Landbouweekblad

WAGYU SLUIT OOREENKOMS MET VOERKRAAL

-

DIE Wagyu-genootskap van Suid-Afrika (WSA) en Gesertifis­eerde Wagyu Beef (GWB) het ’n ooreenkoms met die Morgan Beef-groep gesluit om dié ras se speenkalwe­rs teen ’n premie te koop of in die wins te deel.

Die ooreenkoms bestaan uit opsies vir Suid-Afrikaanse produsente. Die eerste is dat die voerkraal die speenkalwe­rs namens die produsent voer, en die produsent kry die volle waarde van die karkas. Die tweede is winsdeling, waar die voerkraal die produsent die helfte van die huidige speenkalfp­rys betaal, die kalf voer en die produsent kry dan die helfte van die wins op die karkas nadat die koste afgetrek en die karkas gegradeer is. Die derde is ’n pryspremie op die speenkalwe­rs.

Mnr. Jan Morgan, eienaar van die Morgan-groep, sê hy het vertroue in die ras. Dié vleis het ’n goeie plaaslike mark en ’n groot vraag in die Midde-Ooste waarheen die groep vleis uitvoer.

Die ras is een van die grootstes in Australië en Amerika. SuidAfrika kan egter internasio­naal meeding omdat die produksiek­oste hier gewoonlik laer is.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerend­e hoof van die WSA, sê die GWB-program sal alle sektore van die Wagyu-ketting sertifisee­r om die integritei­t van die produk te verseker en om te bewys dit voldoen aan Wagyu se standaarde. GWB sal ook die Wagyubedry­f die geleenthei­d bied om die vleis op die regte manier te bemark en produsente se produk te beskerm.

’n Boeredag word op 7 Maart by Morgan-voerkraal, Delmas, gehou. Besoek die webwerf

www.wagyu.org.za vir nog inligting of bel Ivonne by tel. 051 492 1852. — CHARL VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa