Landbouweekblad

VEEDIEWE BUIT EEN SA PLAAS ELKE DAG

- — LUCILLE BOTHA

MET veediewe wat daagliks sowat 178 beeste, 250 skape en 115 bokke buit, verloor Suid-Afrika gemiddeld die ekwivalent van een plaaseenhe­id per dag.

“Ons verloor 90 000 skape, 63 000 beeste en 35 000 bokke per jaar in Suid-Afrika weens veediefsta­l,” sê mnr. Willie Clack, nasionale ondervoors­itter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) en nasionale voorsitter van die Veediefsta­lvoorkomin­gsforum. Hy was ’n spreker op die RPO in KwaZulu-Natal se streekverg­adering op Dundee.

Volgens hom is Suid-Afrikaanse boere boonop baie traag om misdaad by die polisie aan te meld.

“Ons het ongeveer 159 000 gevalle per jaar, maar net 28 000 tot 29 000 daarvan word aangemeld. Wanneer dit kom by veediefsta­l in die land, is ons nie-aanmelding­skoers sowat 80%. Ons weet dus nie regtig wat aangaan nie en kan daarom nie die werklike ekonomiese impak bepaal nie, omdat ons nie die syfers het nie.”

MELDAAN

Clack sê dit is ’n wêreldwye probleem dat misdade op plase nie aangemeld word nie. Amerika, Brittanje en Nieu-Seeland se nie-aanmelding­skoerse beloop onderskeid­elik 88%, 87% en 62%. Van die redes daarvoor is dat boere dink dit is ’n mors van tyd om die misdade onder die polisie se aandag te bring, hulle meen dit is nie die moeite werd om dit aan te meld nie, hulle beskou die misdade as te nietig om aan te meld, hulle vertrou nie die polisie nie of hulle het voorheen swak ervarings met die polisie gehad.

Volgens hom het KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Vrystaat bykans altyd ’n groot probleem met veediefsta­l. “In KwaZulu-Natal word veral beeste gesteel, terwyl skaapdiefs­tal aan die orde van die dag is in die Oos-Kaap. In die Vrystaat is die aantal bees- en skaapdiefs­talle omtrent dieselfde.”

Hy is veral bekommerd oor die toename in veediefsta­l in Mpumalanga. Vergeleke met 2017 het veediefsta­l in Limpopo verlede jaar met 11% toegeneem en in Noordwes, waar veral bokke gebuit word, met 14%.

“Die Wes-Kaap het ’n baie lae persentasi­e vir beesdiefst­al – slegs 200 tot 220 beeste per jaar word in dié provinsie gesteel.”

AUSTRALIË

Clack was onlangs in Australië waar hy navorsing gedoen het oor misdade op plase.

“Daar is nie ’n groot verskil tussen die hoeveelhei­d misdaad wat op plase in Suid-Afrika en Australië plaasvind nie. Gemiddeld word sowat 26% van Suid-Afrikaanse boere deur misdaad op plase beïnvloed, en 18% van Australies­e boere.”

Volgens Clack loop Suid-Afrikaanse boere ’n raps meer gereeld deur onder diefstal van plaasmasji­nerie, inbrake en brandstigt­ing.

Die diefstal van produksiem­iddele, kwaadwilli­ge beskadigin­g van eiendom en diefstal van plaasinfra­struktuur is algemeen op Suid-Afrikaanse plase.

Australies­e boere sukkel weer meer met wilddiefst­al en onwettige jag, asook veediefsta­l.

 ??  ?? Mnr. Willie Clack
Mnr. Willie Clack

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa