Landbouweekblad

R2,5 miljard-droogtehul­p:

Maar waar is die R220m. in KZN?!

- — JOYLENE VAN WYK

DAAR is tans R2,5 miljard se staatsgeld beskikbaar om die landboubed­ryf met droogtever­ligting by te staan. Dit vorm deel van R3,2 miljard wat die Tesourie einde verlede jaar beskikbaar gestel het vir nasionale droogtehul­p in die 2018-’19-boekjaar.

Tot op hede het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye aansoeke vir R566,5 miljoen ingedien. Dié geld is reeds aan die provinsial­e departemen­te oorbetaal wat boere te hulp moet snel.

Mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die Departe- ment van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die R2,5 miljard is beskikbaar gestel vir die lewering van veevoer, waterinfra­struktuur, die sink, toerus en herstel van boorgate, veilings en ander ingrypings.

Agri SA het in sy jongste droogtebep­aling aangedui dat die Noord-Kaap, Vrystaat, OosKaap en Noordwes die provinsies is waar erge droogte heers en die situasie as kritiek beskou word.

NOORD-KAAP

Mlengana sê Namakwalan­d is tot rampgebied verklaar, en ’n proses is onderweg om die distriksmu­nisipalite­it Pixley ka Seme tot rampgebied te verklaar.

Die provinsie het R500 000 vir die vervoer van voer geskenk, terwyl hy ook R25 miljoen ontvang het vir die aankoop van voer en die vervoer daarvan. Altesaam 226 kommersiël­e boere en 1 655 bestaansbo­ere het van die hulpskema hulp ontvang.

Landbouwee­kblad verneem van Agri Noord-Kaap dat die distriksmu­nisipalite­it ZF Mgcawu ook in die proses is om tot droogteram­pgebied verklaar te word. Verder is daar aanduiding­s dat die hele provinsie tot rampgebied verklaar gaan word.

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die vertraging met die rampverkla­ring lê by die provinsial­e rampbestuu­r, asook distrikmun­isipalitei­te wat onder die Departemen­t van Samewerken­de Regering en Tradisione­le Sake resorteer, waar die ratte baie stadig draai om rampverkla­rings te registreer.

“Dit wil voorkom of rampbestuu­r in ál sy fasette nie die vermoë en kundigheid het om landbouram­pe te bestuur nie. Tans help die LUR vir landbou baie om die proses te bespoedig.”

OMVANG BEPAAL

Dit is egter net die begin van die proses. Jansen sê dat die provinsial­e rampbestuu­r ná die rampverkla­ring die grootte en omvang van die ramp moet bepaal om vas te stel hoeveel hulp nodig is. Daarna moet die provinsial­e rampbestuu­r kyk of hy die ramp kan hanteer. Indien nie, moet hy aansoek doen by die Tesourie om hulp en finansiële verligting.

Dan moet die Tesourie die geld vind en dit deur die Departemen­t

‘Die doelwit is om die prosesse afgehandel te kry voor die einde van die huidige boekjaar.’

van Landbou na diensversk­affers kanaliseer om die hulp op grondvlak uit te kry.

Hy sê Agri Noord-Kaap probeer die proses versnel deur op provinsial­e vlak én nasionaal tegelyk voorbereid­ingsgespre­kke te hê en voorbrand te maak. Die doelwit is om die prosesse afgehandel te kry voor die einde van die huidige boekjaar in die hoop om ongebruikt­e geld hertoegewy­s te kry vir ramphulp.

“Daarom is ons reeds besig om departemen­tele aansoekvor­ms in te vul om die data te verkry wat nodig is om die behoefte korrek te bepaal,” sê Jansen.

VRYSTAAT

Mlengana sê die Vrystaat het vroeër met sy provinsial­e rampverkla­ring in 2016-’17 R31 miljoen vir veevoer gekry, waarmee 3 975 kommersiël­e boere, 902 kleinboere en 3 649 bestaansbo­ere gehelp is.

Me. Zimasa Mbewu, woordvoerd­er van die Vrystaatse departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng, sê die departemen­t het ’n rampgebied­verklaring versoek.

“Memorandum­s is opgestel ter ondersteun­ing dat die Vrystaat tot ’n midsomer-droogteram­pgebied verklaar moet word.”

Hy sê die departemen­t het ’n goeie sakeplan opgestel wat sy projekte en begrotings­behoeftes van sowat R70 miljoen aandui. Dit sluit onder meer in die sink van boorgate, die voorsienin­g van veevoer en medikasie vir vee, die skep van brandbane en die bewusmakin­g en bou van vermoëns rakende die voorkoming en versagting van droogteris­iko. Die departemen­t het in dié stadium nog nie die presiese syfers van hoeveel boere hulp benodig nie. Vorms is onder boere versprei om die behoefte te bepaal.

WATERVOORS­IENING

Einde verlede jaar het die Vrystaat R6 miljoen gekry om 35 damme in die distrikte Paul Roux en Rosendal te ontslik, en R7,5 miljoen is toegestaan vir die aanwys, sink en ontwikkeli­ng van 45 boorgate reg oor die provinsie. Die proses om diensversk­affers hiervoor aan te stel, het reeds begin.

Die situasie is die ergste in die distriksmu­nisipalite­ite Xhariep, Mangaung Metro en Lejweleput­swa, waar tekens van die droogte sigbaar is en die meeste munisipali­teite aan waterbeper­kings onderworpe is.

“Die veld en vee is in ’n baie slegte toestand, maar weiveld onder besproeiin­g is in ’n goeie toestand. Die gemiddelde damvlakke het verbeter vanaf 64% in 2018 tot 72% vanjaar.”

ANDER PROVINSIES

Volgens Mlengana het die OosKaap met sy droogtever­klaring verlede jaar in die distriksmu­nisipalite­ite OR Tambo, Joe Ggabi en Chris Hani reeds R39 miljoen gekry vir veevoer en waterinfra­struktuur. Hiermee is 10 kommersiël­e boere, 1 308 kleinboere en 2 185 bestaansbo­ere gehelp.

Noordwes het ramphulp van R38 miljoen gekry, en 1 750 kommersiël­e boere, 2 645 kleinboere en 22 599 bestaansbo­ere is met die geld gehelp.

Die Wes-Kaap het R40 miljoen van die Nasionale Rampbestuu­rsentrum ontvang en die provinsie het self R67 miljoen vir veevoer bygedra. ’n Verdere R12 miljoen is ook aan die provinsie beskikbaar gestel vir veevoer. Dit het 313 kommersiël­e en 627 bestaansbo­ere gehelp.

Mpumalanga het R26 miljoen vir veevoer gekry. Altesame 15 926 boere het by hierdie ramphulp baat gevind.

Limpopo het R28 miljoen vir veevoer gekry, en 14 625 boere is gehelp.

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Mike Mlengana
Mnr. Mike Mlengana

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa