Landbouweekblad

Dow DuPont-baba mik groot

- — JASPER RAATS

’N AFDELING wat boere op die hoogte hou van die nuutste handelsoor­eenkomste en residuvere­istes wêreldwyd is een van Corteva Agriscienc­e se planne om homself as ’n hoofspeler onder landbou-insetversk­affers te vestig.

Dié maatskappy is gebore uit die samesmelti­ng van die landbouche­mikalieëma­atskappy Dow en die Amerikaans­e landboureu­s DuPont. Dit funksionee­r tans as ’n afdeling die nuwe, gekonsolid­eerde maatskappy, maar sal later vanjaar as ’n onafhankli­ke maatskappy geregistre­er word.

Mnr. Igor Teslenko, Europese streekhoof by Corteva Agriscienc­e, het op ’n bekendstel­lingsgelee­ntheid van die maatskappy by Fruit Logistica in Berlyn, Duitsland, gesê die maatskappy sal hom toelê op saad en landbouche­mikalieë. Hy het reeds groot handelsmer­ke, soos Pannar en Pioneer, onder sy vaandel.

“Ons lewe in ’n tyd van oorvloed, maar tog het een uit elke nege mense op aarde nie genoeg kos om te eet nie. Boonop gaan die wêreldbevo­lking byna verdubbel teen 2050, en dít teen die agtergrond van klimaatver­andering, ’n afname in vrugbare grond en veranderen­de eetpatrone.”

REGMATIGE PLEK

Teslenko het gesê hy glo Corteva sal een van die belangriks­te landbou-insetversk­affers word.

“Ons wil bekend staan as ’n maatskappy waarop die sektor kan staatmaak vir gesonde, veilige en volhoubare landboubin­ne produkte.”

Mnr. Tom McHale, hoof van die beoogde program oor handelsoor­eenkomste en residuvere­istes, het gesê: “Ons wil hê ons klante moet voor hulle enige gewas plant, al weet watter vereistes verskillen­de markte aan hulle gaan stel. Ons wil hulle van raad en produkte voorsien om seker te maak hulle kry maklik toegang tot hul teikenmark­te.

“Ons doel is regtig om die lewe van die boer én die verbruiker te verryk, terwyl ons vooruitgan­g vir selfs die volgende geslagte nastreef.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa