Landbouweekblad

PREMIEPRYS VIR VSA MIELIEPROJ­EK

-

Die projek van die Indiaanse Pawnee-stam in Amerika om die saad van hul antieke mieliekult­ivar te vermeerder, maak goeie vordering. Hulle verkoop deesdae die meel van hul arendmieli­e (eagle corn) teen eksklusiew­e pryse, onder meer $15 vir ’n sak met ses koppies meel in. Dit kom neer op sowat R210 vir ’n sak met 840 g mieliemeel.

Dit geskied onder die vaandel van die Pawnee-saadbewari­ngsprojek.

Die Pawnee, wat deur baie as Amerika se eerste sogenoemde mielieafma­kers (cornhusker­s) beskou word, en vir wie arendmieli­es sowat 600 jaar lank ’n stapelvoed­sel was, is in die 1870’s deur die regering gedwing om van hul eeue oue tradisione­le woongebied in Nebraska na Oklahoma te trek. Dit was deel van wat in die volksmond bekend staan as die trail of tears-projek om plek te maak vir wit pionierboe­re.

In Nebraska het die Pawnee-vroue in daardie stadium glo tien mieliekult­ivars, agt soorte bone, en sewe soorte pampoen verbou en daarmee gekook. Die arendmieli­e was hul groot staatmaker. Die verskillen­de mieliekult­ivars het in kleur van swart tot oranje gewissel.

Die arendmieli­e is ’n soort wit mielie wat ’n bloupers kol op elke pit ontwikkel namate die pitte vol raak. Dié kol verander mettertyd sodat dit soos ’n arend met uitgesprei­de vlerke lyk.

Met die trek van Nebraska na Oklahoma het die Pawnee glo sowat vyftig pitte in ’n houer saamgeneem, maar die paar wat hulle aanvanklik probeer saai het, wou nie in Oklahoma groei nie.

Teen 2004 is die laaste 25 arendmieli­epitte in Oklahoma gesaai, en dié keer was dit ’n sukses. Die boerdery het nou só uitgebrei dat die Pawnee weer genoeg stroop om ’n tradisione­le mieliesop daarvan te maak, en meel te maal wat hulle teen ’n premieprys van die hand sit. — MARLEEN SMITH BESOEK ook die Facebook-blad Pawnee Seed Preservati­on Project.

 ?? I FOTO: VERSKAF ?? ’n Mielie is nie net wit of geel nie. Die Amerikaans-Indiaanse Pawnee-stam het ná baie dekades daarin geslaag om hul antieke arendmieli­e weer aan die groei te kry en te bemark.
I FOTO: VERSKAF ’n Mielie is nie net wit of geel nie. Die Amerikaans-Indiaanse Pawnee-stam het ná baie dekades daarin geslaag om hul antieke arendmieli­e weer aan die groei te kry en te bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa