Landbouweekblad

Gemsbokjag in Warmbad

- Ben Fourie is ’n geweergees­driftige van Port Elizabeth.

Löwen, lees die padbordjie daar waar jy hom tussen Grünau en Keetmansho­op in Namibië kry. In die wandel praat ons sommer van Leeurivier. In Desember, toe ek daar was, het my gedagtes ver teruggegaa­n na die dag toe ek en Frikkie van der Merwe die Leeurivier met ’n bobbejaank­op-Cruiser bestorm het.

Die storie het ’n aanloop gehad. Die groot droogte in die vroeë 1980’s het die suide van Suidwes (die naam destyds) erg getref. Die regering het selfs die Sperrgebie­t oopgestel vir weiding. Swaer Koot is met ’n deel van die Karakoeltr­op en ’n woonwa Sperrgebie­t toe en pa Willie, met die res, het staanplek op Schwartzse­ck naby Warmbad gekry. Op Pronksberg was daar net ’n bietjie wild wat nog oorleef het. Van Pa se troppie gemsbokke wat teen Oberndorf se lyndraad geloop het, het ná die droogte net vier bulle oorgebly.

Een Junie-vakansie kuier ons en Frikkie-hulle op die plaas en daar word besluit om by Koot se skoonpa in Warmbad ’n paar gemsbokkoe­ie te gaan vang. Oom Jannie het my ook genooi om terselfder­tyd een te kom skiet.

Ons is baie vroeg die oggend van Bethanie af weg in twee Land Cruisers. Naby die Visrivier het ons op die grondpad afgedraai wat oor Chamieites en Holoog Grünau toe loop. Ek en Frikkie het agter geraak by Koot. Tussen Seeheim en Gawachab steek jy die Leeurivier oor, gewoonlik ’n droë loop. Wat ons nie geweet het nie, is dat goeie reën veroorsaak het dat die rivier in ’n dik stroom vloei. Toe ek teen omtrent 80 km/h by die duskantse wal kom, is daar net water. Ons storm daardeur dat die rooi modderwate­r alles agterop die bak papnat gooi. Wit geskrik kom ons anderkant uit waar Koot, wat geweet het die rivier is vol, kruip soos hy lag vir ons penarie. Dit was maar net ’n voorsmakie van wat nog voorgelê het.

BUL OF ’N KOEI?

Ná ’n vinnige middagete is ons veld toe om my gemsbok te gaan skiet. Ek het al my patrone vir die 30-06 gelaai en het baie vertroue in die 165 gr.-Nosler Partition’s gehad. Skiet inderdaad nog steeds met hulle. Veld was volop en oom Jannie het ’n pragtige trop gemsbokke gehad, maar die plase is groot en dit was al laatmiddag voor ons op ’n troppie afgekom het. Ek sukkel vandag, ná al die jare, nog om die bulle en koeie vinnig uitmekaar te ken. As ek tyd het, kan dit nog gaan, maar as jy haastig moet skiet, kan dit lol. Oom Jannie sou nie omgegee het as ’n koei geskiet word nie, maar ek wou darem baie graag ’n mooi bul kry.

Gelukkig het ’n bul heel voor plankdwars gaan staan en toe Koot bevestig dis ’n bul, het die Tasco se kruishaar mooi agter die blad gaan sit. Toe die skoot klap, is dit raak, maar daar gaan die trop met my kwesbok agterna. Ek het die onverskoon­bare fout gemaak om te dink die bok staan presies dwars, terwyl hy eintlik skuins gestaan het. Die skoot was goed en ek het getref waar ek gemik het, maar die koeël het agter die blad ingegaan en voor by die bors uitgekom sonder om enige organe te raak.

BANG GERY

Ons spring op die Cruiser en wat volg, is een van die ergste ritte van my lewe agterop ’n bakkie. Uiteindeli­k het ons weer binne skootafsta­nd gekom en dié keer het die bok geval waar hy gestaan het.

Toe ons die bok by die huis aflaai, het Frikkie so eenkant vir my gesê: “Ek sit nie môre, wanneer ons bokke gaan vang, my voet in ’n voertuig saam met Koot de Klerk nie. Jy kan saam met hom ry, ek sal saam met oom Coenie ry.” Toe ons die aand gaan inkruip, was ek, wat al baie saam met Koot in die veld moes jaag, ook maar lugtig vir die dag wat voorgelê het.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Ná die droogte in die 1980’s was daar net vier gemsbokbul­le op Pronksberg oor.
FOTO: VERSKAF Ná die droogte in die 1980’s was daar net vier gemsbokbul­le op Pronksberg oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa