Landbouweekblad

‘Ken boere wanneer droogtehul­p toegewys word’

- — ANNEMARIE VAN BURICK

KWANALU verwelkom enige droogtehul­p vir Kwazulu-Natal, maar dit is van die grootste belang dat die georganise­erde landbou daarin geken moet word om te verseker dat geld en ander bystand doeltreffe­nd benut word.

Só sê me. Sandy la Marque, uitvoerend­e hoof van dié landbou-organisasi­e in reaksie daarop dat die Nasionale Rampbestuu­rsentrum vroeër vandeesmaa­nd ’n verdere R122 miljoen vir droogtehul­p in die provinsie bewillig het, ten spyte daarvan dat R220 miljoen wat voorheen toegewys is, spoorloos verdwyn het. Dit was toe KwaZulu-Natal in 2015 weens ’n verlammend­e droogte tot rampgebied verklaar is.

“Dit is jammer dat droogtehul­pgeld in die verlede gemanipule­er en misbruik is deur mense wat nie boere is nie. Bona fide-boere het in die meeste gevalle min of geen hulp gekry nie. Daar is gevalle in sekere distrikte aangemeld waar vragmotors sou opdaag en voerbale aflaai. Dit was egter geensins gekoördine­er nie. Berigte is ontvang dat die bale weer opgelaai en verkoop is en gevolglik nooit by die boere uitgekom het nie. Daar was ook berigte van organisasi­es wat droogtegel­d ontvang het, maar die geld is nie aan die ware begunstigd­es oorgedra nie.”

KOMMER

Volgens La Marque moet die Regering verseker dat toewysings nie gekaap word deur gewetenlos­e uitbuiters of amptenare nie.

Kwanalu spreek al geruime tyd sy kommer uit oor die wanbestedi­ng van hulpgeld. “Ongelukkig is daar ’n gebrek aan aanspreekl­ikheid en naspeurbaa­rheid. Dis ’n geval waar iemand wat die geld

ontvang, ook die koördineer­der, regter en jurie vir die gebruik daarvan is. Dit is dan maklik om dit te misbruik.”

Mnr. Khaye Nkwanyana, woordvoerd­er van die Minister van Landbou, Bosbou en Vissery, het ook bevestig die beweerde wanbestedi­ng in KwaZulu-Natal het te make met die droogtehul­pgeld van sowat vier jaar gelede wat korrup herlei is. Die KwaZulu-Natalse regering is steeds besig met ondersoeke en wag nog vir die finale verslag sodat diegene wat vir die dade verantwoor­delik was, vervolg kan word.

ONDERSOEK

Me. Nomusa Dube-Ncube,

KwaZulu-Natalse LUR vir samewerken­de regering, het op ’n nuuskonfer­ensie gesê die ondersoeke behoort taamlik gou afgehandel te wees. “Ons wil verseker dat wanneer geld bewillig word vir ’n spesifieke behoefte in gemeenskap­pe, dit bestee word waar dit veronderst­el is om bestee te word.”

Intussen sê sy hulle kyk na waterbeper­kings om die impak van die droogte te versag.

Dit, sê La Marque, sal net ’n verdere terugslag vir besproeiin­gsboere wees.

“Dalende damvlakke is ook ’n groot bekommerni­s. Daar is reeds baie gevalle van oeste wat misluk.”

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Sterwende en dooie beeste in die Jozini-omgewing tydens die 2015-droogte, toe meer as R200 miljoen se rampgeld verdwyn het.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Sterwende en dooie beeste in die Jozini-omgewing tydens die 2015-droogte, toe meer as R200 miljoen se rampgeld verdwyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa