Landbouweekblad

PRYSE BLY STERK GROEI

- — CARIEN KRUGER

Die Bosvelderr­am Klipdrift (op die foto bo) het die hoogste prys op vanjaar se Bosvelderv­eiling op Bela-Bela behaal. Mnr. Morris Ramatlakal­a van Hammanskra­al het R34 500 vir dié ram van mnr. Theo Hoffman van Loskopdam betaal, sê me. Rudette Nel, voorsitter van die Bosvelders­tudiegroep, voorheen bekend as die Limpopo-Pedi-enBosvelde­rstudiegro­ep.

Dit is meer as dubbel verlede jaar se topprys van R16 500, ook vir ’n ram van Hoffman.

Ramatlakal­a en Hoffman was onderskeid­elik ook die koper en verkoper van die dragtige ooi wat die hoogste prys behaal het, naamlik R8 100.

Die studiegroe­p het die veiling soos vorige jare by die Bela-Belakleinv­eesentrum in Limpopo aangebied.

Bosvelder- én Pedi-/Bapediskap­e het onder die hamer gekom, waarvan sowat twee derdes Bosvelders was. Die Bosvelder is ’n veredelde Pediskaap.

Al 184 diere wat aangebied is, is verkoop, met ’n gesamentli­ke omset van R1 128 450 (gemiddeld R6 133 stuk), vergeleke met 2018 se omset van R628 050 vir 157 diere (gemiddeld R4 000 stuk).

Altesame 18 Bosvelderr­amme en 116 Bosveldero­oie is vanjaar aangebied. Die ooie het gemiddeld R5 088 stuk behaal en die ramme gemiddeld R16 534, vergeleke met onderskeid­elik R4 066 en R10 705.

Nel sê dat daar al ’n hele paar Bosvelderk­uddes is wat elkeen sowat 1 000 ooie groot is en dat daar reeds suksesvol op kommersiël­e vlak met die ras geboer word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa