS

GOEIE reën oor die baie droë Suid- en Wes-Vrystaat, groot dele van die Oos-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap die afgelope twee weke het boere wyd laat asemskep. Goeie neerslae het ook in groot dele van Namibië geval.

In die Oos-Kaap, waar sommige dele al vir vier tot vyf jaar onder droogte gebuk gaan, het goeie reën talle boere weer ’n mate van moed gegee.

Die meeste van hulle is dit egter eens dat die droogte nog nie gebreek is nie. Goeie opvolgreën is nodig vir veldherste­l.

By Steytlervi­lle het daar op die plaas Rietfontei­n altesaam 46 mm in die eerste naweek van Februarie geval. “Al ons damme is vol,” sê mnr. Heinie Dorfling, boer van Rietfontei­n. Saam met die reën het daar egter ook hael so groot soos gholfballe geval wat groot skade aan die huis, buitegebou­e en veld aangerig het.

Oor die naweek van 9 Februarie het ’n verdere 25 mm op Rietfontei­n geval.

NÓG REËN KORT

By Uitenhage het 20 mm tot 60 mm reën geval, maar mnr. Fransie Fourie, voorsitter van die distriksla­ndbou-unie, sê die damvlakke het nie noemenswaa­rdig verbeter nie.

“Ek dink ons het twee goeie reënseisoe­ne nodig om die veld in ’n mate te laat herstel en ons ondergrond­se waterbronn­e weer te normalisee­r.”

By me. Kate Webster van die plaas Rookwood in die distrik Queenstown het daar 100 mm geval. “Die neiging tans is dat ons bitter min reën in die lente en vroegsomer kry.”

Mnr. Gideon Greyvenste­in, voorsitter van die distriksla­ndbou-unie Barkly-Oos, sê 100 mm tot 200 mm reën is die afgelope tyd in dié streek gemeet.

“Damme begin water kry en die spruite begin loop. Die grond is egter nog baie dors, en die water sak nog weg.”

Op Manley Flats naby Grahamstad het daar die afgelope paar weke slegs ’n paar los buie uitgesak, se me. Leonie Yendall, medeboer van die plaas.

VRYSTAAT

Mnr. Johan van den Berg, Santam-klimatoloo­g, sê droogtetoe­stande kom steeds voor oor ’n deel van die Sentraal-Vrystaat by Wesselsbro­n, dele van Bothaville, Kroonstad, Senekal, Arlington en sommige plekke in aangrensen­de distrikte. “Droogteska­de kom voor op die aanplantin­gs van veral die laat aangeplant­e mielies en sonneblom,” sê hy.

Mnr. Lourens van Wyk van die plaas De Klipdrift in die distrik Sannieshof het verlede naweek 50 mm gemeet en die daaropvolg­ende Maandagaan­d nóg 30 mm. Al sy aanplantin­gs is laat gedoen, eers in Januarie.

“Ons kon tot ’n derde van die beoogde sonneblomo­es nie plant nie. Dit het eenvoudig te laat geraak,” sê hy.

Mnr. Albertus Brink van die plaas Veekraal by Hoopstad het in Januarie mielies geplant, maar net sowat 40% van die beoogde aanplantin­gs, saam met somerdekge­wasse wat nie so mooi opgekom het nie.

“Hoewel ons mielies sal groei, is die opbrengspo­tensiaal beslis

laer.” Hy sê die res van die distrik is in dieselfde bootjie.

Volgens mnr. Gys Olivier van Hertzogvil­le het daar by hom teen druktyd 30 mm tot 50 mm reën geval. Mielies het windskade opgedoen en vroeë sonnebloma­anplanting­s het doodgebran­d en moes oorgeplant word. Sedert September het hulle tot die helfte minder as hul gemiddelde reënval gehad. Boonop het ’n brand in die distrik heelwat weiding vernietig.

NOORD-KAAP

By Noenieput in die Noord-Kaap het ’n “vinnige” 106 mm vroeg in Februarie geval. Mnr. Hannes en me. Susan Bothma van die plaas Lemoenkolk sê hulle het nog nooit daar so baie water saam gesien nie. Hulle het die afgelope jaar ver minder as die gemiddelde 150 mm per jaar gekry, sê Hannes. “Verlede jaar het ons net 55 mm reën gekry. Jy oorleef dan tot die genade kom.”

’n Outydse twee duim (50 mm) reën het by Pofadder geval. Mnr. Kosie Hanekom van die plaas Shaw-se-vlei tussen Pofadder en Kliprand sê sy vrou en kinders moes ’n ompad ry om van Upington af weer op die plaas te kom.

Hulle het 7 mm tot 22 mm reën op hul plaas gemeet en van hul buurmense het 30 mm en 32 mm gekry. Daar is wel boere in dié distrik wat nog nie reën gekry het nie.

Mnr. Jim Bredenkamp van Postmasbur­g sê buiten ’n klein kol in die omgewing van Witsand waar 20 mm tot 30 mm reën geval het, het dit nog nie juis daar gereën nie.

“Hier is mense wat hierdie somer nog nie 10 mm reën gehad het nie. Die omgewing lyk bitter aardig vir hierdie tyd van die jaar.”

 ?? FOTO: MICHELLE HANEKOM ?? Water spoel oor die Kliprandpa­d by Pofadder ná sowat 50 mm reën geval het.
FOTO: MICHELLE HANEKOM Water spoel oor die Kliprandpa­d by Pofadder ná sowat 50 mm reën geval het.
 ?? FOTO: SUSAN BOTHMA ?? Noenieput in die Noord-Kaap het begin Februarie tot 106 mm reën gekry.
FOTO: SUSAN BOTHMA Noenieput in die Noord-Kaap het begin Februarie tot 106 mm reën gekry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa