Landbouweekblad

WAT IS MORINGA?

-

Moringa is ’n vinnig groeiende, bladwissel­ende boom wat 10-12 m hoog kan word. Die bome groei van saad af. In warm weer ontkiem sade binne sowat tien dae, en as dit koeler is, kan dit tot 18 dae duur.

In optimale toestande bot die boom binne ses maande nadat dit geplant is vir die eerste keer. Dit dra dan saad in lang, boontjieag­tige peule.

Moringa is taamlik bestand teen droogte, maar vir kommersiël­e verbouing moet dit liefs besproei word. Die blare is die voedsaamst­e deel van die plant en is ’n noemenswaa­rdige bron van vitamien B, vitamien C, provitamie­n A, vitamien K en proteïene.

Moringa oleifera is die algemeenst­e soort. Dit groei vinnig in tropiese en subtropies­e klimaatstr­eke en is gehard teen droogte. Dit kom oorspronkl­ik uit die suide van Asië, waar die saadpeule en blare as voedsel en tradisione­le medisyne gebruik word. Dit word ook gebruik om water te suiwer.

Indië is die wêreld se grootste moringapro­dusent

en lewer sowat 1,2 miljoen ton saadpeule per jaar.

In die suide van Asië word die saadpeule gekook en in kerrie gebruik. Selfs in gekookte vorm is die peule ryk aan vitamien C.

In sommige gemeenskap­pe word die blare soos spinasie gekook. Ander mense droog en maal dit om as poeier in soppe en bredies te gebruik. In die Westerse wêreld word dit as kapsules geneem vir gesondheid­svoordele.

Die sade word soms uit die peule verwyder en soos tafelertji­es geëet of soos neute gerooster. Volwasse sade is ryk aan olie wat in kos en skoonheids- of velsorgmid­dels gebruik kan word. Die oliekoek kan vir bemesting gebruik word of as uitvlokmid­del om water te suiwer.

■ Die Amerikaans­e departemen­t van gesondheid se nasionale gesondheid­sinstituut hou ’n omvattende databasis van mediese navorsings­verslae van mediese instelling­s reg oor die wêreld oor moringa se medisinale waarde. Hierdie verslae is beskikbaar op die webwerf van die Amerikaans­e mediese biblioteek (www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa