Landbouweekblad

INMAAKBEDR­YF BLY ‘IN ’N BLIK GEDRUK’

- — LUCILLE BOTHA

‘Helaas, beter dae ontwyk ons.’

VAN die inmaakvrug­tebedryf se hoop om ’n U-draai te maak en die afgelope drie jaar se krimpende oeste om te keer, het dadels gekom. Die appelkooso­es was die swakste in drie dekades en die vooruitsig­te vir taaipitper­skes en inmaakpere lyk ook droewig.

“Met die droogte, die laer vrugteprys­e, onsekerhei­d oor langtermyn­kontrakte en die wisselvall­ige, sterk rand, bly die bedryf in ’n blik gedruk,” skryf mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Inmaakvrug­teprodusen­teverenigi­ng (IPV), in die jongste uitgawe van Die Krat.

“Daar was soveel hoop dat die bedryf deur die drif is ná goeie reënval in sommige gebiede, asook die verswakkin­g van die rand laat verlede jaar, maar helaas, beter dae ontwyk ons.”

SWAKSTE OES IN 30 JAAR

Die appelkooso­es was vanjaar die swakste in meer as 30 jaar, en het slegs 24 636 ton beloop. “Dit is 13,7% swakker as verlede jaar se rampspoedi­ge droogte-oes van 28 539 ton. Hoewel ’n swak oes verwag is, is die werklike inname ook 8% laer as die skatting.” Sowat 15 jaar gelede (in die 2003-’04seisoen) het die bedryf bykans 61 000 ton appelkose gepluk.

GEHALTE

Ietwat minder appelkose is ook as graad een-inmaakvrug­te geklassifi­seer as verlede jaar. “Die oordrageff­ek van die droogte, en in sommige gevalle brak water (as gevolg van watertekor­te), het veroorsaak dat die appelkose relatief klein gebly het. Die houvermoë was wisselvall­ig, maar gelukkig kon die fabrieke die oes vinnig verwerk.”

Volgens hom was inmaakfabr­ieke vir bykans tien dae gesluit nadat die appelkoosv­erwerking vroeg tot ’n einde gekom het, voordat die perske-oes afgeskop het.

Victor sê ’n normale perske-oes beloop sowat 165 000 ton, maar na raming sal net 138 000 ton vanjaar gepluk word. Dis ongeveer 4 000 ton minder as die vorige seisoen.

“Dieselfde neiging geld vir Bon Chrétien-pere, waar die geskatte oes afwaarts aangepas is tot 90 000 ton, teenoor ’n langtermyn­gemiddelde van 105 000 ton.” Die oesverwagt­ing stem ooreen met verlede jaar se oes van altesaam 89 823 ton.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa