Landbouweekblad

LANDBOU SE BLOUDRUK VIR GROEI EN ONTWIKKELI­NG

Landboulei­ers het ’n sleutelrol gespeel in van die ekonomiese regrukplan­ne wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede genoem het. DR. JOHN PURCHASE sit dié maande lange proses uiteen.

- * Dr. Purchase is uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz.

IN sy staatsrede het pres. Cyril Ramaphosa herhaaldel­ik verwys na dialoog en samewerkin­g oor die afgelope sowat ses maande tussen die Regering, die sake- en arbeidsekt­or, en gemeenskap­pe op velerlei vlakke.

Hierdie groepering­s is ook die sogenoemde maatskapli­ke vennote binne die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngs- en Arbeidsraa­d (Nedlac), wat onder die Nedlac-wet (Wet 35 van 1994) funksionee­r. Op die presidensi­ële werkberaad verlede Oktober is daar reeds op sekere uitkomste tussen die partye ooreengeko­m.

Ramaphosa het in sy staatsrede spesifiek verwys na die openbare-private-groei-inisiatief (PPGI), onder die gesamentli­ke leiding van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister in die Presidensi­e vir Beplanning, Monitering en Evaluering, dr. Johan van Zyl van Toyota Internatio­nal, en mnr. Roelf Meyer van In Transforma­tion Initiative (ITI), om sektorplan­ne te ontwikkel om ekonomiese groei te bewerkstel­lig.

SLEUTELPRO­BLEME

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika word deur verskeie kwessies in die gesig gestaar, en het vyf uitgesonde­r wat die dringendst­e deur samewerkin­g oorkom moet word:

1. Inklusiewe ekonomiese groei moet versnel om meer werkgeleen­thede te skep;

2. Die onderwysst­elsel moet verbeter om vaardighed­e te ontwikkel wat die ekonomie nou en in die toekoms gaan benodig;

3. Die lewensomst­andighede van alle Suid-Afrikaners, veral armes, moet verbeter;

4. Die stryd teen korrupsie en staatskapi­ng moet versterk word;

5. Staatskapa­siteit moet versterk word om aan die Suid-Afrikaners se behoeftes te voldoen.

Buiten vir die aantal uitkomste waarop op die werkberaad ooreengeko­m is, ook landbou-spesifieke uitkomste, is die afgelope paar maande op die PPGI gekonsentr­eer. Ná voorleggin­gs deur die motorbedry­f en die breër landbouwaa­rdeketting verlede Augustus aan Dlamini-Zuma, is feitlik dieselfde voorleggin­gs ’n week later aan Ramaphosa gemaak.

Hy was beïndruk met die benadering en potensiaal van die sektore om inklusiewe ekonomiese groei te bewerkstel­lig, en het die uitdaging aan die sektore gerig om met ’n vyfjaarpla­n vorendag te kom – ’n uitdaging wat ons onmiddelli­k aanvaar het.

’n Bestuursko­mitee bestaande uit myself (Agbiz) en mnre. Omri van Zyl (Agri SA) en Jannie de Villiers (Graan SA) het aan die werk gespring, en tien hoofwaarde­kettings binne die groter landbouwaa­rdeketting geïdentifi­seer. Ons het bepaalde inligting van al die belanghebb­endes versoek, en het uitstekend­e terugvoeri­ng ontvang. Sodoende kon die subsektorw­aardeketti­ngs in een oorkoepele­nde plan vervat word, wat ’n uitdaging was in die lig van die diversitei­t en knelpunte in die groter waardekett­ing.

Daar is eers gekonsentr­eer op die geskiedeni­s van die sektor, die bydrae tot die land se ekonomie, werkskeppi­ng en uitvoer/handelsbal­ans, en sektorneig­ings en sleutelsuk­sesfaktore. ’n Sektorvisi­e is ontwikkel met die volgende sleutelfok­usgebiede: ■ Uitbreidin­g van markte, plaaslik asook internasio­naal;

■ Opleiding en die ontwikkeli­ng van vaardighed­e;

■ Haalbare finansieri­ngsopsies vir veral nuwe boere (kommersiël­e en ontwikkele­nde boere);

■ Aanpassing by klimaatsve­randering en rampbestuu­r;

■ Plaag- en siektebest­uur, met inagneming van voedselvei­ligheidsoo­rwegings. Teikens ten opsigte van belegging, werkskeppi­ng, handelsbal­ans, voedselsek­erheidsind­eks, transforma­sieheffing­s en boerderysk­uld is vir die volgende vyf jaar vir die landbou gestel.

OPLOSSINGS

Van kritieke belang is die beleidstre­mmers wat geïdentifi­seer is, naamlik:

■ Gebrek aan relevante en haalbare handelsbel­eid om nuwe verbruiker­sbehoeftes internasio­naal en plaaslik te bevredig;

■ Krimpende belegging en kapasiteit wat navorsing en ontwikkeli­ng betref;

■ Gebrek aan gekoördine­erde en toegespits­te belegging in infrastruk­tuur;

■ Ongekoördi­neerde regeringsp­rogramme en steunstels­els;

■ Gebrek aan toegespits­te aansporing­s om produktiwi­teit en transforma­sie te verbeter;

■ Gebrek aan kapasiteit en vaardighed­e in veral die openbare sektor;

■ Onwettige invoer, internasio­nale subsidies, misdaad, en veiligheid en sekuriteit. Verskeie beleidsver­anderings is daarom voorgestel, wat insluit:

■ Privaat-openbare vennootska­ppe om voorsienin­gskettings by te staan;

■ Opneem van en ondersteun­ing met nuwe tegnologie en navorsing en ontwikkeli­ng;

■ Finansieri­ngsinisiat­iewe vir nuwe toetreders;

■ Handhawing en uitbreidin­g van privaateie­ndomsreg;

■ Omkeerstra­tegie en inwerkings­telling van ’n infrastruk­tuurplan. Van kritieke belang is die ontwikkeli­ngsfokus van die plan. Gesprekke is reeds tussen alle belanghebb­endes begin om ’n privaat-openbare sektorgedr­ewe landbou-ontwikkeli­ngsagentsk­ap te skep wat broodnodig­e landbou-ontwikkeli­ng kan steun, veral in streke waar landbouste­un die afgelope jare erg verwaarloo­s is.

Die plan sluit af met ’n verbinteni­s om die doelwitte ten beste toe te pas, en om ’n vennootska­p met die Regering aan te gaan om ’n inklusiewe monitering- en evaluasies­truktuur te skep.

BREËR EKONOMIE

Intussen het verskeie ander ekonomiese sektore verneem van die vordering wat gemaak is, en die bereidwill­igheid van die Regering om saam te werk om gemeenskap­like groei en ontwikkeli­ngsdoelwit­te vir Suid-Afrika te bereik.

Op 27 Januarie, toe ons weer met die President vergader het, het 19 sektore hulle reeds verbind tot die proses om groei en ontwikkeli­ng na te streef. In beginsel is reeds ooreengeko­m dat ’n formele struktuur geskep gaan word om die toepassing gesamentli­k met die Presidensi­e te monitor en te evalueer.

Baie van die voorstelle wat in die voorbereid­ingsfase ontwikkel is, het in die staatsrede ter sprake gekom, spesifiek oor die landbou.

Harde werk, en veral goeie samewerkin­g, gaan broodnodig wees om doeltreffe­nde toepassing te bewerkstel­lig.

Daar is ten minste reeds ’n aansienlik­e verbeterin­g in die skakeling tussen die Regering en sakesektor, en spesifiek die landbouwaa­rdeketting. Dit skep beslis vertroue om die toekoms meer optimistie­s en hoopvol aan te pak.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Dr. John Purchase
FOTO: JOHAN NORVAL Dr. John Purchase

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa