Landbouweekblad

Kopers bereid om meer vir volhoubare vesel te betaal

- — FREDALETTE UYS

MET die begin van die nuwe somerbokha­arseisoen begin kopers al hoe meer hul voorkeur vir volhoubaar getoetste bokhaar toon.

In die eerste verslag oor die bokhaarsei­soen 2019 skryf mnr. Pierre van der Vyver, bestuurder van bokhaar by OVK/CMW, dat die vraag na skeersel wat as nie-volhoubaar getoets is, merkbaar laer is en gemiddeld 20% minder verdien.

Volgens hom het die somerseiso­en goed begin met goeie mededingin­g tussen kopershuis­e.

Vergeleke met die ooreenstem­mende veiling ’n jaar gelede was die prys van kleinbokki­ehaar 36% beter, dié van jongbokhaa­r 16% beter en dié van grootbokha­ar 8% beter, terwyl die wisselkoer­s dieselfde was.

Sedert die laaste veiling van die vorige seisoen in Desember 2018 bly die veilingpry­se egter onverander­d, met kleinbokki­een jongbokhaa­r wat 1% meer vedien het en grootbokha­ar wat 2% goedkoper is.

Van der Vyver skryf ook dat daar ’n duidelike verskuiwin­g in die vraag is van grootbokha­ar af na fyner tipes onder 31 mikron.

“Spesiale aandag moet in die klassering­sproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling van die grade van fynheid. Die gemiddelde verskil per mikron het tot sowat R20/kg gestyg.”

ONVERANDER­D

Van der Vyver het aan Landbouwee­kblad gesê dat die gehalte op die eerste veiling verbasend goed was. Hy sê egter dis moeilik om nou al ’n neiging te bepaal, aangesien skeerspann­e laat begin skeer het.

“Die goeie reën van die afgelo- pe week help gelukkig om die stof van die droogte te help uitwas. Dit was een van ons groot probleme verlede jaar. Die droogte veroorsaak ook dat die skeersel fyner as gewoonlik is, wat beteken die huidige rigting wat bokhaar inslaan, pas boere eintlik.”

AANBOD VERKOOP

Die volle aanbod is op die veiling verkoop, met die markaanwys­er wat op R279,92/kg gesluit het. Die beste prys van die dag – R509,10/kg – is betaal vir ’n baal somerklein­bokkiehaar van mnr. Arno de Jager van die plaas Con-

cordia naby Aberdeen. Dit het ’n veseldikte van 23,9 mikron gehad en ’n skoonopbre­ngs van 84,4%. Die beste gemiddelde prys vir die dag is ook vir sy skeersel betaal.

Volgens Van der Vyver word soortgelyk­e pryse op die volgende veiling op 5 Maart verwag. Die aanbod op die volgende twee veilings sal kleiner wees weens die vertraging van skeerspann­e uit Lesotho en die droogte.

Hy sê die bedryf se grootste probleem is die druk wat die aktivisteg­roep Peta op verwerkers en verbruiker­s van wol en bokhaar plaas.

 ?? FOTO: MARISKA SPOORMAKER ?? Angorabokk­e by Prins Albert.
FOTO: MARISKA SPOORMAKER Angorabokk­e by Prins Albert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa