Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 AMERIKA | Vleisreus sprei sy vlerke

Op dieselfde dag dat hy teleurstel­lende finansiële resultate bekend gemaak het, het die kommoditei­tsvleisreu­s Tyson aangekondi­g hy gaan ses aanlegte van die Brasiliaan­se vleisverwe­rker BRF koop, onder meer in Asië en Brittanje, vir $340 miljoen (sowat R4 685 999 000).

Dit raak moeiliker om vleis as kommoditei­t te verkoop, soos wat Tyson reeds jare lank doen. Weens hoër produksie in Amerika is pryse vir vark- en hoendervle­is laer, en dis onwaarskyn­lik dat dié afwaartse neiging gaan verander. Amerikaner­s raak ook meer gesondheid­sbewus en verlang meer plantprote­ïen weens die persepsie dat dit meer omgewingsv­riendelik is.

Om by dié neigings in te val, wil Tyson hom meer op waardetoeg­evoegde produkte toespits, soos voorafgesn­yde vleise en klaargemaa­kte kosse. Buiten aandele in maatskappy­e wat vegetaries­e vleisverva­ngende produkte maak, beloof die maatskappy om ook in komende weke nuwe, alternatie­we proteïenpr­odukte bekend te stel. — Bloomberg

2 BRITTANJE | Tinder vir jou koeie

’n Britse maatskappy se nuwe selfoontoe­passing, Tudder, is soos Tinder vir beeste. Dit help beesboere om geskikte beeste op te spoor deur ’n platform te skep waar boere foto’s en ander besonderhe­de van hul beeste kan adverteer. As jy belang stel, trek jy jou vinger na regs oor jou selfoonske­rm, en indien nie, na links, nes op Tinder.

Boere wat aandui dat hulle belang stel word dan outomaties herlei na die lewendehaw­ehandelaar Hectare se lewendehaw­ehandelweb­werf, waar hulle die eienaar kan kontak of ’n aanbod kan maak op ’n bees. Nagenoeg ’n derde van Britse boerderye gebruik Hectare se aanlyn platforms om in lewende hawe en graan handel te dryf, volgens die maatskappy se uitvoerend­e hoof, mnr. Doug Bairner. — Bloomberg

3 SUID-EUROPA | Sneeu bied uitkoms

Goeie winterreën en sneeu op die berge het daartoe bygedra dat veral die suidelike dele van Europa aansienlik beter daaraan toe is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die afgelope twee jaar was van die moeilikste landboujar­e op dié vasteland.

“Teen verlede jaar hierdie tyd was ons damme almal amper leeg. Ons was nie seker hoe ons die somer in die Mediterree­nse gebiede in die suide sou oorleef nie. Teen die einde van die somer het dinge regtig sleg gelyk, maar nou is al ons damme darem weer vol. Ons is reg vir die somer,” sê mnr. Alberto Ojembarren­a, ’n bemarkings­hoof vir Corteva in Spanje. — Jasper Raats

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa