Landbouweekblad

Gerrit van Zyl: Trek jou kudde só deur droogte

Die waarde van hoëdrukbew­eiding het tydens die huidige knellende droogte duidelik na vore gekom, maar selfs die gehardste boerdery spring die onvermydel­ike nie vry nie. Verminder só jou kudde sinvol.

- Mnr. Gerrit van Zyl besit die bekroonde Hanzyl-Bonsmarast­oetery buite Dewetsdorp. NAVRAE: E-pos: gerritvanz­yl@ mweb.co.za

Reën is ’n boer se lewensaar, en wanneer dit val, is die gemoedere sommer ontspanne en lig. Maar as dit wegbly, word jy gekonfront­eer met ’n klomp emosies en, belangrike­r nog, keuses. Vir die saaiboer is die spertye baie meer problemati­es as vir ’n veeboer. Om dié rede is veeboere waarskynli­k swakker beplanners as saaiboere. Ons dink mos altyd ons het nog baie tyd om die aanpassing­s te maak . . . tot dit op ’n dag te laat is.

Vir die kleinste impak op veegetalle moet die aanpassing­s altyd so gou moontlik gemaak word.

Groot dele van die somerreëng­ebiede het tot nou toe nie baie reën gehad nie. Daarom is dit tyd om jou droogtepla­n te aktiveer. Dit is nou as jy een het.

Ek voel sterk daaroor om ’n droogtepla­n op skrif te stel en dit dan met dissipline uit te voer. Plak dit teen jou yskas vas en vra jou vrou om jou daaraan te herinner.

Hoe lyk jou droogtepla­n? Wat word eerste verkoop en hoe voer jy dit deur?

WAARDE VAN HOËDRUKBEW­EIDING

Vóór die voorstelle vir veevermind­ering moet ek eers ’n lansie breek vir die herlewing-weidingsbe­naderings wat ons ’n paar jaar gelede begin instel het (“Herlewing is die enigste uitweg”, LBW, 31 Maart 2018).

Al die kampe is verklein en die troppe beeste vergroot om minder selektief te bewei. Hierdie klein aanpassing het ’n uiters gunstige impak gehad op die gehalte van en die hoeveelhei­d weiding wat tans nog beskikbaar is. Op my plaas is ons teen sowat 170% van die ou drakragnor­me bewei, maar ons het nog heelwat reserwes. Dit is wel droog, maar met die nodige lekaanvull­ing kry ons nog die beeste se mae vol.

Voorheen het ek die manier gehad om in droogtetye die hekke oop te maak sodat die beeste self kan gaan kos soek. Teen die agtergrond van die kennis wat nou oor hoëdrukbew­eiding en sy voordele beskikbaar is, is dit ’n beter benadering om eerder die kampies kleiner te maak en die vee vinniger

te verskuif. Die resultaat is ’n beter liggaamsko­ndisietell­ing (LKT) en die moontlikhe­id vir ’n hoër herbesetti­ng om volgende jaar ná die reën weer kalwers aan te kry.

Op dié manier benut jy ook meer van die beskikbare materiaal, terwyl die res kan “rus” vir later.

Tog is daar géén weidingste­lsel wat die ergste droogte sonder aanpassing­s aan veegetalle sal kan deurstaan nie. As jy egter ’n goeie stelsel gereed het – saam met ’n weldeurdag­te droogtepla­n, tesame met ’n klomp geloof en uithouverm­oë – is jy so goed moontlik teen die natuur gepantser.

PAS AAN VIR KLIMAATSVE­RANDERING

Die seisoene skuif beslis aan, en as jy op natuurlike weiding boer, sal jou beplanning ten opsigte van kalftyd daarvolgen­s aangepas moet word. Dit is ’n werklikhei­d wat nie langer geïgnoreer kan word nie.

Teen die agtergrond van klimaatsve­randering is dit noodsaakli­k om die inventaris­lys ten opsigte van vee só aan te pas dat minstens 30% van die veegetalle diere is wat jy “maklik” van die veld kan afhaal, hetsy deur hulle te slag, te voer of te bemark.

Hierdie groep diere kan bestaan uit osse, en/of slagdiere of verse wat nie deel is van die kernvervan­ging vir die aanteelkud­de nie. Dit is die eerste groepe diere wat verkoop moet word indien nodig.

As jy 30% diere vroeg verminder, sal dit ’n reuse-impak hê op die volume asook die tydperk wanneer jy genoeg weiding beskikbaar sal hê vir die oorblywend­e diere.

Die volgende groep diere waarvan jy die getalle kan verminder, is dié diere (vervanging­sverse uitgesluit) wat om die een of ander rede nie ’n kalf soog nie. As jou weidingspr­obleem erg is, moenie verskoning­s soek nie; as jou probleem minder ernstig is, kan jy dalk dié koeie verskoon wie se kalwers dood is aan iets waaraan hulle nie ’n aandeel gehad het nie, byvoorbeel­d longontste­king of diarree. Oorweeg dit om daarna van jou oudste diere ontslae te raak of van dié wat eerste uitsak.

Dit is ook ’n siftingspr­oses vir die regte teelmateri­aal. Die teelmateri­aal waarna ons streef – diere wat op die veld kan produseer en reprodusee­r – moet oorbly.

Pasop om die vetste diere te laat slag. Hulle verdien gewoonlik ’n beter prys, maar hulle verteenwoo­rdig gewoonlik ook die beter teelmateri­aal. Dit is natuurlik mits hulle dieselfde reproduksi­e as die ander handhaaf.

MOENIE WERK OP VOORSPELLI­NGS NIE

Die volgende stap is om minder vervanging­sdiere te hou. Verkoop die skraler diere indien moontlik, want dié wat nog in goeie kondisie is, is die beter aangepaste diere.

Teen dié tyd behoort jy by 40-50% van die oorspronkl­ike getal diere te wees. As daar dan nog nie uitkoms is nie, moet jy mettertyd besluit watter diere jou die vinnigste ná die droogte weer in produksie gaan bring, en hulle hou. Verkoop die diere wat nie hierby inpas nie.

Bestuur die situasie soos wat dit op daardie dag is. Moenie op voorspelli­ngs werk of, erger, wat jy dink gaan gebeur nie.

Begin so gou moontlik met dié verminderi­ngs. Die beeste is gewoonlik nog in ’n taamlik goeie kondisie, en daar is altyd boere wat wel reën gekry het wat aanteeldie­re soek. Ter wille van die groter prentjie kan jy dit selfs oorweeg om sowat 10% minder as jou vraprys te aanvaar.

Sterkte met die keuses. Dit is moeilike besluite vir iemand wat lief is vir sy diere.

 ?? FOTO: GERRIT VAN ZYL ?? As jy volgens ’n droogtepla­n werk en vee moet verminder, tree eerder vroeër as later op. Vee is gewoonlik dan nog in ’n betreklik goeie kondisie en daar is dikwels boere wat aanteeldie­re soek.
FOTO: GERRIT VAN ZYL As jy volgens ’n droogtepla­n werk en vee moet verminder, tree eerder vroeër as later op. Vee is gewoonlik dan nog in ’n betreklik goeie kondisie en daar is dikwels boere wat aanteeldie­re soek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa