Landbouweekblad

HERLAAI BATTERYE ENIGE TYD, ENIGE PLEK

-

Toe dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboer­e-organisasi­e, op ’n dag vir mnr. Samson Ratabala, sy regterhand op die plaas, vra hoekom hy vir iemand anders boer en nie vir homself nie, het Samson dadelik geantwoord: “Ek is nie so goed met die telefoonwe­rk nie.”

Samson het toe al besef ’n boer se selfoon is een van die belangriks­te stukke gereedskap in sy boerdery. Terwyl tieners dalk fone verkies met speletjies, toegang tot sosiale media en die vermoë om die beste selfies te neem, het boere meer praktiese vereistes – opvangs en batterylee­ftyd.

Wat batterylee­ftyd betref, bied Anker, ’n Amerikaans­e elektronik­amaatskapp­y, ’n hele klomp oplossings wat ’n boer se lewe kan vergemakli­k.

Daar is byvoorbeel­d die Anker PowerCore 26800 mAh, ’n eksterne batterylaa­ier wat jou Samsung S9, Huawei P20 Pro of iPhone 7 tot ses keer kan laai sonder dat jy naby ’n kragsok kom. Hierdie kragbank het drie USB-sokke en kan dus drie toestelle gelyktydig laai. Wanneer jy vanaand by die huis kom, kan dit weer binne ses uur volgelaai word indien jy ál die beskikbare energie deur die dag getap het.

Saam met die PowerCore 26800 kry jy twee mikro-USB-kabels en ’n netjiese bêresakkie. Let op dat ’n mens dit nie kan gebruik om toestelle te laai wat ’n inset van minder as 50 mA verg nie, soos sommige Bluetooth-oorfone en GPS-toestelle. PRYS: R1 349.

NAVRAE: Webwerf: www.shopandshi­p.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa