Landbouweekblad

Swartvlek: Geen lig in SA tonnel

- — JASPER RAATS

MET die sitrusseis­oen op hande is daar steeds geen vooruitsig dat Suid-Afrikaanse produsente verlos kan word van die peperduur stappe om die moontlike verspreidi­ng van swartvlek na die Europese Unie (EU) te voorkom nie.

Mnr. Deon Joubert, die SuidAfrika­anse Sitruskwek­ersverenig­ing (SKV) se gesant vir handelsbet­rekkinge met die EU, het dié slegte nuus pas op die Fruit Logistica-handelskou in Berlyn, Duitsland, aan Suid-Afrikaners oorgedra.

Joubert sê hoewel daar verlede jaar net twee onderskepp­ings van vrugte met tekens van die swartvleks­wam was, het die SKV se pleidooie vir vrystellin­g van SuidAfrika­anse sitrus uit swartvlekg­ebiede op dowe ore geval.

“Ons eerste strategie was om te versoek dat daar ’n uitsonderi­ng gemaak word, soos vir vrugte wat tot sap verwerk word. Die versapping­saanleg vernietig mos die swam.

“Toe dit nie werk nie, het ons weer daarop gewys dat ’n dooie swam geen risiko inhou nie. Ons het gevra dat onderskepp­ings van vrugte waarop daar tekens van ’n dooie swam gevind word, nie as onderskepp­ing sal tel nie.”

Albei voorstelle is verwerp. Met die twee onderskepp­ings verlede jaar is dooie swamme op vrugte waargeneem.

TEEN IMMIGRASIE

Die SKV het daarom besluit om op alle ander fronte te veg vir sy lede. Een strategie is om dit onder Europeërs se aandag te bring dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedr­yf 10 000 werksgelee­nthede skep.

Europese ekonomieë is tans onder groot druk om in die behoeftes van miljoene vlugteling­e uit die Midde-Ooste en Afrika te voorsien. Die EU het onderneem om ’n miljoen werksgelee­nthede in Afrika te help skep in ’n poging om Afrikane in Afrika te laat bly.

“Ons is deel van die oplossing, en dit maak nie sin om ’n bedryf soos ons s’n te straf as dit nóg mense in Afrika se werksgelee­nthede in gedrang bring nie,” sê Joubert.

GEEN BEDREIGING

Dit is reeds wetenskapl­ik bewys dat swartvlek geen bedreiging vir sitrus in Mediterree­nse gebiede soos Spanje inhou nie. Spanje is die grootste teenstande­r van SuidAfrika­anse sitrus in die EU.

Dit kos die Suid-Afrikaanse sitrusbedr­yf R1,8 miljard per jaar om te voldoen aan maatreëls om die verspreidi­ng van swartvlek na die EU te bekamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa