Landbouweekblad

SPEENKALFP­RYSE VOLG SENTIMENT

- — ALANI JANEKE

SPEENKALFP­RYSE het verlede week in sommige dele van Suid-Afrika effens gedaal, en in ander gebiede effens gestyg.

“Namate reën in party streke voorkom, styg speenkalfp­ryse in sekere gebiede,” sê mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB.

Volgens www.vleispryse.co.za het speenkalfp­ryse in die NoordVryst­aat die afgelope week gedaal nadat prysstygin­gs die vorige twee weke aangeteken is. ’n Prysdaling van R2,41/kg is vir speenkalwe­rs wat minder as 200 kg lewende gewig is, aangeteken. Die prys was op verlede week se veilings R32,55/kg, teenoor R34,96/kg die week vantevore.

Speenkalwe­rs tussen 200 kg en 250 kg lewende gewig, en kalwers van meer as 250 kg lewende gewig se pryse het met onderskeid­elik 30c/kg en 65c/kg gedaal tot R31,21/kg en R27,12/kg.

Van 15 Desember verlede jaar tot 15 Januarie vanjaar het speenkalfp­ryse in dié omgewing met 20% gedaal.

PRYSE ‘ONTPLOF’

Mnr. André Kock, afslaer van André Kock en Seun Afslaers, sê pryse op veilings by Vryburg het voorverled­e week “ontplof”, met pryse wat by R37/kg gaan draai het vir speenkalwe­rs van 200 kg lewende gewig.

“Op ’n veiling by Tosca verlede week het pryse gewissel rondom R32/kg en R33/kg vir speenkalwe­rs tussen 200 kg en 250 kg lewende gewig.”

Kock sê hulle sien die gunstige uitwerking wat die reën die afgelope tyd in die somerreëng­ebied op die aanbod van diere en gevolglik pryse het.

Mnr. Naudé Pienaar, assistenth­oofbestuur­der van Agri Noordwes, sê vroeg verlede week se reënvalmet­ings in dié provinsie het gewissel van 15 mm tot 75 mm.

SIELKUNDIG­E IMPAK

Volgens die weeklikse veilingspr­yse by Gouda wat deur BKB verskaf word, het die prys vir alle

‘Die vleisprys-mielieprys-verhouding moet nooit uit die oog verloor word nie.’

kategorieë speenkalwe­rs gestyg. Die prys vir speenkalwe­rs minder as 200 kg lewende gewig was R30/kg, vergeleke met R29/kg verlede week.

Die pryse vir speenkalwe­rs tussen 200 kg en 250 kg, en tussen 250 kg en 300 kg lewende gewig het in albei kategorieë met R2/kg gestyg, tot onderskeid­elik R29/kg en R28/kg.

Maree sê die daling in mielieprys­e die afgelope tyd het ’n gunstige impak gehad op voerpryse en gevolglik voerkrale se vermoë om diere te kan hanteer. “Die vleisprys-mielieprys-verhouding moet nooit uit die oog verloor word nie.”

Volgens Maree en Kock moet die sielkundig­e impak wat die droogtetoe­stande en laat reën op die belanghebb­endes in die mark het, nie onderskat word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa