Landbouweekblad

Bek-en-klouseer:

R40 miljoen om bedryf in SA naspeurbaa­r te maak

- — LUCILLE BOTHA

DIT sal die rooivleisb­edryf sowat R40 miljoen uit die sak jaag om ’n behoorlike naspeurste­lsel in te stel, wat ’n druppel aan die emmer is as die inkomsteve­rlies weens die uitvoerver­bod in ag geneem word.

Volgens prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Landbouen Voedselbel­eid (BFAP), het die uitvoer van beesvleis ’n invloed van sowat R1,6 miljard op die totale bedryf.

“Bek-en-klouseer is baie geisoleer en in ’n baie spesifieke gebied. Ons sal moet belê in ’n beter naspeurste­lsel, dit is al. Almal het geweet dit is ’n groot risiko wat wag om te gebeur en ons kon iets daaraan gedoen het. Dit sal sowat R40 miljoen kos om só ’n stelsel te ontwikkel. Ek besef jy het instelling­s nodig om dit te bestuur en die Regering sal ’n belangrike rol moet speel, maar ons moet om ’n tafel gaan sit hieroor,” het hy op die KwaZulu-Natalse Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) se streekverg­adering op Dundee gesê.

Mnr. Willie Clack, nasionale ondervoors­itter van die RPO, het gesê Suid-Afrika is die enigste land in Afrika sonder ’n behoorlike naspeurste­lsel. “Dit gaan my verstand te bowe. As ons só ’n stelsel gehad het, sou ons nie so ’n groot probleem met bek-en-klouseer gehad het nie. Ons werk egter hard daaraan en sal bek-en-klouseer as ’n eksperimen­t gebruik om die stelsel op dreef te kry.”

Die siekte is in Limpopo in die distrik Vhembe opgespoor. Tot dusver is sowat 15 500 diere ingeënt, waarvan 4 500 buite die beheersone is, sê Clack.

“As alles volgens plan verloop, sal ons binne die volgende paar maande ’n beperkte gebied hê, maar Suid-Afrika sal nie sy uitvoersta­tus voor Mei volgende jaar terugkry nie.”

Volgens mnr. Hendrik Botha, voorsitter van die RPO in KwaZulu-Natal, heers daar kommer oor die manier waarop bek-enklouseer beheer word.

“Naspeurbaa­rheid sal op lang termyn ’n antwoord wees op al ons probleme.”

‘ ’N GOEIE STORIE’

Volgens Clack voer Suid-Afrika sowat 3-4% van sy vleis uit. “Dit sal sowat R40 miljoen wees om naspeurbaa­rheid op dreef te kry, maar dit gaan die land R1,6 miljard bespaar. Hoe gouer ons as boere reageer, hou gouer gaan ons ons uitvoersta­tus terugkry. Dit is ons verantwoor­delikheid.”

Meyer het beesvleisu­itvoer as een van die veebedryf se “goeie stories” bestempel.

“Vyftien jaar gelede was Suid-Afrika ’n netto invoerder van beesvleis. Tot voor die uitbreking van bek-en-klouseer was die land ’n netto uitvoerder. Die volumes is nie groot nie, maar dit is ’n wonderlike meganisme om produkte met ’n hoë waarde uit ons mark te kry. Ons ontleding toon dat as ons uitvoer uit die prentjie haal, het dit ’n invloed van sowat R2 per kilogram (karkasgewi­g).”

Die bedryf het egter die afgelope tyd gesien dat dit nader aan R8-R10 per kilogram is.

BFAP meen daar sal oor die volgende twee tot drie maande ’n herstel in vleispryse wees, maar dit hang af van wat met die droogte en mieliemark gebeur. Vleispryse het die afgelope paar maande skerp gedaal weens droogte, hoë mielieprys­e en bykomende verskaffin­g omdat boere hul drakrag in gedagte hou. Toe kom bek-en-klouseer boonop ook, wat beteken die uitvoermar­kte het toegemaak.

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Prof. Ferdi Meyer was die genooide spreker op RPO-streekverg­aderings in KwaZulu-Natal.
FOTO: LUCILLE BOTHA Prof. Ferdi Meyer was die genooide spreker op RPO-streekverg­aderings in KwaZulu-Natal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa