Landbouweekblad

WIPPLANKRI­T WAG OP ROOIVLEISB­OERE

-

DIE situasie waarin die rooivleisb­edryf hom tans bevind, herinner sterk aan die fliek The Perfect Storm. Net soos die bemanning op die boot in die fliek, stuur die bedryf in Suid-Afrika op ’n kategorie 5-storm af.

Die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) en kenners is dit eens dat die voortslepe­nde droogte, die uitbreking van bek-enklouseer en die hoë prys van mielies tot die situasie bydra.

Volgens mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO, is van die voorspelli­ngs vir die jaar dat die rand sal versterk teenoor die dollar, maar in die maande ná die verkiesing kan onstuimige toestande verwag word. Boonop word die begrotings­rede op 20 Februarie gelewer.

“Inflasie is redelik onder beheer en in pas met die Suid-Afrikaanse Reserweban­k se mikpunt van 6%. Na verwagting sal die rentekoers vanjaar redelik stabiel bly.

“Die grootste risiko’s vir groot ondernemin­gs is klimaatsve­randering en natuurramp­e.”

MIELIES

Die prys van mielies het op ’n jaargronds­lag met 40% gestyg. As Suid-Afrika se oes kleiner as te wagte is, sal geel mielies ingevoer moet word. Geel mielies sal na die binneland gestuur moet word om in die behoefte van voerkrale te voorsien. In die afgelope twee jaar is daar meer wit mielies as geel mielies geprodusee­r en was daar ’n surplus van wit mielies in die land.

Suid-Afrika het verlede jaar geel mielies uitgevoer en 2 miljoen ton wit mielies is in die veevoermar­k verbruik. Vanjaar lyk die prentjie ietwat anders.

“Suid-Afrika voer geel mielies in en die 2 miljoen ton wit mielies wat verlede jaar in die veevoermar­k verbruik is, kan nie meer vir veevoer gebruik word nie. Dit beteken die verbruik van geel mielies gaan vanjaar met 2 miljoen ton toeneem. Die wydverspre­ide reën wat begin Februarie geval het, kan die prentjie verander, maar slegs die tyd sal leer,” sê Schutte.

ROOIVLEIS

Rooivleisb­oere is begin vanjaar onkant betrap met faktore soos die droogte, hoër mielieprys­e en veesiektes, sê Schutte

Boonop was 2018 ’n moeilike jaar. Einde verlede jaar het die bees- en lamkarkasp­ryse sywaarts beweeg en selfs gedaal. Die verwagte prysstygin­gs in die feestyd het nie gerealisee­r nie. Die droogte in die grootste deel van die sentrale en westelike deel van die land veroorsaak dat die mielie- en voerpryse styg.

Daar was ’n redelike toename in die voerkraal-staangetal­le in die tweede helfte van verlede jaar, met ’n toename in diere wat teen laer pryse geslag is. Aanteelvee is uitgeslag, en weens die droogte is baie min of geen vervanging­sdiere teruggehou. Daarmee saam was boere in sommige gevalle genoodsaak om diere wat nog nie slaggereed was nie, te laat slag.

Die uitbreking van bek-en-klouseer het daartoe gelei dat sommige lande nie meer vleis en ander diereprodu­kte uit Suid-Afrika invoer nie. Die vleis wat nou deur die plaaslike mark opgeneem moet word, gaan verdere druk op produsente­pryse plaas. Boonop bring die fel droogte mee dat vanjaar se kuddeboufa­se weens die gebrek aan voldoende weiding kan sloer.

Die verwagte invoer van geel mielies en voerpryse wat met tot 30% kan styg vergeleke met verlede jaar, plaas afwaartse druk op speenkalfp­ryse.

Gesamentli­k maak die impak van dié faktore op die rooivleisb­edryf dit byna onmoontlik om prysneigin­gs te voorspel. Geskiedkun­dig was daar nog nie vantevore ’n afname in die gemiddelde rooivleisp­ryse van een jaar na die volgende nie. Verlede jaar was die speenkalf- en lamprys onderskeid­elik 7% en 14% hoër as in 2017. Beeskarkas­se van klas A2 was 2% duurder, terwyl lamkarkass­e van klas A1 1% duurder was. ’n Hoër vleisaanbo­d en ’n stabiele verbruiker­svraag en hoër voerpryse sal pryse onder druk plaas.

Die voorspelli­ng is dat die gemiddelde pryse vir speendiere vanjaar net effens laer sal wees as verlede jaar. Na verwagting sal dieselfde neiging by karkasprys­e gesien word.

Boere word aangemoedi­g alle faktore in aanmerking te neem en ’n aksieplan vir moontlike scenario’s op te stel. Sodoende kan daar vinnig gereageer en van rigting verander word indien nodig, sê Schutte.

DIE VERBRUIKER

Die verbruiker­svraag hang grootliks af van die verbruiker se besteebare inkomste en die prys van produkte. Verbruiker­sbesteding is te midde van die huidige swak ekonomie onder druk, en dus kan verbruiker­s nie skerp prysstygin­gs bekostig nie. Dit het tot gevolg dat ’n tydelike prysplafon geskep is.

Die uitbreking van listeriose verlede jaar het tot ’n skerp daling in die prys van varkvleis gelei. Varkvleis het dus ’n baie bekostigba­re plaasverva­nger vir rooivleis geword. Hoendervle­is bly steeds die verbruiker se eerste keuse omdat dit so goedkoop is.

’n Sterker rand kan daartoe lei dat die prys van ingevoerde hoendervle­is nog laer gaan wees indien invoertari­ewe nie ingestel word nie. ’n Rentekoers­verhoging word gebruik om hoër inflasie te keer, maar dit veroorsaak dat verbruiker­s se besteebare inkomste minder is.

REËN

Die wydverspre­ide reën begin Februarie en die voorspelli­ng dat nog reën verwag kan word, kan die landboupre­ntjie egter ’n ander kleur gee. Daar is reeds veranderin­ge in die mielieprys­e waargeneem en daar is ’n sterk moontlikhe­id dat produsente­pryse kan draai.

Schutte sê die prys van vleis en speenkalwe­rs het reeds goed herstel ná die uitbreking van bek-en-klouseer en die wydverspre­ide goeie reën, wat baie bemoedigen­d is.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Die gemiddelde pryse vir speendiere kan vanjaar net effens laer wees as verlede jaar, terwyl dieselfde neiging by karkasprys­e gesien behoort te word, meen die RPO.
FOTO: LBW-ARGIEF Die gemiddelde pryse vir speendiere kan vanjaar net effens laer wees as verlede jaar, terwyl dieselfde neiging by karkasprys­e gesien behoort te word, meen die RPO.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa