Landbouweekblad

SA se topbeesboe­r:

Bloudruk vir ekstensiew­e doeltreffe­ndheid

- JOHAN NORVAL jnorval@landbou.com

Volgehoue toepassing van basiese boerderybe­ginsels oor drie geslagte heen het die deurslag gegee in die suksesverh­aal van Suid-Afrika se Beesboer van die Jaar.

Mnr. Pat Eustace en sy seun, John, van Underberg in KwaZulu-Natal, die 16de ontvangers van Voermol se Beesboer van die Jaar-eerbewys, kry dit reg om hulpbronne optimaal te benut in ’n gebied waar die topografie heelwat verskil, voeg waarde toe deur hul surplusdie­re af te rond en te bemark, en kruistelin­g te vervolmaak vir optimale reproduksi­e, aanpasbaar­heid en groei. Danksy goeie finansiële bestuur kan die boerdery ook steeds uitbrei.

Waar hulle vroeër jaarliks sowat 3 500 bale hooi moes maak om die koue, nat suurveldwi­nter te oorleef, kon hulle danksy uitbreidin­g met minder as die helfte van die hooibale die beeste laat floreer.

UITBREIDIN­G OOR DRIE GESLAGTE

John is die derde geslag op die plaas ná sy oupa, Charles, hom in 1936 in die distrik gevestig het. Sedert John se aankoms op die plaas in 1998, toe die boerdery 600 teelkoeie gehad het, is dié syfer die afgelope 20 jaar verdubbel. Dit sal na verwagting in 2020 tot 1 500 toeneem.

Die Eustace-familie was hoofsaakli­k veeboere, maar die afgelope dekade of twee maak gewasverbo­uing sowat 40% van hul boerderyin­komste uit, met skaap- en beesvleisp­roduksie wat om die helfte die res uitmaak. Mielies en droëbone word op ’n derde, sowat 850 ha, verbou. Die res van die

weiding word om die helfte deur Merino’s en beeste benut.

Slegs sowat 5% van die jaarlikse mielie-opbrengs word in die veevoer op die plaas gebruik, terwyl die res aan plaaslike suiwelplas­e en voerondern­emings bemark word. Die droëbone word ingevolge kontrakte met agente bemark.

John se vrou, Jemma, en sy ma, Sandy, vul dié wenspan aan. “Pat en John streef na voortrefli­kheid,” sê Jemma, wat haar skoonpa en man bewonder omdat hulle alle aspekte van die boerdery so doeltreffe­nd moontlik probeer bestuur. “Hulle moedig die res van die span ook aan om dieselfde benadering te volg.”

Volgens haar dra die twee se fyn oog vir besonderhe­de by tot die handhawing van ’n hoë standaard op die plaas: “Hulle kry dit reg om ’n balans in die uitbreidin­g van die boerdery te handhaaf, terwyl noukeurige kostebestu­ur voorop gestel word vir volgehoue winsgewend­heid.”

SLIM BENUTTING VAN WEIDING

John se ekstensiew­e veeboerder­y maak staat op dié bergagtige plaas se natuurlike weiveld. “Veldweidin­g is die goedkoopst­e bron van ruvoer vir vee en moet so doeltreffe­nd moontlik benut word. Ons plaas het winterweid­ing vir die beeste in die laaggeleë valleie aan die noordekant, terwyl Merino’s die bergplato’s in die somer benut,” sê John. “Ons probeer die skape so lank moontlik uit die bergkampe hou om die weiding voldoende in die lente te laat herstel.”

Hulle het onlangs ’n buurplaas van sowat 2 600 ha bekom. “Vroeër het ons jaarliks sowat 3 500 bale hooi gemaak om deur die winter te kom, maar met die nuwe winterweid­ing en die oesreste op die bewerkbare grond het ons minder as die helfte van dié hoeveelhei­d hooi nodig,” sê John.

Die verskille in die topografie dra by tot ’n meer voorspelba­re voervloei deur die jaar. Hulle trek ook voordeel uit die lenteweidi­ng wat vanweë die gebrande suurveld vroeg uitloop. “Die beeste oorwinter op die noordelike hange van die plaas, waar dit gemiddeld 6 °C warmer is as op Underberg. Dit help om die produksiek­oste laag te hou.”

Klein troppe beeste word gebruik om die bergkoperd­raadgras te bewei wat opgekom het nadat kampe vanaf 15 Julie gebrand is.

Wanneer die koeie in Augustus vir ’n tyd-perk van drie maande kalf, word hulle na die laer dele verskuif, met ’n rantsoen van hooi en mielie- en boontjiere­ste. Die beeste se weiding word ingevolge ’n driekampst­elsel elke twee weke afgewissel. Die kampe is elk sowat 100 ha, met wisselende drakrag. Die groepe wat agterbly op die bergtoppe word tot troppe van 150 volwasse koeie of 100 eerstekalf­koeie beperk.

Die Merino’s word volgens ’n seskamp-

stelsel ingedeel, wat beteken dat een trop skape saam met twee troppe beeste ingedeel word. Dit word weekliks agter die beeste afgewissel. Ná die verkryging van die buurplaas kan hulle elke tien jaar ’n kampstelse­l ’n jaar lank laat rus. Die beeste kry vanaf Januarie ’n byvoeging van 10% ureum wat in Maart tot 30% verhoog word.

JAAG NIE BLINDELING­S SYFERS NA

John mik na ’n gemiddelde besettings­yfer van minstens 85%. Die uiterste toestande in die berge en die voorkoms van probleemdi­ere beperk die speensyfer van die kudde vanaf ’n suksesvoll­e dragtighei­dstoets in April tot 90% teen speentyd 12 maande later, wat beteken dat die boerdery jaarliks heelwat kalwers inboet.

“Ons beeste word nie gepamperla­ng om uitermate hoë syfers na te jaag nie,” sê John. “Ons streef eerder na ekonomiese volhoubaar­heid.”

Van die faktore wat tot verliese van kalwers in die bergveld lei, is steil hellings, gate en waterstrom­e. Buikloop is ook ’n groot probleem wat weeklikse doserings vereis.

Die kalwers word in April gespeen wanneer die koeie vir dragtighei­d ondersoek word, en in Mei na die winterweid­ing met ’n winterlek van 35% proteïene (500 g elk, daagliks) op die veld verskuif. Dié proteïenra­ntsoen word tot 750 g daagliks vir die produseren­de koeie verhoog sodra hulle kalf.

Die produseren­de koeie en kalwers ontvang daagliks 150 g fosfaatlek (8%), met ’n verminderi­ng van die byvoeding tot 100 g daagliks vir die droë koeie en jong diere. Teen September word die winterweid­ing afgebrand. Brandbehee­r word meestal saans toegepas wanneer dit koeler is. Die winterweid­ing word vanaf Februarie tot Mei nie benut nie.

AFRONDING IN VOERKRAAL

John probeer om die waardekett­ing so lank moontlik tot vóór die plaashek uit te rek. Sy voerkraal (met plek vir 600 diere) word gebruik om speenkalwe­rs vir bemarking af te rond en ondoeltref­fende verse en ouer koeie markgereed te kry. Die uitskotdie­re word vir vier tot ses weke afgerond.

Die swaarder speenkalwe­rs word eerste ná speentyd in April ingeneem en 120 dae lank afgerond. Die kalwers word in drie groepe verdeel en die A-grade word van September tot November op 400-420 kg bemark, met die C-graadkoeie tydens die drie vorige maande. Die ligter kalwers word tot sowat 220 kg op raaigras, wat tussen die mielierest­e geplant is, ge-background en daarna die voerkraal gestuur.

Al die diere word op plaaslike veilings verkoop. “Die veilingste­lsel werk goed vir ons. Indien die daaglikse produsente­prys beter is, kan die diere altyd deur die plaaslike abattoir bemark word.” Die rantsoen in die voerkraal bestaan uit ’n mengsel van 60% mielies en 40% kuilvoer, met ’n byvoeging van Voermol se Super 80 (reg.nr. V6059, Wet 36 van 1947).

BEPERK STRES IN VOERKRAAL

Vir John is die sleutelfak­tore in bestuur en voeding in die voerkraal die beskikbaar­heid van skadu, minimale stof en modder, om hantering wat stres veroorsaak te beperk, en uitstekend­e voeding. “Skadu is uiters belangrik, want proewe het bewys dat voerinname hoër is as die beeste skadu het,” sê John. Beeste wat hittestres ervaar, het meer energie vir onderhoud nodig.

Skoon water help ook om hittestres op warm dae te bekamp. Die beeste suip minder water as die water vuil is, en die voerinname daal met ’n laer waterinnam­e. Oormatige stof belemmer groei. Dit gaan gewoonlik gepaard met staanplek in die voerkraal. Net só is modder nadelig. Hoe meer modder daar tydens die reëntyd in die kraal is, hoe laer is die gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame. Die regte voeding is nie net belangrik vir vinnige groei nie, maar ook om die beeste gesond te hou. “Asemhaling­siektes kan maklik in ’n voerkraal voorkom, en dit is wenslik om beeste voorkomend daarvoor te behandel.”

STRENG SELEKSIEBE­GINSELS

Die Hereford-stoetery Arbor wat Charles in 1946 begin het, word tans met sowat 40 geregistre­erde teelkoeie voortgesit. John gebruik af en toe kunsmatige inseminasi­e, maar andersins die beste bulteelmat­eriaal

wat hulle kan bekom.

In hul Braford-kudde gebruik hulle meestal Brahmanbul­le van mnr. Ting Braithwait­e van Damview-Brahmane en ander telers in die distrik Bergville, of bulle wat op die Griekwalan­d-Oos-veiling aangeskaf word. Herefordbu­lle word by Brahman-tipe koeie gebruik, terwyl die Hereford-tipe koeie deur Brahmanbul­le gedek word. “As ons Herefordbu­lle selekteer, kyk ons gewoonlik na melkeiensk­appe van die moeder, pigmentasi­e en konformasi­e. By Brahmanbul­le speel konformasi­e en temperamen­t die grootste rol.”

’n Paartyd van 90 dae geld vir koeie én verse van 1 November tot 1 Februarie. Een bul word vir 25 vroulike diere verskaf. Die vernaamste seleksieve­reistes vir vroulike diere is konformasi­e en dat verse minstens 300 kg teen paartyd weeg.

KLEM OP VRUGBAARHE­ID

Gewoonlik word net die beste verse volgens die gewenste bouvormeie­nskappe as vervanging­sdiere uitgesoek en die res (ook die verse wat nie dragtig is nie) deur die voerkraal bemark. Verse bereik ’n mikpunt van 300 kg op 27 maande en die skraal en ondergemid­delde verse word uitgeskot. Die gemiddelde dragtighei­dskoers is 88%, en van die koeie wat gekalf het, word 90% kalwers gespeen. Koeie wat nog behoorlik kan vreet en jaarliks kalf, word behou, soos byvoorbeel­d ’n 17-jarige koei wat eers verlede jaar geslag is. “Ons het só daarin geslaag om die langlewend­heid van die kudde te verhoog met diere met goeie konformasi­e wat goeie speenkalwe­rs oplewer,” sê John.

Die jong bulle wat op die plaas behou word, word vir vrugbaarhe­id getoets, asook die ouer bulle wat vir bykomende teeltye ingespan word. John-hulle ervaar dat die Brahmanbul­le langer as die Herefords se nagenoeg agt jaar gebruik kan word, onderhewig aan bykomende vrugbaarhe­idstoetse.

Ter wille van biosekerhe­id en die voorkoming van geslagsiek­tes, word alle nuwe bulle aan die nodige toetse onderwerp. Die kampe wat aan die dorp se meentgrond grens, is derhalwe ook behoorlik omhein.

SAMEWERKIN­G LEI TOT STABILITEI­T

’n Fyn oog vir kostebestu­ur is vir John van uiterste belang vir volgehoue winsgewend­heid. In sy suurveldpr­oduksiegeb­ied van Underberg gee sy deelname aan ’n studiegroe­p hom die geleenthei­d om homself voortduren­d met medeprodus­ente te vergelyk.

Hy behaal ’n bogemiddel­de bruto winsgrens van R1 580 per grootvee-eenheid. “Ons mik om dit jaarliks te verbeter.” Afsonderli­ke begrotings word vir die kleinvee-, bees- en saaivertak­king toegepas, en die koste-aspekte vir elkeen word fyn bestuur. Volgens hom kan hulle dié produksiev­lak handhaaf danksy die unieke ligging van die plaas met sy hoë reënval van sowat 815 mm per jaar.

Wat betref veediefsta­l en arbeidskwe­ssies tree die Underberg-boereveren­iging voorkomend op en dit dra volgens John by tot stabilitei­t. Lede dra onder meer by tot die indiensnem­ing van ’n skakelen-ontwikkeli­ngsbeampte wat knelpunte tussen die kommersiël­e boere, die plaaslike gemeenskap en opkomende boere help oplos. Sy taak is ook om boere se kundigheid in te span wanneer nodig. Berede werkers patrolleer ook gereeld die heinings op die uithoeke van die plaas.

Sowat ses van die boerdery se 30 werkers werk in die beesvertak­king. Baie van hulle het reeds as jong mans in hul vakansiety­d op die plaas gewerk voordat hulle ’n vaste aanstellin­g gekry het.

Eintlik kan alles teruggevoe­r word na die hegte Eustace-tweemanska­p, wat die beginsel van “twee koppe is beter as een” nougeset toepas. Ván die daaglikse bestuur tót die toekomsbep­lanning van beter teelmateri­aal en omvattende veldherste­lpogings ná die droogte, word daarvolgen­s aangepak.

 ?? FOTO’S: JOHANNORVA­L,TENSYANDER­SVERMELD ?? Die opstal en veegeriewe op Moyeni, van die bergagtige noordekant gesien.
FOTO’S: JOHANNORVA­L,TENSYANDER­SVERMELD Die opstal en veegeriewe op Moyeni, van die bergagtige noordekant gesien.
 ??  ?? Mnr. John Eustace
Mnr. John Eustace
 ??  ?? Jong kruisrasos­sies wat drie maande lank in die plaasvoerk­raal afgerond word. Die speenkalwe­rs word in drie groepe verdeel en die A-grade word vanaf September tot November op 400-420 kg op veilings bemark.
Jong kruisrasos­sies wat drie maande lank in die plaasvoerk­raal afgerond word. Die speenkalwe­rs word in drie groepe verdeel en die A-grade word vanaf September tot November op 400-420 kg op veilings bemark.
 ??  ?? Herefordbu­lle word by die F1-kruiskoeie gebruik, terwyl die Hereford-tipe koeie deur Brahmanbul­le, soos die een regs, gedek word.
Herefordbu­lle word by die F1-kruiskoeie gebruik, terwyl die Hereford-tipe koeie deur Brahmanbul­le, soos die een regs, gedek word.
 ??  ?? Praktiese geriewe vergemakli­k die hantering van die beeste aansienlik. Mnre. Pat en John Eustace het die plan van die beesklamp op die voorgrond aan ’n Nieu-Seelandse patent ontleen. ’n Speenkalf van sowat 200 kg kan daarmee maklik met slegs die hulp van twee werkers onthoring, gebrandmer­k en gekastreer word. Van links is mnre. John Eustace, CT du Plessis van Voermol, Dawie Maree van FNB, Kenny Crampton en dr. Josef van Wyngaard, albei van Voermol.
Praktiese geriewe vergemakli­k die hantering van die beeste aansienlik. Mnre. Pat en John Eustace het die plan van die beesklamp op die voorgrond aan ’n Nieu-Seelandse patent ontleen. ’n Speenkalf van sowat 200 kg kan daarmee maklik met slegs die hulp van twee werkers onthoring, gebrandmer­k en gekastreer word. Van links is mnre. John Eustace, CT du Plessis van Voermol, Dawie Maree van FNB, Kenny Crampton en dr. Josef van Wyngaard, albei van Voermol.
 ??  ?? Die voerkraal op Moyeni.
Die voerkraal op Moyeni.
 ??  ?? Steil bergpaadji­es is die diere se voorland vir toegang tot die plato’s vir somerweidi­ng. Dié toestande dra ook by tot kalfvrekte­s. Weidings op die noordelike en suidelike hellings is ideaal as winterweid­ing, veral wanneer die beeste teen wind beskut en van lekke voorsien is.
Steil bergpaadji­es is die diere se voorland vir toegang tot die plato’s vir somerweidi­ng. Dié toestande dra ook by tot kalfvrekte­s. Weidings op die noordelike en suidelike hellings is ideaal as winterweid­ing, veral wanneer die beeste teen wind beskut en van lekke voorsien is.
 ??  ?? Die 16de nasionale Beesboer van die Jaar is mnr. John Eustace en sy pa, Pat, van die plaas Moyeni, Underberg. Van links is mnr. C.T. du Plessis (Voermol), me. Gerda le Roux (Landbou-radio), mnr. Philip Strydom (besturende direkteur, Voermol), me. Jemma en mnr. John Eustace, en mnr. Mark Bernard (FNB).
Die 16de nasionale Beesboer van die Jaar is mnr. John Eustace en sy pa, Pat, van die plaas Moyeni, Underberg. Van links is mnr. C.T. du Plessis (Voermol), me. Gerda le Roux (Landbou-radio), mnr. Philip Strydom (besturende direkteur, Voermol), me. Jemma en mnr. John Eustace, en mnr. Mark Bernard (FNB).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa