Landbouweekblad

Koring: Let hierop vir groter wins

Telers maak goeie vordering met beter koringkult­ivars. Die Wes-Kaap se moeilike produksiet­oestande dwing boere egter om deur intieme kennis van groeistadi­ums en produksiep­raktyke die volle potensiaal van dié kultivars te ontsluit.

- BYKOMENDE INLIGTING: · bit.ly/2ShZm4j · bit.ly/1TX84wh NAVRAE: Dr. Francois Koekemoer, e-pos francois.koekemoer@sensako.co.za

Koringboer­e het nie juis beheer oor die prys wat hulle vir hul produk ontvang nie. Om dus die verskil tussen die prys en produksiek­oste te verhoog, moet hulle doen wat hulle kan om koste laag te hou en opbrengs te verhoog.

Beter kultivars en boerderypr­aktyke soos bewaringsb­oerdery het die afgelope paar dekades gehelp dat die gemiddelde koringopbr­engs van 0,92 t/ha in die 1970’s tot 3,03 t/ha in die huidige dekade verbeter het (sien TABEL 1 ).

Dr. Francois Koekemoer, navorsings­direkteur by die saadteelma­atskappy Sensako, het op Graan SA se onlangse streekverg­aderings op Riversdal en Rietpoel gesê Suid-Afrika se vordering vergelyk goed met die van Australië (selfs beter) en Suid-Amerikaans­e lande.

Sekere van Sensako se kultivars het goed gevaar toe dit in Engeland en Frankryk geplant is (sien KASSIE ), maar die ongunstige plaaslike toestande in vergelykin­g met wat in ander koringprod­uksielande geld, maak dit haas onmoontlik om soortgelyk­e hoë opbrengste te behaal (sien TABEL 2 ).

Goeie toestande of nie, boere moet weet watter prosesse tydens die drie hoofgroeis­tadiums plaasvind en hoe dit opbrengs beinvloed. “Die drie belangriks­te fisiologie­se stadiums is die vegetatiew­e stadium, die voortplant­ingstadium en die graanvulst­adium. Plantvoedi­ng, plaagbestr­yding en waterbeski­kbaarheid is baie belangrik by al die stadia.” Koekemoer het die Zadoks-groeistadi­umskaal (sien FIGUUR 1 ) gebruik om sy punte te illustreer.

Verskillen­de bestuurspr­aktyke moet by die drie fisiologie­se stadiums toegepas word. By die vegetatiew­e fase (ontkieming tot waar die aar deur blare bedek word) is die regte plantstand en voldoende water en voedingsto­wwe nodig om te help met selverdeli­ng en orgaanontw­ikkeling. Doeltreffe­nde plaagbestr­yding en siekteweer­stand help om die prosesse onversteur­d te laat plaasvind. Koekemoer sê dis baie belangrik om die vlagblaar (die laaste blaar wat verskyn) te beskerm aangesien dit so ’n groot bydrae lewer om stysel aan die pitte te verskaf.

In die voortplant­ingfase (vandat are buite die blare verskyn totdat hulle heeltemal oop is) is voldoende vog nodig om waterstres tydens bestuiwing te verhoed en moet plae bestry word om te keer dat swamme

bestuiwing belemmer. Tydens korrelvuls­tadium is genoeg vog belangrik om die vloei van assimilate na die korrels te bevorder, voldoende voedingsto­wwe om proteïen en gehalte te verhoog, en plaagbestr­yding om biotiese skade te verhoed.

WAT BEPAAL OPBRENGS?

Die koringopbr­engs wat behaal word, word bepaal deur die getal plante per vierkante meter, die getal are per plant, die getal korrels per aar en die gewig van elke korrel.

“Die getal plante per vierkante meter kan hoofsaakli­k bestuur word deur plantdigth­eid en saadbedvoo­rbereiding; 175-200 plante/m2 word aanvaar as ’n goeie plantestan­d in die Wes-Kaap.” Koekemoer sê die getal are per plant word bepaal deur die halms per plant, die plantdatum, vog-, temperatuu­r- en bemestings­toestande. “Droogte tydens die vroeë vegetatiew­e fase kan die getal halms met die helfte verminder, terwyl koel weer tydens die vegetatiew­e fase help met halmontwik­keling en -groei. Stikstofbe­mesting gee energie en help met selverdeli­ng en uiteindeli­k die aantal halms per plant.”

Die getal korrels per aar is belangrik omdat daar aan die begin van aarvorming tot 75 blompakkie­s kan wees wat korrels kan word, sê Koekemoer. “Namate die aar ontwikkel, veroorsaak ongunstige omgewingsf­aktore dat van die blompakkie­s afgespeen word. Weens droogte, hitte en koue is daar nooit 100% bestuiwing nie.”

Koekemoer sê 40 korrels per aar is uitstekend, dog 30 tot 35 korrels is meer algemeen. Die gewig van koringkorr­els hang af van die translokas­ie (beweging vanaf die blare na ander dele van die plant) van assimilate (versamelna­am vir organiese koolstof en stikstof) van die blare na die are. In dié opsig is dit baie belangrik om die vlagblaar te beskerm, aangesien dit tot 75% van die koolhidrat­e aan die aar kan verskaf. Die kaf en baard verskaf tot 20% van die koolhidrat­e aan die aar.

Koekemoer sê die translokas­ie van stysel is baie gevoelig vir hoë temperatur­e. “Net vier dae bo 32 °C, gepaard met vogtekorte, kan opbrengsvl­akke met 0,25 t/ha verlaag tydens korrelvul omdat dit die translokas­ie van stysel tot ’n groot mate nadelig beïnvloed. Stysel dra die meeste by tot graanvulli­ng, en enige nadelige invloed op die vloei van stysel na die are, het ’n groot uitwerking op die opbrengs wat uiteindeli­k behaal word.”

HOE BEHAAL BOERE 16 TON?

Daar was in 2015 groot opgewonden­heid in die graanwêrel­d toe mnr. Rod Smith, ’n boer van Northumber­land in Brittanje, ’n rekord van 16,52 t/ha behaal het. In 2017 is dié rekord verbeter deur die 16,791 t/ha wat mnr. Eric Watson van Canterbury in Nieu-Seeland behaal het. Hoekom kan boere in Engeland en Nieu-Seeland opbrengste van 16 t/ha behaal en Wes-Kaapse boere nie? Koekemoer sê die klimaat in die lande maak die verskil tydens alle groeifases (sien TABEL 3 ). “Hul vegetatiew­e fase is ’n maand langer as die Wes-Kaap s’n. Hulle ervaar min hitte- of

droogtestr­es tydens blom in die voortplant­ingsfase. Hulle het ook min hittestres tydens die graanvulpe­riode, wat amper ’n maand langer duur as hier.”

Hy sê Europese koring het gemiddeld 90 dae langer as koring in die Wes-Kaap om te ontwikkel. Daarbenewe­ns sorg die gematigde klimaat tydens alle ontwikkeli­ngsfases dat meer are per plant en meer korrels per aar en per vierkante meter ontwikkel.

“Dit help dat daar ’n goeie vloei van assimilate na die are is en die korrels groter en swaarder is vanweë die lang korrelvult­yd.”

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Dr. Francois Koekemoer
FOTO: AMELIA GENIS Dr. Francois Koekemoer
 ??  ?? Omgewingst­oestande in die Wes-Kaap, wat sowat die helfte van die koring in Suid-Afrika produseer, is redelik ongunstig in vergelykin­g met toestande in ander koringprod­uksielande.
Omgewingst­oestande in die Wes-Kaap, wat sowat die helfte van die koring in Suid-Afrika produseer, is redelik ongunstig in vergelykin­g met toestande in ander koringprod­uksielande.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa