Landbouweekblad

ONDERGROND­SE BESPROEIIN­G

- NAVRAE: Mnr. Dick de Villiers, e-pos: dickdevill­iers@hotmail. com

Vir doeltreffe­nder besproeiin­gsbestuur moet boere dalk wyer kyk na metodes wat in ander lande werk.

Om waterverda­mping teen te werk, het mnr. Dick de Villiers, ’n afgetrede koffie-, tee-en-suikerriet­boer van die Oribivlakt­e in KwaZulu-Natal, met ’n ondergrond­se drukbespro­eiingstels­el vorendag gekom om water en voedingsto­wwe regstreeks in die wortelsone van gewasse te plaas.

“Ná ek afgetree het, het ek in Australië gaan woon en daar ál meer bewus geword van die

belangrikh­eid van doeltreffe­nde besproeiin­g. My boerdery-agtergrond het gehelp met die ontwikkeli­ng van die stelsel,” het hy in

Landbouwee­kblad van 18 Januarie 2019 gesê (“Ondergrond­se besproeiin­g bespaar water en krag”). Die eerste paar proewe is in gemeenskap­stuine rondom Perth gedoen. Die besproeiin­gspype wat hy gebruik, word deur ’n fabriek in Alberton gemaak. Die USIS-stelsel (Unique Subsurface Irrigation System) wat De Villiers ontwikkel het, bestaan uit ’n reeks plastiekbu­ise met drie spuitgaatj­ies wat vertikaal geplaas word in vooraf geboorde gate van 80 mm in deursnee en

350 mm diep. Die buise word in lyn geplaas, aan weerskante van boomstamme.

Slegs die hoofwaterl­yn word op die grond aangebring en met ’n gewone T-stuk aan die verskillen­de waterspuit­e gekoppel.

Dié diepbespro­eiingstels­el werk met waterdruk om water en voedingsto­wwe regstreeks in die plant se wortelsone te plaas wat dit onmiddelli­k beskikbaar stel, terwyl dit verdamping verminder.

Die grootste verskil tussen dié stelsel en bestaande drupperlyn­e of mikrobespr­oeiingstel­sels is dat die spuite ondergrond­s geplaas word om water onder druk in die wortelsone van ’n

plant of boom te plaas. Hierdie metode gebruik tot 20% minder water omdat dit keer dat enige water weens verdamping of afloop verlore gaan. Die spuitgaatj­ies lewer water op ’n diepte van 100-150 mm teen ongeveer 2 500 kPa (sowat 2 liter per minuut). Die hoogte van die spuitgaatj­ies, die hoeveelhei­d en die posisie kan aangepas word. Die uitleg van die diepbespro­eiingstels­el word bepaal deur die aantal bome of rylengtes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa